Lesufi kap na Orania

Panyaza Lesufi, LUR van die Gautengse onderwysdepartement en voorsitter van die Harry Gwala-stigting, het weer klappe na die gemeenskap van Orania uitgedeel.

eNCA berig Lesufi het tydens ʼn kransleggingseremonie vir Gwala, ʼn aktivis in tyd van die struggle, gesê die Orania- gemeenskap is nie inklusief óf ʼn simbool van demokrasie nie.

“Ons verstaan hoekom die instelling op die been gebring is. Dit het nou sy tyd uitgedien. Dit is nou daardie plek wat bevry moet word en alle Suid-Afrikaners moet toegelaat word om te woon waar hulle ook al wil woon,” het Lesufi aan eNCA gesê.

‘n Skermskoot van Lesufi se twiet oor Orania.

“Ons sê nie ons wil saam met hulle woon nie, maar jy kan nie ʼn instelling hê wat gegrond is op taal of velkeur nie.”

Lesufi se opmerkings het ook ʼn storm op Twitter ontketen. Baie mense steun Lesufi se sentiment, terwyl talle ander – soms dalk uit onverwagse oorde – vir Orania in die bresse getree het. Een sosialemediagebruiker het gesê Lesufi het die skoolstesel in Gauteng geruïneer en probeer nou Orania bykom.

ʼn Ander skryf dat Orania ʼn nie-konfronterende houding het en dat daar op onderrig – nie uitlokking tussen rasse nie – gefokus moet word.

Joost Strydom, uitvoerende hoof van die Orania-beweging, het in reaksie op Lesufi se uitlatings gesê die Grondwet waarborg ʼn ruimte vir mense waarbinne hulle hul taal en kultuur kan uitleef. “Wat die storm rondom Lesufi betref: Dit is vir ons niks nuut nie. Ons kry gereeld kritiek van politici.

“Orania en ander soortgelyke gemeenskappe gaan al hoe meer relevant word. ʼn Goed georganiseerde gemeenskap wat vir homself kan verantwoordelikheid aanvaar, is beter. Ons is oplossingsgedrewe.”

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys en voorsitter van die Harry Gwala-stigting.

Oor Lesufi se opmerking dat Orania bevry moet word, sê Strydom dit is onnodig. “Ons lewe ons vryheid elke dag. Ons lewe vir iets, nie teen iets nie. Ons reg om só te leef mag ook nie as ongrondwetlik afgemaak word nie.”

Strydom sê pleks daarvan dat Lesufi ʼn gemeenskap soos Orania kritiseer, moet hy eerder kyk watter lesse daar by dié selfstandige gemeenskap geleer kan word.

“Mense soek ʼn gemeenskap waar hulle gelukkig en toenemend welvarend kan wees. Dit is vir ons sleg dat dit gereduseer word tot goedkoop politiek. Politici wat ʼn reeks sosialistiese mislukkings wil wegsteek moenie Orania as ʼn weerligafleier gebruik nie.”

Hy sê Orania is ʼn aktuele onderwerp en word toenemend meer aktueel, maar dat die gemeenskap gelyk gestel word aan apartheid en dan aangeval word. “Orania is nie apartheid nie.”

Strydom sê die gemeenskap wil graag ʼn goeie verhouding met Suid-Afrika hê en hét ook en dat ander gemeenskappe by hulle kan leer hoe om self verantwoordelikheid te aanvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Plaaskind ·

Weereens kwaad omdat hy misluk en ander wel iets kan laat werk. Siestog arme ding.

Anel ·

Hoe sê die engels, “jealousy makes you nasty”. Kan net vir die sot en sy gespuis lag.

Nie Verbaas ·

Lesufi, pla dit jou dat die onderwysstelsel in Orania nog 100% funksioneer omdat die ANC nog nie hulle verwoestende kloue daar kon inslaan nie?

Leoni ·

Liewe aarde! Daar is soveel ongelooflike probleme in hierdie land wat die ANC glad nie kan oplos nie; waarom probeer om die enigste iets in die hele land wat werk – Orania – te vernietig? Ek hoop die mense van Orania neem kennis van hierdie belaglike Lesufi se kommentaar en tref voorsorg.

Venter ·

Al hierdie uitlatings word gedoen sodat ons daarop moet regeer sodat mense dinge se wat mense in die moeilikheid laat beland ignoreer

Jacobus ·

Mr Lesufi. Just so you understand that we have taken note. In education you have messed up everthing that has crossed your desk. How many pit latrines stll exist in you aea of responsibility?
You intervened in food distribution and tried to bring it to a stop and you almost succeeded.
Now a fully fuctional area crossed your path and you had to get involved (Orania). Please stop, you can only botch it up like everything else.

Jaco ·

almal weet Lesufi hou nie van Afrikaans nie. Ek wonder net, wat dan nou van Kleurlinge wat ook Afrikaans praat (moontlik so 2 miljoen). Gaan hy nou lelik wees met hulle ook? Hulle was dan ook slagoffers van apartheid.

Danie ·

Lesufi. Leave Orania out. They dont bother you and keep to themselves.

BoerSonderRoer ·

Ek dink alle gemeenskappe in SA moet die Orania model volg.

Adri ·

Dit is van die beste advertensies vir Orania wat ek nog gehoor het. As die sot dit bestry, moet dit goed wees! Nou gaan ons mense juis daarheen wil trek.

Magda ·

Plaas JY eerder iets by hulle gaan leer – want duidelik is JY jaloers ou lefusieeeeeeee – hahahahahah

Frans ·

Dis sulke tyd die boer seun leke lag suid afrika was soos oranja gewees 1994 kyk hoe lyk hy nou Oranja is die hoofstad van suid afrika Haha

Shady ·

Ons is net n handjievol maar ons hou die meerderheid in die nag wakker…..

Kokerboom ·

Die gesegde”Leë blikke maak die grootste geraas” is hier van toepassing op die geagte kader

pieter ·

Die lesufi het n probleem met alles , wonder waar het dinge begin skeefloop vir hom ?.

Andre ·

“Ons sê nie ons wil saam met hulle woon nie, maar jy kan nie ʼn instelling hê wat gegrond is op taal of velkeur nie.”
MAAR julle kan werk vir mense gee wat gabaseer is op hulle velkleur? Of jy mag n regering he wat teen mense is agv hulle velkleur?
Altyd alles verander net sodat dit julle moet pas.
Wat het van mense se IK’s geword?

Andre ·

Dit moet bitter moeilik wees om te erken ‘n hele dorp onder blanke beheer werk beter as selfs Gauteng se onderwys stelsel.

Oujongvrou ·

Niks is erger as n dom mens wat dit nie weet nie. Moenie eers met hulle probeer redeneer nie.

Andries ·

Di hof besluit ras Mag as kriteria gebruik word vir toekenning van covid 19 hulp. Maar n ras wat niemand pla, afbreek en of afbrand indien daar n ‘betoging’ sou wees, is weer eens ni aanvaarbaar ni.
Sjoe, Mnr Lesufi, kan u asseblief uitbrei?
En terloops, hoekom is daar eksklusiewe swart konings, soos bv. Zoeloe, Venda ens wat ‘aanvaarbaar ‘ is??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.