Kry antwoorde by Son SA-energiekongres

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Kragkenners kom volgende week bymekaar om die bes moontlike oplossings vir energiesekerheid aan boere en ander belangstellendes oor te dra.

Die Son SA-kongres word deur die organiseerders as dringend beskou en dit word op Woensdag 8 Maart in die NG kerk Lynnwood in Pretoria gehou.

Belangrike rolspelers soos die SA Energieraad, Eskom, die SA Onafhanklike Kragvoorsienersvereniging, LoadsheddingreadySA, die SA Fotovoltaïese Bedryfsvereniging (Sapvia), Fedgroup, AfriForum, die WNNR en ander energiekenners gaan saam met die betrokke landbou-organisasies, boere en verskaffers gevallestudies deel en oplossings voorstel.

Son SA is ʼn inisiatief van Agri X wat ondersteun word deur landbou-organisasies soos SAAI en TLU SA. Die inisiatief ondersoek die behoefte en oplossings tot alternatiewe elektrisiteitsverskaffing. Daar word uitgereik na landbou- en ander organisasies, verskaffers en bedryfsliggame om die bes moontlike uitkomste uit te lig.

Juan Tomlinson, uitvoerende hoof van Son SA, sê die voortslepende energiekrisis in Suid-Afrika kos ondernemings miljoene rande in inkomste en bykomende uitgawes.

“Die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) waarsku oor die reuse-trefslag van beurtkrag op vervaardigingsmaatskappye en die land se voedselverskaffing, mynbou-aktiwiteite en winkelsentrums. Die verliese in die landbou- en mynbousektore styg al hoe hoër.

“Landbou en ondernemings soek na alternatiewe oplossings om volhoubaar te bly,” sê hy. “Die doel van hierdie kongres is om die bestaande uitdagings te ontleed en met daadwerklike uitkomste en oplossings vorendag te kom.

“Ons wil saam lesse by mense en ondernemings leer wat alternatiewe oplossings beproef het en daaruit oplossings bied vir dié wat dit nog nie onderneem het nie. Suid-Afrikaners moet besef dat beurtkrag, die uitdagings en uitwerking daarvan nie vinnig opgelos gaan word nie. Die enigste vooruitsig is om alternatiewe oplossings te ondersoek en dan die eerste keer die regte besluite te neem.”

Daar is ook ʼn beperkte aantal uitstalgeleenthede beskikbaar vir verskaffers wat hulle produkte ten toon wil stel. Maak kontak met Tomlinson by 082 828 7991 of [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

domheks ·

Bye-bye EXDOM!
Al doen jy dit op skuld – gaan net af van die grid!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.