Lesufi by MRK verkla oor HS Jan Viljoen

Gemoedere by die skool het hoog geloop weens bewerings van rassisme. (Foto: Douglas Ngobeni/Facebook)

Die VF Plus het ʼn verslag by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien met bewyse dat die Gautengse LUR van onderwys, Panyaza Lesufi, die voorval op 11 Februarie 2022 by die Hoërskool Jan Viljoen misbruik het om onnodige rassespanning op te jaag tussen wit en swart skoolgemeenskappe.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders, wat as ʼn rasgedrewe voorval bestempel is, chaos by die skool veroorsaak het. Talle mense het daarna boonop na die skool opgeruk.

Lesufi het gevolglik die MRK versoek om die voorval te ondersoek, maar dít is nog nie afgehandel nie.

“Tog het Lesufi direk daarna ongestoord voortgegaan om wit Afrikaanse leerders en gemeenskappe te beskuldig van rassisme nog voordat die ondersoek ʼn aanvang geneem het,” sê adv. Anton Alberts, leier van die VF Plus in Gauteng.

“Hy het ná die voorval by die skool aangekom en groot groepe leerders, ouers en toeskouers by verskillende geleenthede toegespreek en uitsprake gemaak wat persone onder verdenking plaas sonder dat enige ondersoek afgehandel is.

“Hy het valslik die naam van ʼn wit Afrikaanse leerder genoem as synde die persoon wat die oorsaak is van die konflik. Dit blyk ook dat hy op valse gronde van die leerder se familie by die voorval betrek het.

“Verder het hy die wit skoolgemeenskap in die algemeen van rassisme beskuldig.”

Die VF Plus het bewyse van al Lesufi se uitsprake in die vorm van videomateriaal.

Private ondersoekers het intussen bevind dat ʼn derde party moontlik ʼn hand daarin gehad het om ʼn gewelddadige onderonsie tussen leerders aan te vuur.

Die ondersoekdiens het tydens sy ondersoek ʼn buiteparty geïdentifiseer “wat vooraf daartoe bygedra het om leerders by die skool te beïnvloed en om wrywing en chaos te veroorsaak”.

Die buiteparty, wat nog nie geïdentifiseer is nie, se optrede was glo doelbewus.

Die VF Plus het intussen die familie wat deur Lesufi geteiken is, se kant van die saak aangehoor en hulle bygestaan om hul weergawe van gebeure in die vorm van beëdigde verklarings by die MRK in te dien.

Verskeie ander getuies se verklarings is ook ingedien.

“Uit hierdie getuienis is dit duidelik dat die voorval wat gelei het tot die rassebotsing by die skool veroorsaak is deur leerders wat eenvoudig nie die skool se reëls wou nakom nie en wat geen respek het vir diegene wat die reëls moet toepas nie,” sê Alberts.

“Die oorsprong van die konflik handel eerder oor die gebrek aan dissipline en nie oor rassisme nie. Talle wit en swart leerders wat nie deel van die konflik was nie, het die konflik verdoem en beaam dat rassisme nie betrokke was nie.

“Dit is ook baie duidelik dat die Gautengse departement van onderwys geen poging aangewend het om die onderwysers, leerders en ouers voor te berei vir die aard van ʼn multikulturele skool waarin leerders van verskillende kulture, tale en sosio-ekonomiese agtergronde saam in dieselfde skool geplaas word nie.”

Alberts sê die breë skoolgemeenskap is aan sy eie lot oorgelaat en noudat dit op ʼn konflik uitgeloop het, wil Lesufi skielik rassiste vang en ophang terwyl hy juis daarvoor verantwoordelik was om die skool eerder voor te berei vir die nuwe multikulturele omgewing.

“Lesufi het weereens rassespoke opgejaag waar daar geen bestaan nie en het op dié wyse die skool en sy leerders in gevaar gestel, net soos wat die geval was met die Hoërskool Overvaal-sage.”

Die VF Plus sal die familie verder bystaan by die MRK tot die saak afgehandel is.

Die party hou tans die familie se identiteit geheim weens ernstige dreigemente teen hulle, wat glo vererger is deur Lesufi se optrede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

KatjieDeKat ·

Lesufi moet nou Regtig n slag persoonlik gedagvaar word!! Sy haat vir blankes gaan nog onskuldige mense se dood veroorsaak.

Papsak ·

Lesufi moet summier af gedank word want hy is n groot rassis regtig raak ontslae van hom vinnig GEMORS

Sarel ·

Hoog tyd dat van die Politieke Partye hulle werk begin doen. Gewoomlik moet Burgerregte Groepe al die werk doen

Theo ·

Lesufi het ‘n baie groot leemte in sy lewe, en dan is daar natuurlik ook die probleem dat hy nie kan hanteer dat Afrikaans medium skole top presteer nie.
Hy kan ook nie ‘n nuwe Suid-Afrika help bou met ‘n verouderde mentaliteit nie

Elize ·

Dagvaar die blou waks uit hom. Hy was ook verantwoordelik vir Anneke Smit se hel van 3 jaar. As hy sien jy het ‘n wit vel dan kom hy vir jou. Hy en Angie moet gaan. Hulle weet nie wat hulle doen nie!!

Toy ·

Mens raak nou ook regtig dik vir die rassisme, eks baie bly dat VF Plus iets doen daaraan. Hoekom wil Lesufi so graag moeilikheid maak tussen mense as daar net eenvoudig vrede kan wees.

domheks ·

ou lesoufieeee JY IS ‘N RASSIS.
Nou soek jy almal agter die deur omdat jy daar is.

annie ·

Lesufi is die boesem-buddy van Blade, minister van ondewys en leier van die kommuniste groepering (wat nie ‘n party genoem mag word nie omdat dit nie aan verkiesings onder die hamer en sekel wil deelneem nie) en lekker rugry op die glo so demokratiese ANC. Lesufi is ‘n kader so na Oom Sekel se hart en doen nes hy wil. Nou het hy ‘n stappie verder gevorder in sy droom vir die troonkamer… Al probleem is net baie ander droom ook, soos Diana eens gesê het: Dit raak bietjie te crowded vir vrede.

Jr ·

Wie gaan van hom ontslae raak? . Hy was mos ingestem as die cANCer leier in Gauteng deur sy mede kaders so om te hoop lesmurfi lephoofi word weggejaag gaan nie gebeur nie, solank die kommuniste in mag is. En Blade ( nie baie skerp nie) het by die sacp vergadering vir sy kommuniste vriende gesê dat as die cANCer uit gehaal is sal die wit mense weer die land weer vat. Een rassis is die ander se Johnny Walker chom. Gaan nie gebeur so ophou vra. Kap hom in die hof maar as persoon sodat hy nie ons tax geld kan gebruik om homself te verdedig. Ons betaal hom om rassisties te wees

Jannie van Niekerk ·

Andre Gaum en Chris Nissen se simpatie lê by Lesufi en hulle sal hom NIE vervolg nie.

Jannie van Niekerk ·

Presies. Kyk hoe vinnig het Gaum vir Steve vervolg. Die saak was nog nie eers aangemeld nie toe moet Stevce al pa staan. Dit was nou weliswaar nie rassisme nie , maar as dit by Malema en al die ander teen wit rassiste kom stel Gaum hulle dit 2000 jaar uit met die hoop dat dit vanself sal weggaan.

Manie ·

Lesufi word deur die ANC gebruik om onder Afrikaans sprekende Blankes se vel in te kruip en ons trap telkens in sy strik. Hoe minder aandag ons aan hom gee, hoe beter, hy hou daarvan wanneer ons geraas maak. Vat hom eenvoudig sonder groot boe of ba in die hof aan en gee hom daar pak.

Althes ·

Leer Lesufi ñ les wat hy nooit sal vergeet nie. Dankie Afriforum, hy viktimiseer wittes, toon boeliegedrag teenoor hulle en diskrimineer teen wittes. Verder hits hy emosies en konflik aan.

Jakes ·

As die ANC n nar soos Lesufi kan aanstel dan verduidelik dit die geloofwaardigheid en die denk vermoeë van die party. Ek ag hom op dieselfde vlak as Malema en meeste van die ANC LPs. Die spul van hulle hoort agter tralies.

DieKriek ·

Dis nie rassisties om iemand valslik van iets te beskuldig nie as die persoon toevallig van n ander ras is. Dis rassisties as jy hom aanval OMDAT hy van n ander ras is. Almal weet Lesufi is n rassis maar mens moet dit kan bewys voordat jy hom kan dagvaar.

@n0Niem77 ·

Lesufi is die definisie van rassis. Ongelukkig het hy n paar kaders in dieslfde gepeupel stal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.