Lasbrief van inhegtenisneming vir Myeni uitgereik

Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die SAL-raad. (Foto: ANA)

Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, sou na verwagting Woensdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn het.

Die saak is vir Woensdag geskeduleer vir die uitslag van die verklarings wat sy by die direkteur van openbare vervolging in die Gautengse plaaslike afdeling, adv. Adrew Chauke, ingedien het.

Myeni het egter nie opgedaag nie en haar regspan het die hof in kennis gestel dat sy weens ʼn mediese toestand afwesig is, sê Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Adv. Rendani Ndou het aansoek gedoen vir ʼn lasbrief vir haar inhegtenisneming en dit word teruggehou tot haar volgende hofverskyning op 14 Junie 2022.

“Die kantoor van die direkteur van openbare vervolging het besluit dat vervolging teen Dudu Myeni moet voortgaan, omdat die NVG oortuig is dat sy doelbewus die bevel deur die voorsitter van die Kommissie na Staatskaping-bewerings verontagsaam het.”

Die voorsitter van die kommissie het op 17 Februarie 2021 onder andere beveel dat die identiteit van ʼn getuie, wat sou getuig, nie bekendgemaak of gepubliseer mag word nie. Die voorsitter het opdrag gegee dat die betrokke getuie slegs as “Mnr. X” bekend sou staan tydens en ná sy getuienis voor die kommissie.

Myeni het van 4 – 6 November 2020 as ʼn getuie voor die kommissie verskyn en het virtueel via Zoom getuig. Op 5 November 2020, ná sy in kennis gestel is dat mnr. X se naam nie bekendgemaak mag word nie, het sy die man se naam op vier agtereenvolgende geleenthede genoem. Ná terugvoer van die kommissie se regspan en Myeni, het die voorsitter opdrag gegee dat ʼn strafregtelike klag by die polisie aanhangig gemaak moet word.

“Dit is ʼn duidelike teken dat die NVG sonder vrees en onafhanklik sal optree. Ons volg die bewyse en dit lei ons om te bepaal wie om te vervolg, ongeag die posisie wat hulle in die samelewing het.”

Mjonondwane sê die staat is gretig om voort te gaan met die saak en sulke vertragings, of dit werklik of onbedoeld is, veroorsaak onredelike vertragings, “veral in sake oor staatskaping waar dit dringend is dat geregtigheid moet geskied”.

Myeni het op 29 Maart 2022 vir die eerste keer in die Johannesburgse landdroshof verskyn en staan tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg of oortreding van die Wet op Kommissies en oortreding van die Regulasies van die Geregtelike Kommissie van Ondersoek na Staatskaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Johann ·

He he he… U baba Zuma gaan seker vir haar kuier in die tronk as hy gesond genoeg is. Ergste is, syt ons land MILJARDE gekos en mense se werk verspeel. Intussen lewe sy die lewe van n beskermde kader.

Shakespeare ·

Sy het lieg vervolmaak. Haar een verskoning was dat sy nie geld gehad het vir ‘n buskaartjie nie en nou het sy ‘n regspan ????? Ons regstelsel is op die ashoop.

Deon ·

Hier kom nog ‘n hof toe, verdaag, staan by die hof se ingang en praat met bewonderaars, “lather rinse repeat”. Klomp teoriee in die media van al wat n kenner is. En nog n lang hofsaak wat net onnodiglik geld gaan mors…. Waarom kan hulle nie soos ander wat van misdade aangekla word, hof toe gaan, hulle storie praat, hof maak n besluit wat die gepaste uitslag van die saak is en als is klaar nie….Hoeveel van hulle gebruik juis hierdie situasies van hulle, om lugtyd in die pers te kry?

Pieter ·

Sal ek ook eers gewaarsku word dat ‘n lasbrief vir my inhegtenisname uitgereik gaan word indien ek nie in die hof verskyn nie, en wanneer dit uitgereik word, sal dit ook teruggehou word tot en met my volgende hofverskyning? Indien dit om mediese redes is wat sy nie verskyn het nie, waarom het haar regspan nie die mediese bewyse ingehandig nie?

Nee wat, baie mooi geleer by JZ on vertragingstegnieke toe te pas!

Lillian ·

Ag pragtig, hul leer by hul kaders hoe om die hof verpligtinge te ontduik.

Spotty ·

Nog n Zuma vertraaging strategie, Zuma het nou n president gestel wat almal kan volg om elke keur uitstel te kry, Ons howe is te swak om hierdie kriminele vas te vat!

Yvonne ·

As dit anders om was, was ons lankal in die tronk…..maar elkeen se tyd loop uit…..

Wondermaarnet ·

Foeitog, hoop sy herstel vinnig voor die volgende vlaag siektes haar tref en sy weer nie hof toe kan gaan nie. JZ skep ‘n president en nou volg al die kaders.

Misky ·

Lasbrief vir inhegtenisname word teruggehou…… M.a.w. niks gebeur nie. Urgghhhh, ek gee op!!!

SjN ·

Hoekom word dit uitgereik en nie uitgevoer nie, kaders beskerm mekaar.

Charl ·

Wééreens ‘n krimineel wat ewe skielik a.g.v. een of ander “siekte toestand” nie voor die hof kan verskyn nie ?? Hoe pateties wíl julle wees, dít terwyl julle in wéélde lewe ten koste van julle mede landsburgers ???

Pietertjie ·

Mens noem daai siekte die Jacob-Zuma-sindroom. Baie aansteeklik onder die kaders.

Swerwer ·

So sal mediese toestande nou die oorsaak wees van al die “Hooggeplaastes” wat in die hof moet verskyn. Maklikste uitweg , en eintlik makeer hul niks want Zuma stel mos die voorbeeld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.