Leon Coetzee onskuldig bevind aan moord by kompleks

Argieffoto van Leon Coetzee. (Foto: Skermskoot/SABC-video)

Leon Coetzee (54) het uit selfverdediging opgetree toe hy in April verlede jaar vir Themba Thabethe met ’n mes in ’n woonkompleks in die noorde van Pretoria doodgesteek het.

Só het waarnemende regter Kobus Burger Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof beslis kort voordat hy Coetzee onskuldig bevind het op aanklag van moord.

Coetzee en Thabethe was albei inwoners van ’n woonkompleks in Montana toe Thabethe die aand van 26 April 2021 Coetzee se vrou oor ’n oënskynlike rassistiese boodskap op ʼn Whatsapp-groep vir inwoners van dié kompleks gekonfronteer het.

Coetzee is nié op die groep nie en het ook nie die boodskap gestuur nie. ʼn Konfrontasie tussen Coetzee en Thabethe het nietemin gevolg. Thabetha het drie steekwonde tydens die konfrontasie opgedoen en is vyf dae later op 1 Mei in die Montana-hospitaal dood.

Burger het egter nou meer as ’n jaar later bevind dat Coetzee nié onwettig opgetree het nie, maar bloot uit noodweer aangesien Thabetha die aggressor was toe hy die aand by die Coetzee-egpaar se huis opgedaag het.

Themba Thabethe se broers Dan Nkosi en Morris Thabethe ná die uitspraak. (Foto: Tania Heyns/Maroela Media)

Familielede van Thabethe en lede van onder meer die EFF was vanoggend hoogs ontsteld oor die uitspraak.

Die familie het aan verslaggewers gesê hulle is teleurgesteld in die uitspraak, maar nie verbaas nie.

“Dit is jammer dat ons op 26 Augustus 2022 nog in ’n land leef waar die regstelsel nie aan die kant van swart mense is nie,” het Thabethe se vrou, Azola, gesê.

Die familie beplan om te appelleer.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die uitspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Corne123 ·

ag asb tog die gereg moet juis onpartydig wees darm een keer wat gereg nie partydig was nie

BEA ·

Die EFF moet eerder net stil bly en weg bly, hulle kom weg met alles wat verkeerd is, ek is bly vir die man!!!!! dis tyd dat ons ook bietjie raak gesien word want daar word altyd teen ONS opgetree en ONS kom nie weg met R500 borgtog vir moorde / plaasmoorde nie.

Riaan ·

Oh, so die regstelsel moet nie neutraal wees nie, maar slegs aan die kant van swart mense.

KatjieDeKat ·

Die regstelsel is nie veronderstel om aan swart of wit of enige etnisiteit se kant te wees nie, NET aan die kant van Geregtigheid en Regverdigheid. True justice is blind to Everything except the Facts of every individual legal case.

Boon ·

Die regstelsel is nie aan enige ras se “kant” nie , maar is wel gebonde aan wette, en reg en geregtigheid. Appelleer as jy dink regter is onregverdig en vertolk lands wette verkeerd.

Wolkie ·

ASB TOG!!! “teleurgesteld en nie verbaas nie”…dis hoe die HELE SA voel wanneer die regstel moordenaars, verkragters en wat nog meer op R500 borgtog vrylaat en niks verder gebeur nie. Ja, daar is BAIE om oor teleurgesteld te wees, MAAR wanneer jy uit selfverdediging optree is dit niks minder as reg nie.

George ·

ag please, net gister is dit bevind dat julle KILL THE BOER mag sing, maar die hof is nie aan jou kant nie?! Nee wat, self defense het geregtigheid het hier gewen. Ek het wel die gesien kom, omdat dit n blanke regter is, hul gaan appelleer tot hul swart een kry, of die EFF gaan die hof intimideer, weer.

Marius ·

Die regstelsel is nie veronderstel om aan ‘n sekere groep se kant te wees, dit moet regverdige uitspraak lewer.

Hennie ·

Thabethe moes by die huis gebly het, die wet is duidelik oor die tipe dinge. EFF natuurlik altyd ‘n eier te le, enigiets om relevant te bly.

Di ·

Ja was dit nou omgekeerd dan was alles nou reg. Hulle kom mos weg met moord, ons agtergeblewenes

Oosieoos ·

Dit was logies dat hy vrygespreek word vir enige iemand wat die saak gevolg het en weet wat daar gebeur het. Sien vir sommiges gaan dit nie oor of jy skuldig is of onskuldig is nie maar oor velkleur voorkeur

Keelvol ·

Die regstelsel nie aan die swart mense se kant nie? NOU wat noem julle dan gister se uitspraak in die haatspraak teen Ou malema dan? Omdat dit n witman is wat verhoor moes word moet hy nou outomaties skuldig bevind word? Julle is belaglik…..

Suzette ·

Ek is baie bly dat geregtigheid vir Mnr Coetzee geskied het. Ek is egter bekommerd oor hom en sy vrou se veiligheid, want hierdie wesens gaan nie rus voor “hulle geregtigheid” geseevier het nie – hetsy dit sukses met die appel of lewensverlies is.

Swerwer ·

Ag asseblief, die wesens mag moor,afbreek en brand net soos hul wil maar wanneer 1 van ons in noodweer optree dan moet ons skuldig wees. Dit is die wesens wat verantwoordelik is vir die toestand in land.

N ·

Na gister se ‘kill the boer’ uitspraak is die seker maar regverdig?

Samuel ·

Van wanneer af moet die gereg aan die kant van swartmense wees? Of aan die kant van enige rassegroep?

Ivana ·

Ja deesdae is die reg en wette mos net vir die swartmense. Ek wens Julius en die hele EFF wil iewers in n dam gaan spring – verkieslik 1 met pirannas in.
Soos julle se die wet is vir reg en geregtigheid nie vir ras nie

Ansie ·

Die regstelsel is nie veronderstel om aan die kant van enige kleur mens te wees nie. Net nog ‘n voorbeeld van hoe “entitled” sommige mense hulleself beskou. Sou graag wou weet wat die sg. rassistiese boodskap was.

Wondermaarnet ·

As dit andersom was sou hulle bly wees en sing en dans. Ek is tevrede met die uitspraak.

Piet parys ·

As hulle opvoeding gekry het sou hulle broer homself in toom kon hou en nie mense aanval nie . So omdat dit n wit swart saak is dan moet die wit persoon volgens hulle skuldig wees .

Peter ·

Apelleer maar, die wiel het die keer reg gedraai en geregtigheid seevier

philippus ·

daar is definiesies van misdade, EFF moet hom van die eeu oue definiesies gaan vergewis. EFF moet ook nie vergeet, dat die persson wat gedood is, na n ander mens se huis gegaan het, en die man by sy eie huis aangeval het, nadat hy die eiendom onwettig betree het, dis n standaard uitspraak…al probleem was, die keer het n swart lyk op die grond gelê, nie die normale reel van n wit vrou of n ou wit boere oom nie, of n wit gestremde nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.