Kyk: Checkers spot ook met Bok-trui

Checkers Sixty60, die handelaars se aflewerings-app, groei steeds uitstekend. (Foto: Shoprite Holdings)

Selfs Checkers het die afgelope week die geleentheid aangegryp om die draak te steek met die nuwe ontwerp van die weg-Springboktrui.

In ʼn skreeusnaakse video wat Donderdag gedeel is, dryf Checkers die spot met kritiek dat die nuwe Springboktrui, wat bedoel is om dit makliker te maak vir kleurblinde kykers om die spel te volg, soos ʼn Checkers 60-60-afleweringsvoertuig lyk.

“Maak nie saak wat die kleur van die Springboktrui is nie, ons sal die Bokke ondersteun om die oorwinning te behaal. Bring [die beker] terug,” is die boodskap wat by die video geplaas is.

Die video is teen Vrydagoggend reeds meer as 40 000 keer op YouTube gekyk.

Intussen het ʼn advertensiebanier deur die kosvervaardiger Eskort, wat die Springbokke sterkte toewens met die Wêreldbeker-rugbytoernooi, gemengde reaksie uitgelok. Die banier is gespan oor die brug wat na die hoofingang na die Oliver Tambo Internasionale lughawe lei en lees “Go Springbox love Eskort”. Sommige sosialemediagebruikers het Eskort se kreatiwiteit met die verkeerde spelling van die Bokke se naam geloof, terwyl ander nie gedink het dit is so snaaks nie.

Suid-Afrikaanse Rugby (Saru) is skynbaar ook nie dik van die lag nie.

“Hierdie tipe ondermyning van die integriteit van ons handelsmerk is nie die tipe ‘ondersteuning’ wat die span verwelkom nie,” het ʼn woordvoerder van Saru aan News24 gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Althes ·

Enige kritiek of spottery is goeie bemarking. Dis die beste advertensie.

Sues ·

Blykbaar nie meer nie, dalk kla hulle juis oor die banier se kleur wat nie reg is nie.

annie ·

My 5-jarige seuntjie soek ook nou sulke jammies vir die somer. Kan mens dit was of moet dit droogskoongemaak word?

Vonkprop ·

Ek dink Checkers lag al die pad bank toe met hierdie lelike trui van die Bokke. Hulle hoef nie ‘n sent te gespandeer het op bemarking nie en tog is Checkers 60/60 op almal se lippe.

domheks ·

SARU trek die skoen aan as hy jou pas!
Babas sal beter lyk in daai kleur maar defnitief nie GROOT UITGEGROEIDE MANS nie!
Lyk soos pajamas!

Atta ·

Liewe SARU, as jy jouself uitgee as ʼn toffie, moet dan nie huil as jy gekou word nie.

Petro ·

Ek gaan seker nou gestenig word……maar ek love love love die bokke se weg true, ‘n bietjie verandering is so goed soos ‘n vakansie sê hulle lol. Maar ek hou regtig van die kleur en die ontwerp ek gee hulle 10 uit 10 vir dit.

Niklaas ·

Die Checkers sak kleur moes tog deur iemand goedgekeur gewees het ? Was die rugbyraad betrokke en mal oor die lelike truie ?

Sues ·

Het Saru nie inbreuk gemaak op Checkers se handelsmerk nie? Checkers klaar nie daaroor, waarom ‘n bohaai opskop oor Eskort se ondersteuning. Niks van dit is slegte publisiteit nie. Bly stil Saru.

Jr ·

Hou op thjank oor rubbish man. Humour requires intelligence which some don’t have. Hell kom by man.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.