Laaste van Leon Brits se moordenaars gevonnis

Leon en Suretha Brits (Foto: Verskaf)

Minder as twee jaar nadat die geliefde hotelier Leon Brits vermoor is, is die laaste van sy moordenaars in die hooggeregshof in Upington lewenslank tronk toe gestuur.

Enrich Williams (34) en Amantle Bareki (24) is Dinsdag skuldig bevind aan moord, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens.

Williams en Bareki in die hof. (Foto: Verskaf)

Volgens Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Noord-Kaap, is hulle elk lewenslank gevonnis vir moord, 15 jaar vir roof en 10 jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen. Die vonnisse sal egter gelyklopend uitgedien word. Nie een van hulle mag ook nie weer vuurwapens besit nie.

Die mans het Brits op 7 Oktober met ʼn mes gesteek, met ʼn bofbalkolf geslaan en met ʼn hondeketting verwurg, voordat hulle sy liggaam in die swembad gegooi het.

Sy vrou, Suretha Brits, en Jacques van Vuuren het vroeër reeds skuld op die moord beken en is elk ook lewenslank tronk toe gestuur.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

AW ·

Daar is mense op aarde en in hierdie land, wat Wreed IS !!

En die oor mederheid kom weg met daarmee,

Ek vermoed nog lank voor 25 jaar sal daar Parool wees !!

Janice ·

dit word gelyklopend uitgedien, so net 15 jaar en ek hoop met verswarende omstandighede beteken dit geen parool, maar ek is nie seker nie

Sê maar net ·

Baie dankbaar.
Wil net weet waarom Suid Afrika toelaat dat moordenaars na ‘n sekere tyd parool kry…..?
Vir sogenaamde “goeie gedrag”.
Hulle gaan maar net voort en moor weer wanneer hulle uit is op parool. Bitter min van hulle word waarlik gerehabiliteer :(
Vir hulle te maklik om weer te moor vir geld……want hulle weet hulle sal weer parool kry.
Die wêreld is g*t- oor- kop :(

Janice ·

Dis nie net in Suid-Afrika nie. Kanada is dieselfde en ook sekere state in Amerika en meerderheid van hulle burgers ook nie gelukkig daaroor nie.

Nico ·

Hulle het wel op aarde verby gekom, onthou God die Vader slaap nie, geregtigheid sal seevier.

JAN ·

“Die vonnisse sal gelylopend uitgedien word” Dit is deesdae sonder uitsondering die geval. So, of jy nou een of tien mense vermoor, bly die straf dieselfde. Wat beteken lewenslank deesdae? 15 jaar?? Lewenslank is nie baie lank nie…. Ons regstelsel is ‘n grap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.