Leerder wat wapen op onnie rig in hegtenis geneem

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die 15-jarige seun van Eldorado Park Secondary School in Johannesburg wat Woensdag na bewering ʼn gaspistool op ʼn onderwyser gerig het, is in hegtenis geneem.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het dié jongste verwikkeling aan Maroela Media bevestig.

Volgens Mabona is die seun vandag deur beamptes van die Eldoradopark-polisie in hegtenis geneem. Die seun staan tereg op ʼn aanklag van die rig van ʼn vuurwapen en die besit van ʼn gevaarlike wapen. Hy is in sy ouers se sorg vrygelaat en sal môre in die Kliptown-landdroshof verskyn.

Daar is aanvanklik berig dat die seun ʼn vuurwapen op die onderwyser gerig het, maar Mabona sê dit het intussen aan die lig gekom dat dit ʼn gaspistool was. Die onderwyser kon daarin slaag om die gaspistool by die seun af te neem en dit is aan die polisie oorhandig.

Volgens Mabona is die seun ook summier geskors en sal hy vanaand voor ʼn dissiplinêre verhoor verskyn.

Intussen is ʼn psigososiale span van die departement reeds by die skool besig om berading aan geaffekteerde leerders, asook die onderwyser, te verskaf.

Mabona sê die departement is tans ook op soek na twee ongeïdentifiseerde leerders wat op sosiale media gesien is waar hulle met messe baklei. “Ons span sal vinnig teen hierdie leerders optree. Meer inligting hieroor sal binnekort bekendgemaak word,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sê maar net ·

‘n Gaspistool het ‘n jongman in Lichtenburg se lewe gekos

honourable member ·

wat gaan aan. Nee hel. Hierdie ongedisiplineerde kinders sal nog onderwysers gaan skiet ook om n punt te bewys. Sterkte aan alle onderwysers. Dink nie dis deesdae die maklikste beroep nie.

Cherokee ·

So pas op die 6:30 nuus gewees dat ‘n onderwyser met ‘n mes gesteek is.

De Villiers ·

Maar net nog ‘n simptoom van die huidige ‘menseregte’-stelsel waar kinders wat probleme veroorsaak sielkundig benader word in plaas van lyfstraf. Hierdie stelsel faal keer-op-keer, maar die regering is siende blind daarvoor.

Boerseun ·

dis die liberaal se manier, nie werklik die ANC se idee nie

Hennie ·

Nes jy daar se De Villiers.

Spare the rod, spoil the child.

Karl ·

Mens kan die gaspistole nie vinnig onderskei van regtes nie, daai leerder het dit gerig met die mindset dat die onnie gaan dink dis n regte een.

Hoc est bellum ·

Probleemouers verwek probleemkinders. Dis ook die gevolg van “liberation before education”.

Ian ·

“Psigososiale span.” Nou ja, mens is nooit te oud om te leer nie. Weet nog steeds nie wat dit beteken nie, maar klink kwaai!

toy ·

My tyd het kinders pak gekry, respek gehad vir mense en jy sou nie waag terug praat het nie.

Alida ·

Ag wat verwag die Dept? Dit is mos wat Lesufi wil he. Die Sielkundiges sal NIKS regkry nie behalwe om n vet rekening in te handig.

Catherine ·

Sê nou my kleinkinders is in daardie skool GESIT deur Lesufi!!!!!

Pieta ·

“Psigososiale span” – wat ‘n gemors. Geen dissipline meer en ons weet hoekom…

Gert ·

Wapen wet verbied rig van nige wapen al is dit n speelding. As hy dit nou doen wat as hy groter is.

Pieter Coetzee ·

Die probleme begin in die parlement en hulle uitsprake en daar is geen beheer meer oor wat hulle sê nie. ANC & EFF.

Theresa ·

Gee hom ‘n goeie 3 houe op die boude. Nooit lekker nie en dit hoef nie bloumerke te los nie. Volgende keer as hy daardie pistool wil skool toe vat, sal hy 2x dink. Dan ‘n ekstra straf omdat hy ‘n person vir wie hy respek moet toon (onderwyser) geintimideer het met ‘n wapen. Vat sy selfoon weg en hou hom dop – geen tiener hou daarvan nie. As hy nie gestraf word nie, word ‘n volgende moontlike misdadiger gevorm. Mens het geen Vryheid sonder dissipline nie en daar is miljoene wat dit weet en glo. Mens moet nie toelaat dat mense wat graag al hoe meer wetloos en rigtingloos leef, die samelewing so verpes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.