Laaste verdagte in moord op gewilde akteur vasgetrek

Dumi Masilela (Foto: Twitter)

Die sesde en laaste verdagte (34) in die 2017-moordsaak van die akteur Dumisani Masilela is in hegtenis geneem.

Brig. Mothapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagte sal vandag in die Benoni-landdroshof verskyn, waarna hy vanaf 8 tot 19 Oktober saam met sy vermeende medepligtiges in die Pretoria-hooggeregshof vir verhoor sal verskyn.

Masilela, ʼn akteur op die gewilde TV-reeks Rhythm City, is verlede jaar in Tembisa in ʼn kaping geskiet. Maroela Media het vroeër berig Masilela en ʼn vriend het van die kapers probeer ontsnap deur weg te jaag, maar hy is in die proses noodlottig gewond. Die akteur is die volgende oggend ná ʼn paar uur in die hospitaal oorlede.

Vier verdagtes is verlede jaar vasgetrek en ʼn vyfde het tydens ʼn rooftog gesterf.

“Al die verdagtes is positief verbind aan vyf sake, naamlik die moord op Masilela, drie kapings in Daveyton, Phokeng en Siyabuswa, asook die besit van ʼn gesteelde selfoon,” het Peters gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Siek en sat ·

Baie mooi SAP. So sal elke misdadiger een of ander tyd rekenskap moet gee. Bring doodstraf terug en helfte van SA se misdaadprobleem is opgelos.

Kom ons hoor ·

Mooi so SAPS! Julle raak beter by die dag. Kom ons gee so ‘n oomblik stilte en kyk of die lesers wat so gereeld gal braak teenoor die Polisie die ordentlikheid het om hulle ook geluk te wens…

Andre ·

Stap een: al die skuldiges aangekeer en ontsnap nie. Stap twee: Al die getuienis is voldoende volgens wet. Stap drie: Al die skuldiges is suksesvol vervolg en gevonnis. Stap vier: Gelukwensing aan al die partye wat saam gewerk het.

Theresa ·

Geluk aan al die regsverteenwoordigers en ander mense wat hierdie kriminele vasgetrek het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.