Landboudepartement swyg glo oor ‘korrupsie’

Minister Thoko Didiza. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, word daarvan beskuldig dat sy ’n blinde oog het “ooglopende korrupsie” in haar departement.

Die landbou-organisasie TLU SA het vroeër vanjaar ’n skrywe aan die minister sowel as die waarnemende direkteur-generaal, Rendani Sadiki, gerig waarin TLU SA die aandag gevestig het op verdagte besteding op 600 000 gesigmaskers en 400 000 koekies seep.

Volgens die organisasie het die departement dié goedere teen ’n bedrag van R20 miljoen aangekoop. Dit lyk nou asof iemand R10 miljoen van dié geld in sy of haar eie sak gesteek het.

TLU SA het in die skrywe versoek dat die departement ’n onafhanklike forensiese oudit aanvra om die betalings te ondersoek. Henry Geldenhuys, die president van TLU SA, het Vrydag gesê die organisasie het tot dusver nog nie eens ’n erkenning van ontvangs van die skrywe ontvang nie.

“Wat moet ons hieruit aflei? Dat die departement nie belangstel om met landbou-organisasies te praat nie of dat die departement korrupsie goedkeur?”

Geldenhuys sê hoewel die beweerde ongerymdhede by die departement van landbou waarskynlik ʼn druppel aan die emmer van die grootskaalse korrupsie tydens Covid-19-pandemie is, TLU SA weer eens wil versoek dat die departement die voortou neem deur aandag aan die saak te gee.

Die organisasie glo die minister behoort as politieke hoof van die departement verantwoordelikheid te neem vir die optrede van haar personeel.

“Ons, die wetsgehoorsame belastingbetalers van die land, sal nie voortgaan om korrupsie te befonds nie. Indien die persone wat verantwoordelik is om die land te regeer swyg oor korrupsie en geen aksie neem om dit hok te slaan nie moet die burgers van die land ernstig kennis neem.

“Waarheen is Suid-Afrika met die ANC se beleidsrigting en kondonering van korrupsie op pad? Wat sal uiteindelik oorbly? Dit is onaanvaarbaar en optrede moet dringend geneem word om die koers te verander.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Joggie ·

Moet net nie julle asem ophou om te dink dat die ANC iets aan korrupsie wil doen nie…

Jaco ·

Al wat ek kan sê is stem reg by die stembus. Die ANC gaan nooit regkom.

JohanR ·

Stem saam Jaco. Die stembus is ons enigste hoop. Weet nie mooi wat die ANC moet jry om uit die kussing gelig te word nie……miskien 45%? Maar iets moet gebeur en gou gebeur, of ons kry ons self nog ver aan die anderkant van ‘n piesang republiek waar ons nou is!

Werner ·

Slegte nuus hierdie land kan ongelukkig nie meer met n gestemmery reggeruk word nie.Die ANC sal hulle eenvoudig nie aan n uitslag steur wat hulle nie pas nie.Ou Zuma wys mos vir julle hoe dit werk.

Jedi Knight ·

Jaco, jy kan jouself in kommunisme in stem (soos wat in 1992 gedoen is), maar jy kan jouself nie daar uit stem nie.

JohanR ·

Hoekom lyk alle ANC vroue ministers asof hulle nie tot 10 kan tel nie? Ek dink in Engels sou mens se hulle lyk durr. Dink maar aan Lindiwe Zulu, Nosiviwe Mapisa-Nqakula , NDZ, Bheki Cele(lyk hy nie durr nie)?

RB ·

Hierdie regering is uiters bevoeg!
Elke departement het dit al bewys – hulle wèèt hoe om korrup te wees èn hulle bewys hulle weet!

Nie n enkele departement het al daarin gefaal nie.
ANC = Always New Corruption

Daagliks net nog nuwe korrupsie wat ontbloot word. Geen gevolge want hulle is almal skuldig.

Bite Me ·

Natuurlik hou sy ‘n blinde oog… het seker self lekker gery op die soustrein

a3a3 ·

Volgens my berekening is daar R15 000 000.00 geprivatiseer !!!!!!!!!!

Hoekom ·

Dalk moet die boere haar mielie pap weg vat dan sal sy begin sing as ek so na haar kyk…

Susan ·

Dankie TLU….goeie waghond. Hou asb. vol, tydig en ontydig, met die geblaf! Wys sommer ook bietjie tande, en as die ou kriminele party nóg niks doen nie, groot asseblief, gee hulle ‘n lelike hap of twee.
Soos die ou in ‘n stuk op Daily Maverick gesê het: dit wil mos al meer en meer lyk of korrupsie toe al die tyd die anc se wáre beleid is…..

annie ·

Wat is die oogmerke van die beherende party in SA? Is korrupsie ‘n voltydse skoling in misdryfkunde en misdadigheid? Indien die ANC nie teen korruptes optree nie en dit daagliks voortwoeker selfs tot in die hoogste gesag, beteken dit dat dit aangemoedig en goedgekeur word? Ons skree ten hemele oor die verkeerde maar die stemvee stem maar weer vir hul kaders… mooi getrain in verkeerd.

Wielspore ·

As mens Thoko Didiza glo, is dit ook waar dat as jy varke maalvleis voer lewer hulle wors.
In kort, sy praat wors!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.