Leerder van spogskool buite nagklub vermoor  

(Foto: ER24)

ʼn Leerder aan die King Edward VII School in Houghton in Johannesburg is Saterdagaand in Rivonia vermoor.

Die 17-jarige seun is buite die Madison Avenue-nagklub in Wesselweg met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.

Volgens Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 22:45 op die toneel aangekom en het die tiener in die straat gelê met ʼn steekwond aan sy bors.

“Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar.”

Die King Edward VII School het die leerder as Hlompho Mbetse, ook bekend as CJ, geïdentifiseer. Hy was ʼn gr. 11-leerder aan die skool.

Hlompho Mbetse

Die skool het gesê hy het met groot hartseer kennis geneem van Mbetse se dood. “Die skool en gemeenskap betreur die sinlose verlies van ʼn lewe. Ons innige meegevoel, gebede en ondersteuning gaan aan die Mbetse-familie.”

Toetse wat vir Maandag en Dinsdag by die skool geskeduleer was, is intussen uitgestel ná Mbetse se dood.

“Ons sal met ʼn gepaste tyd van rou begin en berading verskaf aan die seuns wat dit nodig sal hê,” het David Lovatt, hoof van die skool, gesê. “Die seuns sal ruimte gegun word om te treur en ondersteuning te ontvang.”

Die Madison Avenue-nagklub het in ʼn verklaring gesê Mbetse was in ʼn geveg in die parkeerarea betrokke en dat van sy veiligheidspersoneel tussenbeide getree en die situasie ontlont het.

Mbetse het toe glo in die straat afgestap waar iemand hom later gekonfronteer het en hy doodgesteek is. “Die eienaar van die venue, veiligheids- en polisiebeamptes en nooddienste was op die toneel om te help. Die verdagte is aangekeer en is in polisie-aanhouding.”

Volgens die nagklub het hulle van ʼn nabye vriend van Mbetse verneem dat hy ʼn vervalste ID-dokument gebruik het om toegang tot die klub te kry.

“Ons gedagtes en gebede is met sy familie en vriende.”

Volgens berigte sal die 18-jarige verdagte wat in verband met die voorval in hegtenis geneem is Maandag in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Douglas ·

King Edward VII Skool is inderdaad a spogskool.
Die skool het meet as 250 internasionale sportmanne opgelewer. Marx en de Kock is maar twee huidige voorbeelde.

Casper ·

Daardie tyd van die aand.Ek is seker outyds maar my kinders was daardie tyd van die aand by die huis en as hulle uigegaan het kon ek enige tyd bel.

Misky ·

Vervalste id dokument en ek sukkel om ‘n wettige een te kry met die toestand van Binnelandse sake. Steeds tragies en sterkte aan die familie.

Linx ·

“the government (police) failed him” ek glo daardie stelling gaan iewers in kom….als behalwe wat n 17 jarige in d omgewing van n nagklub soek….hy was weer n onskuldige “seun” en het verskriklike baie dreams& aspirations gehad,,,sterkte aan sy familie ,God sal jlle deurdra,ONS as ouers van tieners het dit swaar maar my tiener sal haar wat verbeel om dit te doen.

melaney ·

Stem! Daar is nie veel ouers soos jy wat regtig omgee waarmee hul kinders besig is nie.

George ·

Saffas wat die slagoffer die skuld gee, pateties. Hou julle julle self blind? Hoeveel 17 jariges is in die kroeg areas by Loftus? Restaurante? Klubs? Ons het op 17 lekker geparty, moes ons ook vermoor word? Pathetic.

VaalDonkie ·

Nee, julle moes by die huis bly en studeer. Ek ook. Ek het so lekker gepaartie ek het amper Matriek gedruip. Gelukkig was UNISA se toelatingsvereistes nie juis hoog nie, anders het ek dalk tot vandag toe nog by die Spur gewerk.

Chantel ·

Baie dankie George, dis presies so. Is dit rede om die kind te vermoor!!! Dis bitter hartseer.

Janice ·

As ek net dink die stout goed wat ons aangejaag het as 17-jariges, is ek baie dankbaar laat ek nooit in groot moeilikheid was nie. Innige simpatie met die familie. Dis ‘n hartseer storie. ‘n 17-jarige dood en ‘n 18-jarige se lewe geruineer. Regtig tragies.

ronel ·

Agggg nee hoor!! Ouers van tiener seuns sal weet hul glip so gou soos nou verby jou met n storie, selfs die beste huise en ouers het nie altyd beheer op ‘n groep jong mans se planne nie!

George ·

Presies, kyk die Waterkloof 4, hulle het uitgeslip om te moor, uit baie goeie huise gekom.

Swerwer ·

Jig maar die lewe het darem vinnig verander. Simpatie en meegevoel met sy familie.
Dissipline, dissipline, maar ongelukkig het die ANC did tot niet verklaar.

VaalDonkie ·

Disipline begin by die huis. Wat jy op skool moet leer is Wiskunde, tale, en ‘n paar ander vakke. Dis nie die juffrou se werk om jou kind respek te leer nie.

VaalDonkie ·

Ons paartie al jare lank so. Wat verander het is hoe brutaal die gevegte geraak het. As jy in my dae ‘n ou geslaan het dat hy nie kan regop staan nie (of jy is die een wat nie kan regop staan nie), dan is die fight oor en die ou word regop gehelp en die saak is afgehandel. Nogsteeds wreed, maar niemand was met ‘n mes gesteek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.