Leinster oordonder Bulls in Dublin

Bismarck du Plessis het met sy lynstaangooie in sy eerste wedstryd vir die Bulls gesukkel. Maar die strydros behoort sterker te vertoon soos wat die toernooi vorder. Foto: Twitter.

’n Leinster-blitzkrieg in die eerste tien minute van die wedstryd het die Bulls van hul voete in Dublin gehardloop. Die Ierse span het binne ’n japtrap met 13 – 0 voorgeloop en dit het ongetwyfeld die grondslag vir hul uiteindelike sege van 31 – 3 gelê.

Dit was ’n Europese vuurdoop soos min vir die Pretorianers – Leinster is immers die Crusaders van die Noordelike Halfrond en hulle verloor nie sommer ’n rugbywedstryd nie.

Tog het Marcell Coetzee se span stelselmatig hul voete gevind, maar aanslane en lystaanblapse is die klein jakkalsies wat die Pretorianers se wingerd verniel het.

’n Drie is nie in die 34ste minuut toegeken nie omdat daar ’n aanslaan in die aanloop tot Madosh Tambwe se suksesvolle afrondingspoging was, terwyl Bismarck du Plessis gesukkel het om sy lynstaanspringers in sy eerste wedstryd vir die Bulls te vind.

Spelers soos Madosh Tambwe en David Kriel het nie te sleg gespeel nie. Foto: Twitter.

Dit was egter steeds beter as daardie rampspoedige uitstappie in Treviso toe Benetton hulle behoorlik opgedons het.

Die Bulls het by tye vandag glad nie slegte rugby gespeel nie; Leinster was bloot net heeltyd beter.

Die kampioenskap staan egter nog in sy babaskoene en daar is nog baie tyd vir Jake White om ’n haas uit die hoed te pluk. Dalk was dit nie ’n slegte dinge om die sterkste teenstanders eerste aan te vat nie; nou weet hulle wat om van die beste in Europa te verwag.

  • Puntemakers:

Leinster: Drieë: Josh van der Flier, Andrew Porter, James Tracey en Ross Byrne. Doelskoppe: Jonny Sexton (3) en Byrne. Strafskop: Sexton.

Bulls: Strafskop: Johan Goosen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Martie Smartie ·

Ja Jake White. Dis hoe teenstand lyk. Jou span is heelwat onder standaard.

Jackie ·

Ten spyte daarvan is die bulls ons enigste span wat iets sal kan doen. Net my opinie.

piet ·

Lyk nie so nie. Ek reken die Sharks kan dalk beter vaar wanneer hulle al hul Bokke terugkry.

twaalfboor ·

Ou Martie…… dan wil ek nie die res van die SA spanne teen Leinster sien nie. Jys seker ñ WeePee supporter.

piet ·

Het julle nie met amper 50 punte teen Benetton verloor nie? Stormers het net met 4 punte verloor.

JohanR ·

My gooiste maar daai oorsee spanne speel die spel vinnig. Die voorspelers is ook nie groot nie, maar kan naal soos agterspelers. Die Bulls het nie geweet waar om toe te maak nie, en om te dink hulle is die Currie Cup champions.

piet ·

Ons plaaslike reeks sonder die Bokke is ‘n grap. En selfs met van die Bokke terug gaan dit steeds swaar trek want ons beste Bokke speel nou oorsee. Ons provinsiale spanne gaan nou die swakste wees wat dit nog ooit was sedert ons in Super kompetisies speel.

Pieter9 ·

S. A rugby het met ‘n skok grond toe gekom; ons is 5 Jr agter mbt hoe die spel omtwikkel het. Die wereld weet nou, speel vinnig teen S. A spanne want hulle kan nie by die tempo byhou nie. Ons spanne is nie fiks genoeg vir ‘ n vinnige spelpatroon nie. Dit is tyd dat ons die waarheid moet aanvaar en iets begin doen daaromtrent.

Dup ·

Al raad wat ek vir die Bulls het is dat hulle maar nog spelers moet koop…..miskien ñ paar van Leinster.Dit lyk asof hulle goeie rugby kan speel….

Willempie ·

Die telling Benneton 35 – Bulle 8 spook nog by hulle.

piet ·

Ons spanne is swak want daar is tans geen huidige Bokke in nie. En selfs as die Bokke terugkom gaan meeste van die spanne nie so versterk word soos ons jare gelede gesien het toe meeste Bokke nog in SA gespeel het nie (die Sharks sal die meeste Bokke terugkry wat hulle ten minste heelwat behoort te versterk). Ons bestes speel nou oorsee en is nie beskikbaar vir plaaslike provinsiale spanne nie. Ons sal swaar kry in die kompetisie en enige ander oorsese provinsiale kompetisie..

Harry ·

Die SA spannetjies het gedink as hulle weg hol van die Super reeks af en in Europa gaan speel, gaan hulle alles wen, ha ha ha, hulle kan nie eers hierdie spanne wen nie, wat sou met hulle teen die New Zealand en Aussie ouens gebeur het.???? Looooooooseeeers

Ettienne ·

Mmmm…. nou nie op tone trap nie, maar kon Bismarck al ooit ‘n bal ordentlik in ‘n lynstaan ingooi?

piet ·

Pateties, koop beter spelers. Ouens soos Bismarck is oor die muur.

Boon ·

Dis bewys dat dieBulls se patroon wat Bokke ook volg, uit
gedien en swak is.

N ·

Geld kan vir julle n Currie Cup koop, gaan baie meer geld en gekoopte spelers nodig hê om die toernooi te wen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.