Kyk: Ambulans-motorfietse ‘apartheid se skuld’ – minister

 Oos-Kaapse LUR vir gesondheid, Sindiswa Gomba. (Foto: Michael Pinyana)

Die Oos-Kaapse LUR vir gesondheid het Donderdag apartheid die skuld gegee vir haar departement se erge tekortkominge en veral die omstrede motorfietsambulanse-sage.

“Covid-19 het bepaalde gebreke in ons gesondheidstelsel ontbloot. Dié gebreke kan verbind word met die manier waarop apartheidsinfrastruktuur ontwerp is en veroorsaak dat ons mense steeds in kruiwaens na hospitale aangery moet word,” het Sindiswa Gomba in ʼn video wat die rondte doen op sosiale media gesê. Die video is glo opgeneem tydens ʼn virtuele ontmoeting van die parlementêre komitee van gesondheid.

Die parlement eis antwoorde van Gomba oor die omstrede motorfietsambulanse wat in Junie in die Oos-Kaap bekendgestel is en na bewering R10 miljoen gekos het.

Nou beweer Gomba as dit nie was vir rasse-segregasie tydens apartheid nie, sou dit nie nodig wees om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners oor ver afstande na hospitale te vervoer nie.

In reaksie hierop het die DA gevra dat Gomba onmiddellik uit haar amp onthef word.

“Daar bestaan geen twyfel dat apartheid ʼn afskuwelike stelsel was wat Suid-Afrikaanse gemeenskappe met ontsettende uitdagings en ongelykhede gelaat het nie. Dit kan egter nie 26 jaar later steeds as verskoning gebruik word om die LUR en haar departement se hand in die ‘motorfietsskandaal’ te verbloem nie,” sê Lindy Wilson, die DA se adjunk-skaduminister vir gesondheid.

Wilson wys daarop dat die motorfietsambulanse nie die Oos-Kaapse departement se eerste en enigste flater is nie. “Die hospitale in dié provinsie is so vuil is dat rotte vrylik rondhardloop en bloed en menslike uitwerpsel in die gange afloop. Ma’s en hul pasgebore babas sterf hier weens ʼn tekort aan personeel en pasiënte word aan hul eie lot oorgelaat.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

JohanR ·

Jou groot wind daar in die Windy City was ook seker apartheid se skuld? Jan van Riebeeck introduced baked beans to the Western Cape, from where they found their way up the coast to Port Elizabeth, and into the mielie meal pot of Sindiswa Gomba…..and then there was a HUGE wind! My…….kan nie glo die wind kry oor die R2 miljoen salaris ‘n jaar nie. Hoe het Kallie Knoetze nou weer aan Leon Schuster gese “bou ‘n nasie!”

Eish ·

Watter groot onreg is daar aan die afrikaners gedoen in die konsentrasiekampe? Ek hoor nooit dat die konsentrasiekampe die skuld kry vir enige iets nie????

Stefan ·

Natuurlik nie, mens beweeg aan en skep geleenthede vir jouself.
En so gou dit uitwerk wil elke lantefanter daarin meedeel.

Sobymykoolkop ·

Die vraag is natuurlik kan jy skep? Dis verwarrend want party verwar dit met skep uit die staatskas( lees belastingbetaler)

Isabella ·

Presies ons weet hoe om op te staan en weer te begin ons is bevoeg om regte besluite te neem en wat ons aanpak is n sukses

Nie Verbaas ·

Kyk, as iemand intellektueel benadeel is gaan dit maar moeilik. Wat het ANC in 26 jaar gedoen om die sogenaamde apartheidinfrastruktuur te verbeter? Nar.

ES ·

Ek het nou sommer gespoeg soos ek lag – die motorfietse was dan haar departement se idee gewees? En hulle het hierdie besluit onlangs gemaak – nie 26 jaar terug nie.

Dis net te lekker om alles op apartheid en rassisme te blameer maar in meer as ‘n kwarteeu kon hulle net agteruitgaan omdat hulle het ‘n ryk land met baie geld gevat en dit vermorsel het deur korrupsie en diefstal die orde van die dag te maak.

Johanncb ·

Ai, dit is jammer dat individue se onbevoegdheid deur apartheid toegesmeer word! Ons het leiers in Suid-Afrika nodig, nie lafaards nie! Hou op wegkruip agter iets wat nie bestaan nie!

'n Simpelman ·

Dit was nooit gaan sy apartheid blameer, eerder wanneer.
Lol

RB ·

Keer op keer dieselfde storie, selfs nà meer as ‘n kwart eeu!
Wanneer intellek ontbreek om iets sinvol te redeneer en/of besluite te motiveer dan word die raskaart gespeel of apartheid is die sondebok.

Juls ·

My mond hang oop. Glo hulle hulle eie leuens? Glo die massas hulle? Is die bedoeling om haat aan te vuur? My mond hang oop, dit raak werklik nou te erg :(

Snowball ·

Intellektueel arm.
Onverantwoordbaar weens ‘n slagoffermentaliteit.
Standaard reaksie – die raskaart.

Juffrou ·

Én het sy nie ook gesê ons moes meer ambulanse gekoop het nie?
Die vlak van intelligensie én kennis is skokkend absurd. Én om te dink ons betaal haar salaris. Né.

Sandra ·

Gomba jy het die motorfietse laat aankoop, sodat die siek arm mense na n hospitaal wat vergaan het aangery kan word. Geagte LUR, jy het n goed toegeruste hospitaal wat funksioneer nodig vir siek mense, hetsy in n kruiwa, n motorfiets of dan nou n ambulaans. Verstaan jy.

Sobymykoolkop ·

Hierdie lyer( ja lyer, want sy ly aan ń ongeneeslike siekte, onnoselheid) dis verskriklik om te dink sy is in ń bestuurs posisie. Kan die DA my GROOT asb sê hoeveel keer het hulle al gevra/ aangedring dat die soort verwyder word, en hoeveel is wel verwyder. Daarop ken ek die antwoord, NUL. Hulle kerm soos die mense wat die doodstraf terug wil hê. Dit ganie gebeur.

Tienie ·

Die meerderheid van hulle is LYERS aan daardie siekte…..

Kokerboom ·

Die arme drommel Zomba, ag ekskuus Gomba reflekteer maar net die gemiddelde IK van ANC bestuur. Apartheid sal seker skuld kry tot wederkoms. Hanteer die TIPE kader se uitsprake met die minagting wat dit verdien

Lorinda ·

OMW!!! Wat ‘n grap. In 26 JAAR het hulle niks gedoen om ons “foute” reg te maak nie!

I get most of my exercise these days from shaking my head in disbelief

Hoekom ·

Dit het Duitsland minder as 5 jaar gevat om hulle land en ekonomie te herbou na die tweede wereld oorlog en minder as 10 jaar na die eerste wereld oorlog. Dit het Japan minder as 10 jaar gevat om vanaf ‘n feudale stelsel af hulle land te moderniseer en gelyk te staan aan westerse lande as ‘n ekonomiese reus, selfs het dit hulle minder as 5 jaar gevat om ook te herstel vanaf die tweede wereld oorlog. Die ANC het 26 jaar duim gesuig en wil nogsteeds apartheid blameer…

Pieter ·

Apartheid het die gepeupel ontlont om gou R10miljoen se belaglike motorfietse aan te koop waarvan ek glo die helfte van die bedrag in die verkeerde beursies beland het. Veronderstel jy moet op ‘n koue wintersnag van -3 grade ‘n pasiënt hospitaal toe vervoer met daai motorfiets. Wat sal die gevolge wees.???????

Cheryl ·

Mens kan haar eintlik nie eers ‘n nar noem nie want in die sirkus weet die narre ten minste wat hulle werk is. Eish!

KAIROS ·

Niemand vat verantwoordelikheid nie. Geen enkele mens aanvaar sy deel in die samelewing nie. As ons hierdie kan oorbrug, sal almal beter af wees.

SwooshTM ·

BWHAHAHAHAHAHAHA!!! Ek wens ek kon so vergadering bywoon waar een van die NARRE sulke gemors kwyt raak…. ek sal SOOOOO lag, uit my maaag uit dat hulle die vergadering sal moet verdaag.
KLIP HARD!!!

Sonia ·

Maak julle reg, ons gaan nog 100 jaar lank hoor apartheid is die vark in die ANC se verhaal – só bedek hulle hulle eie onnoselheid en só sorg hulle elke dag dat wittes al hoe meer gehaat word want die gepeupel slurp elke leuen soos bier op

Isabella ·

Shame on you after 26jrs you still can’t make the right dicisions give the jobs to the people who knows what to do …we know how to make a success with our skills without blaming others

Pieter ·

Die persoon lyk soos n nar en weet nog minder. Apartheid die woord- is sterk genoeg om skuld te kry oor julle te lafaard is. Die hele spul in Anc.

johanf ·

Ek moet lag, hulle kan nie eers ń gewone motorfietse ry nie, hier by ń weermag opleidingbasis gesien…. wat van een met ń sidecar, die beheer is ń ander storie, ek ry al sedert 1977, verskeie fietse, so ek weet. Sal eerder ń Toek Toek koop….
Wat ek egter baie nuuskierig oor is, is die maak, cc, en of dubbel-as trek wiele. Is dit ń bekende handelsmerk, of ń Chinese Cheapie.
Hoop iemand kan my help…..

PH ·

Ek het nie geweet dat apartheid nog in haar departement , wat sy “bestuur “, bestaan nie.?

MAGRIETHA ·

Die oos kaap het van die beste hospitale,klinieke,dokters ,mobiele klinieke,ambulanse en gesondheidstelsels gehad in 26 jaar is alles vernietig so sy moet haarself die vraag afvra waar het sy en haar dept van die wa af geval ek dink sy moet al 10 vingers regstreeks na haarself toe wys

Maryna ·

Ek lag in my mou… Seker in time capsule geklim en terug in tyd na apartheid om die besluit te neem om die fietse aan te skaf! Nee ek verstaan nie…

LekkerOuJan ·

Toe die ‘evil’ apartheid regering die Baragwanath hospitaal gebou het was dit die grootste hospitaal in die Suidelike halfrond….. Wat het die ANC sirkus gebou in 26 jaar? As dit nie vir privaat mediese sorg was nie was hier boggerol oor.

Tino ·

Haai Siestog, Dink net hoe moeilik is dit om met hierdie intelektuele gestremdheid saam te leef.

Veral waneer dit verkeerdelik in ‘n posissie van mag geplaas word

Misky ·

As ek my verklarende woordeboek oopmaak en onnosel wil naslaan, is die id foto van LUR Gomba daar

Tannie Suurtier ·

Ag weet jy! Hou so aan. Binnekort is daar nie meer ñ departement van enige iets nie….want die huidige regering het die kuns vervolmaak om alles in hulle pad te verwoes. Niks maak in elk geval sin as jy eers jou mond oopmaak nie…vat jou pak man!. Kry ñ graad, al is dit dan nou n ruggraat.

Gemaskerde Sopbeen ·

Mev. Mej. Me. Genl. Maarskalk. Admiraal, u Hoogheid, Prof, Dr, wat ookal. Gomba

Het jy enige idee van wat jy probeer doen?. Nee waarskynlik nie.
Jy sal in die anale van Suid-Afrika se geskiedenis in die anale gedeelte bly.

Wondermaarnet ·

Het dit enige geletterdheid gehad? Indien wel, hoe kom dit by apartheid se skuld?

Piet ·

Ek sien die guvvermint moes maar weer bakhand staan by daai “rassistiese kolonialiste” om uit te help met Corona. Holland het meer as 100 000 se toetseenhede geskenk om “our people” uit te help. Kyk, hierdie narre is ook glad nie skaam om hulp te vra by die kolonialiste nie maar kan ook nie wag om hulle om elke hoek en draai te beswadder nie.

Santie ·

Apartheid is net n manier om die aandag van die diefstal af te trek. Die motorfietse is nie die geld werd wat hul daarvoor betaal het nie. Iemand is te veel betaal.

Warrior ·

Plant chickens in your yard and you must be licensed…. ha ha haaaaaa…. ons slim ministers….

Aai ·

Die @NC wil nie jong mense he as deel van hulle want die jong mense se oe is nie so toe soos die wat aan apartheid vashou.Raak ontslae van die vrot appels en kry jong bloed wat nie deel van julle will wees @NC.

Piet ·

Alles is Apartheid se skuld maar as geen verskoning meer werk nie moet dit rassisme wees. LOL

Jack Russel ·

Daardie motorfietse is van Chinese afkoms, gaan in elk geval met die beste bestuurder nie 6 maande hou nie. Wie gaan in elk geval dit bestuur? Dit sal sekerlik die verpleegkundige moet wees, of hoe. Het hulle lisensies? Glo nie. Dis waar die probleem inkom, dit verg BAIE tegniese vaardighede om daardie spesifieke voertuig te bestuur, VERAL in die Oos Kaap se plattelandse gebiede, en dan nog met die bestuurder en pasient se gewig. Ons mede landsburgers kan nooit ooit in staat wees om aan al die goedjies te dink nie.

Remlut ·

Siek, baie ernstig siek, sy behoort in die inrigting voorwaar.

Atta ·

Slagoffermentaliteit met ‘n totale gebrek aan self-bewustheid… Ongelukkig nie net tot haar beperk nie.

Tienie ·

Apartheid sal nog vir baie jare die skuld kry vir hul mislukkings….

Shame.

Adriana ·

Snaaks hoe apartheid altyd geblameer word vir hul onbevoegdheid. Dit was jou besluit, nie apartheid nie.

J ·

Get back the wasted SCOOTER money in the Eastern Cape and use it to build a hospital in the rural area! In that way the sick people needn’t be transported to a far away hospital … for the next hundred years!

Eragrostis ·

Elke keer as die president, ANC-hooggeplaastes, regeringsamptenare of enigiemand na apartheid, kolonialisme of blankes verwys vir huidige mislukkings, erken diegene eintlik net dat die ANC gefaal het en totaal onbevoeg is. ‘n Mens hoor nooit dat die ANC verantwoordelik is vir die foute nie. So, hou aan om jul onbevoegdheid te verklaar sodat die wêreld kan sien hoe absurd jul redenasies is. Die ANC onderskat die landsburgers se intelligensie.

Chris ·

Ek is nie snaaks nie, maar ek sien glad nie die humor in die storie nie. Dit is vir my nie amusant nie. Ek is net verskriklik hartseer oor wat ons wittes aan die mense gedoen het. Waar het ons verkeerd gedoen. Ek is ook regtig bekommerd oor die algemene emosionele intelligensie en kennis van vaerstand wat die mense soos sy aan die dag lê. Wat my meer bedroef maak sy is nie die enigste wat die mening huldig nie. Ek huil elke dag as ek aan die breinkrag dink wat aan die stuur staan van die land. Ek glo nie hulle besef dat dit ‘n ongebonne taak is vir hulle nie. Ek slaan net my hande saam. As ek dit nie sien wat aangaan nie sal ek dit regtig nie geglo het nie. Ons kan net hoop glo en vertrou op ons Hemelse Vader om ons uit die benarde situasie te red. Ek glo nie eers Hy het so veel probleme met die Egiptenare van ouds gehad met die Isrealiete se redding nie.

marius ·

Moet darem verskriklik wees as die kerf op jou skouer oor 27 jaar , groter geword het as die Skeur vallei wat strek vanaf Sudan , en jy weet jy kan niks anders doen as om te blameer nie . Siestog .

Hannelie ·

Kom asseblief tog net oor jouself Gomba. Jou plaat haak vas op 1994 Mense wat so aan ‘n minderwaardigheids kompleks ly….

Corne123 ·

Lmga weet julle wat covid 19 is ook seker apartyd se skuld belaglik verby

Chris ·

Mense vertel my aldag ek is “wit” seker ook apartheid se skuld dat ek “wit” is. het persoonlik nog nooit ‘n “wit” mens gesien nie?

Inkpot ·

Dis defnitief ook apartheid se skuld dat sy nie weet hoe om behoorlike navorsing te doen nie. Dis ook apartheid se skuld dat sy nie kon sien dat haar departement ingedoen word nie.
As dit nou nie vir apartheid was nie, was iemand nou nie bevoordeel en miljoene ryker nie.
Ons verstaan.

Hydi ·

Ok, vir argumentsonthalwe, kom ons sê ná 26 j is dit nogsteeds apartheid se skuld – dan is dit hoog tyd dat ons ander regering kry wat daarmee kan ‘deal’, want heel duidelik is die ANC nie in staat daartoe nie.

Jacobus ·

Antie jy kan nie tel nie. Te veel KFC en Johny Walker.
Dan is julle damme ook te groot.

daniel ·

Na 26 jaar?. Shoe. Ek dink sy het haar breins by die huis vergeet as sy ooit soiets gehad het.
Ek glo nie enigiemand vat sulke beskuldigings ernstig op nie.

Frans ·

Asb skut jou kop jou ore dai goed wat moet dink los kry da bo

Johan ·

Apartheid is the most pathetic excuse for the ANC’s dismal failure for their incompetence!

Juffrou ·

Moenie vir dié vroumens enige lugtyd gee nie! Daar’s net ń groot leë gat in daai kop. Foeitog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.