Kwadfietsryer in hof ná padwoede-voorval

Foto: Rawpixel/Unsplash.com

ʼn 26-jarige man van Colleen Glen in Port Elizabeth het Maandagoggend vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn, ná hy glo die naweek ʼn 67-jarige man in beweerde padwoede-voorval aangerand het.

ʼn Video van die voorval is op sosiale media versprei.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder in Port Elizabeth, het gesê die 67-jarige man het glo die jonger man gekonfronteer omdat hy roekeloos met sy kwadfiets in die woonbuurt gery het. Volgens Janse van Rensburg is die ouer man ernstig aangerand.

Hy is na die Walmer-polisiestasie om die saak aan te meld, maar het weens die aard van sy beserings dringende mediese aandag benodig, het Janse van Rensburg gesê. Die polisie het ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer namens die beseerde man aanhangig gemaak.

Die kwadfietsryer is kort daarna by sy huis in hegtenis geneem.

Die radiostasie AlgoaFM het die kwadfietsryer intussen as Lourens du Toit geïdentifiseer. Hy is luidens berigte op borgtog vrygelaat en moet weer in Junie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Griet ·

Aaaaiaaaai…dat mens se onvolwasse, ou kapokhaantjie humeur,jou nou SOOOO ONNODIG in die moeilikheid kan laat beland…?

Abe ·

Hy mag in elk geval nie op n openbare pad (in n woonbuurt) met n kwadfiets ry nie

Erika ·

Glo my mens kry nog ordentlike jongmanne/vroue, maar glo my jy kry jonges wat almal wil bykom met die vuiste en woorde, want hulle is mos grooootmenere en verdien mos baie geld….maar het geen waardes nie!
Jy mag hulle glad nie aanvat as hulle iets verkeerds gedoen het nie!!! Oues is nie altyd reg nie, maar regtig, moet jy jou hande lig??

Sarel ·

Bloemfontein student in sy motor deur 2 manne aangerand. Glo ook padwoede maar om ‘n ouer Kan so aan te rand@

PJC ·

Ek hoop hy word toegesluit sonder die keuse van ń boete sodat hy kan afkoel want duidelik het hy ń probleem.

Louis leeu ·

Hoekom op borgtog en hoekom so lank wag voor sy verhoor hy is n gevaar vir die samelewing.

Boerboel ·

As jy will houe uitdeel moet jy dit kan vat ook. So hoopenlik sal die houe wat die hof uitdeel baie harder wees as wat hy uitgedeel het

Irene ·

Hoekom altyd borgtog kry laat hom sit daar waar fie ander mense hom kan vetmaak

Marinda ·

Sis on you young man. Is this how you treat your parents? Just asking.

Biker girl ·

Dankie vir die opskrif regstelling.
Quads hoort inelkgeval nie op openbare paaie nie, en aanranding ook nie.
Nogal bejaarde ook.
Kry jou straf.

Bianca ·

Solat die duiwel hom net aan een oor,hoef hof toe te sleep….

anton ·

Ook weer eens n bewys dat ouers misluk het in hul kinders se opvoeding!!!
Duidelik dat vandag se jong mense nie behoorlik opgevoed is nie en ek sien dit veral in mense 30 jaar en jonger.
Feit is as ouers hulle kinders oordentelik opvoed, sal hulle nie so optree nie veral nie teen baie ouer mense nie. Die man kon sy oupa gewees het.

Niklaas ·

In my woonbuurt is jongmans doenig in die strate met hul Quads , elke naweek en mens is magteloos en kan niks doen nie. Maar wat n ergernis en rusverstoring is dit nie !

Attie. ·

Wanneer sterk en slim jong manne op hul 4 wielfietse so erg lawaai dan bel jy net die polisie en sê hier is witmense wat moeilikheid maak en hulle is vinnig daar. Die jong wit seuns in SA het nie meer ‘n eie identiteit nie agv diskriminasie teen hulle en dan raas hulle maar met hul fietse. Indien dit nie werk nie kry dan ‘n groep ouer manne om saam te staan en die raasduiwels ‘n groot pak slae te gee en dis ook die einde van die lawaai. Dis soos jong hans olifantbulletjies in Pilanesberg, bring ‘n ouer bul tussen hulle in en hulle los vinnig hul nonsens….en dan sê die wet jy mag nie ‘n kind tugtig nie….se voet !!!

gatiep ·

Hoekom wou hy polisieman speel.
Daa is altyd daai ou mense wat mense wil stop wat lyk of hulle happy is?
In my straat jaag mense heeldag op en af veby.Kinders kan al vir jare nie meer in strate speel nie so wat was sy probleem gewees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.