Landbank kry eindelik nuwe hoof

Ayanda Kanana is aangewys as die Landbank se nuwe uitvoerende hoof. (Foto: joburgmarket.co.za)

Die Landbank het eindelik ʼn nuwe hoof.

Die organisasie het Maandag aangekondig Ayanada Kanana is as sy nuwe uitvoerende hoof aangewys. Kanana begin op 1 Maart in dié pos.

Kanana is ʼn gekwalifiseerde geoktrooieerde rekenmeester met diepgaande kennis van die landboubedryf, het die bank gesê. Hy is tans die uitvoerende hoof van die Johannesburgse varsproduktemark en voorsitter van die oudit-en-risikokomitee van die Oos-Londense nywerheidsontwikkelingsone.

Kanana is verlede jaar aangewys as die Vereniging vir die Bevordering van Swart Rekenmeesters van Suidelike Afrika (Abasa) se staatsdienshoof van die jaar.

“Ayanda is geesdriftig oor landbou, in besonder die ontwikkeling van ontluikende boere,” het die Landbank se raad in ʼn verklaring gesê.

Die Landbank is in 1912 op die been gebring en moet finansiering aan opkomende boere verskaf om billike eienaarskap van grond te help verseker en die nalatenskap van ras- en geslagsgebaseerde diskriminasie in die bedryf uit te wis.

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service het die Landbank se status verlede maand na rommel afgradeer. Die Landbank word reeds sedert November verlede jaar dopgehou en Moody’s het toe al gewaarsku dat ʼn afgradering wink. Die bank is ná dié gradering een keep laer op Ba1, ofte wel rommelstatus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

007 ·

Wonder hoe lank gaan dit vat voor korrupsie en bedrog aannames gemaak word teen die perd.

Frank ·

Het ek nie nou die dag iets raakgelees dat die Varsprodukte mark gaan toemaak nie?

Leon ·

Solank as die regering en kaders hom gebruik as hulle kleinkas sal hy nooit regkom nie.

Naas ·

Wat weet hierdie ou van funksionering in so ‘n pos? Wat van Johan Willemse?

Michael ·

Sy kleredrag laat my dink aan President Trump ek hoop sy bestuurstyl is ook dieselfde want dan is landbank in goeie hande.

marius ·

Wat het van mnr Khando geword ? Is hy terug Kongo toe of het hy dalk ‘n ambassadeurs pos iewers ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.