Kuiergas op plaas oorval, aangerand

Die slagoffer ná die aanval. Die foto is deur Maroela Media verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Twitter)

Die Wes-Kaapse polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord en die rig van ʼn vuurwapen nadat ʼn kuiergas Saterdag op ʼn plaas buite Citrusdal deur drie gewapende mans oorval en aangerand is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie onbekende mans, gewapen met ʼn vuurwapen, ʼn mes en ʼn knopkierie, het die 68-jarige man met dié wapens gedreig voordat hulle hom op die plaas aangerand het.

Volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het die slagoffer terugbaklei en is hy in die proses geslaan en met die mes gesteek. Die man kon egter daarin slaag om in die plaashuis in te vlug en die paniekknoppie te aktiveer waarna die verdagtes laat spaander het.

Die polisie kon in dié stadium nie die naam van die man verstrek  nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ben ·

Oo Weé nog een aanval.
Hoekom doen ons nie iets voorkomende hieraan nie.
Ek bid elke aand vir ons almal in SA

Aster ·

Ben, ek glo daar’s ‘n wig tussen ons Afrikaners, en die dag wat ons almal kan saam staan en met die hulp van die buiteland sal ons ‘n verskil kan maak.

Karolis ·

Het iemand dalk cr se epos of sel no. sodat ek hierdie tipe berigte na hom kan aanstuur? Hy is blykbaar salig onbewus van wat rondom hom aangaan.

Mol ·

Karolis, cr het sekerlik ‘n PA wat sulke nuus sal keer.

Maar jy kan altyd die cna se OOP adres probeer info at anc1912 dot org dot za

Dink hul webwerf het verander – daar was mos iets in nuus oor hulle die mense geld skuld of so iets?

Dis Nou ·

Kom ons ruk die land tot ‘n ekonomiese stilstand. Ons besluit op ‘n datum en dan hou almal hulle geld terug. Geen verbande/polispremies, geen rekeninge, word betaal nie. Ons kyk of dit nie die regering uit hul ontkenningsfase sal laat ontwaak nie

Jimmy ·

Hou vas, met die werkloosheid en armoede gaan dit erger word.

Alida ·

Ek haat dit as almal raad gee oor paraatheid. Die boere is paraat. Dra maar die paniekknoppie om jou nek. Dit help nie dit is in die huis en jy buite nie.

Veer ·

As ek aan stuur van sake in hierdie land was, het ek my kop vandag is skaamte laat sak. Dinge is heeltemaal buite beheer en prioriteite in hierdie land maak geesins sin nie!

Aster ·

Veer ek steem saam. Dinge is ver buite beheer en SA is verby redding. Ons het nou daadwerklike internasionale ingryping nodig. Hier is uiterse onreg in SA.

Pluimpie ·

Veer, as jy aan beheer was het dit dalk nie so gegaan in die land nie. Dit sal ieder geval nie veel vat om dinge te verbeter nie. Net iemand wat omgee en by magte is om sy voet neer te sit. Nie soos daai lamsakkige verskoning van n president wat julle daar het nie.

EL ·

Waar is al die NP spanne vandag???? Dis tyd dat hulle begin planne maak, want hulle het gelieg en bedrieg. Daar is Baie bloed wat van hulle hande af drup!!!!

Kallie ·

Hulle is ook al oud. Kan nie meer so lekker hoor en onthou nie. Blameer maar iemand anders. Dalk sal jy daar hulp kry.

Skuweberg ·

Die skrywers van die berig is te beskeie. “Call a spide a spide” asb. Die man leef om die verhaal te vertel en hy sal nie lieg nie.

Nick ·

Nee kyk!!! Ek kannie glo dat wittes al hierdie nonsens vat en net niks doen nie??
Almal van ons sit en wag om doodgemaak te word!!!!!Nog nooit so sleg gevoel oor ons eens trotse nasie nie,slap man slap!!!!!Familie,kinders,oumense word verkrag en vermoor en steeds braak ons net gal op sosiale media!!!!

Ann ·

Doen net iets! Ons kan nie dat dit so aangaan nie. Niemand sal boere wat staak verkwalik nie. Genoeg is genoeg. Die van ons wat nie op plase woon nie moet iewers ook help. Mens voel so magteloos. Wat kan ons as nasie doen om hierdie dinge te stop en natuurlik te verhoed. Ons almal moet die boere help. Ekself is radeloos en magteloos maar ek is bereid om te help as iemand ‘n plan het wat sal werk.

Amanda ·

Baie van ons wonder elke dag waarheen vlug mens. Waar is dit die veiligste. En elke keer besef ek nêrens is ons veilig nie. Ek bly nog net hier omdat my taal hier is. Maar vir hoe lank nog?

Stiks ·

Nou gaan ons nerens meer heen sonder ons wapens aan die sy nie!

Sarel ·

En die SAPD se enigste reaksie sal wees dat mense versoek word om nie reg in eie hande te neem nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.