Lesufi moet pa staan ná onnie onregverdig afgedank is

Die Pretoriase onderwyseres Anneke Smit (49) kan op 1 Augustus terugkeer skool toe. (Foto: Alexa Reinecke / Solidariteit)

Die Demokratiese Alliansie meen die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, moet rekenskap gee ná ʼn onderwyseres aan die Hoërskool Montana in Pretoria-Noord onregverdig afgedank is.

Maroela Media het vroeër berig Anneke Smit is valslik van rassisme beskuldig, geskors en in September verlede jaar onbillik afgedank. Dié saak is deur die vakbond Solidariteit namens Smit gewen. Daar is ook bevind dat sy skadevergoeding moet ontvang vir die tien maande wat sy nie kon werk nie.

Die hele herrie is ontketen nadat ʼn gr. 11-leerder in 2019 aangevoer het dat Smit haar ʼn “police monkey” genoem het terwyl sy eintlik die woord polisiemannetjie in haar klas gebruik het.

“Lesufi het Smit van rassisme beskuldig sonder enige bewyse teen haar, en haar gevolglike onregverdige afdanking dui daarop dat LUR Lesufi ʼn rassis is,” sê Khume Ramulifho, die DA se skadu-LUR oor onderwys in Gauteng.

Die DA het die uitspraak ten gunste van Smit verwelkom. “Dit moet ʼn leerkurwe vir LUR Lesufi wees om nie onderwysers onregverdig te behandel en sy mag te misbruik sonder behoorlike bewyse nie.”

Ramulifho sê Lesufi het nie net Smit se loopbaan verwoes nie, maar ook haar lewensbestaan en haar familie se sosiale en emosionele lewens.

“Smit se afdanking was niks behalwe ʼn persoonlike aanval deur LUR Lesufi nie. Hy het haar aansoek om appèl aan te teken teen haar saak van die hand gewys, selfs al was daar geen stawende bewyse vir die beskuldigings teen haar nie. Hy neig om vals beskuldigings te versprei, net soos sy onlangse kommentaar oor die DA se siening oor die voorgestelde Bela-wetgewing.”

Ramulifho voeg by die DA keur nie enige elemente van rassisme goed nie, maar glo dat niemand valslik beskuldig moet word sonder geldige bewyse nie.

“Die DA sal steeds die vordering van dié saak monitor om seker te maak dat Smit weer aangestel en ten volle vergoed word vir die 10 maande wat sy onregverdig afgedank is.”

Die DA sal ook voortgaan met sy stryd teen die Bela-wetgewing om seker te maak dat skoolbeheerliggame nie van hul mag gestroop word om te besluit oor skole se taal- en toelatingsbeleid nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Is daar nie ‘n regsgelelerde op Maroela Media wat Lesufi namens hierdie dame kan dagvaar nie?

Theuns ·

DA en sy behoort ook ‘n klagte by MRK te lê teen Lesufi. Hy maak ernstige ilafbreking van menseregte. Die MRK is altyd ooogretig vir rassisme ondersoeke en klagte sal hul forseer on lesufi te ontmasker vir sy ondermyn van menseregte.

Aries ·

Na ek die berig gelees het is daar net EEN NAR in hierdie taumatiese gebeurtenis vir hierdie onderwyseres en dit is beslis nie sy self nie- ek hoop die DA help haar ook met n groot seviele eis van naamskending en aantasting van haar eer en waardigheid

Tante Toekie ·

Gaan DA ook toesien dat die rassistiese LUR verwyder word?

Theuns ·

Jy grap. Hul behoort hom by MRK aan te kla en Eis vir naamskending namens die skagodfer van rassisme in te stel. Herltemal te ligte reaksie op blatante rassisme.

Koos 100 ·

Waaaattttt? Lesufi verantwoordelikheid aamvaar? Die son sal eers moet vries en die aarde andersom draai voordat enige ANC kader sal erken dat hy of sy verkeerd was!!

Nie Verbaas ·

En daar kry die dom rassis Lesufi n hele skottel vol “modder” in sy gesig. Kry vir jou, nar.

melaney ·

Ek onthou die Sweizer Renecke saak asof dit gister gebeur het. Sekere mense het ook die totaal onskuldige onderwyseres laat glo sy het rasisties opgetree. En nou hierdie storie? Tweegesig as jy my vra.

madels ·

Omdat rasisme so misbruik word, veral swart teen wit moet daar n wet geskryf word dat as iemand onregverdig onskuldig beledig is deur te lieg oor rasisme moet daardie persoon n drie dubbele salaris betaal word. Dit sal vinnig hierdie euwel stuit

Annelize ·

Dagvaar die laaste draad klere van Lesufi se lyf af! Tyd dat die rassistiese nar tot ‘n val kom.

Manie ·

Dagvaar hom in sy persoonlike hoedanigheid, dan kan hy nie staatsgeld gebruik nie. Indien sy die saak daar wen, dan dagvaar sy hom in sy posisie as LUR, want dan is die streep klaar getrek.

Yvonne ·

Regverdigheid geskied…..Dankie Solidariteit…gee die rassis n bloedneus

Alma ·

Maar as die kaders van iets beskuldig word, word hulle geskors met volle salaris elke maand. Dagvaar hom!

Andries ·

Skrik die DA nou eers wakker om agter te kom dat daardie LUR ‘n rassis is.

TO ·

Hy moet minder stir en eerder sy werk doen. hoop hulle dagvaar hom.

Jr ·

Dit maak my so kwaad. Die DA is altyd daar in volle mag “na die feit” Solidariteit doen al die harde werk en nie bang is om n saak te vat nie en in ry die ridder DA op sy wit perd nadat die draak verslaan is om nog brownie punte te wen en maak asof hulle die draak verslaan het. Hulle het dit ook met die vrouslaner Swart gedoen. Julle DA doen dit net vir politieke doeleindes. Skaam julle

Elize ·

As kinders in graad 11 nie die taal verstaan nie dan is ek diep bekommerd oor die toekoms van ons leerlinge.
Dagvaar asb vir mnr Lepoefie en die leerling en haar ouers. Ek dink hulle doen sulke dinge om geld uit mense te probeer kry.
Dankie Solidariteit

Vlooitjie ·

Ja ek stem en ek kan my indink hoe die ou dogtertjie se ma ook daar ingestorm het om haar kind teen die rassistiese juffrou te beskerm sonder om seker te maak van die feite. Gaan hulle haar ten minste omverskoning vra? Ek twyfel, gaan net aangaan asof niks gebeur het nie terwyl die juffrou se hele lewe omvergewerp is. Dit maak mens boos.

TRP ·

Ek dink nie ‘n hof het nodig om te bewys dat Lesufi ‘n rasis is nie, dit is ‘n algemene feit. Hy is gif vir hierdie land en in ‘n magsposisie. Hulle moet eintlik regskoste en die salaris van die onerwyseres van SY salaris verhaal, laat hy dit aan homself kan voel. So jammer vir al die seer en drama waardeur hierdie juffrou moes gaan.

Di ·

DAGVAAR Lesufi in sy persoonlike hoedanigheid. Die rassis moet vir eens en altyd op sy plek gesit word. As hy nie sy mond in toom kan hou, moet hy die gevolge begin voel aan sy SAK.

Willem ·

Enige skade moet eintlik van Lesufi persoonlikverhaal word.

Theuns ·

Lesufi moet gestop word. Sy onbeheerste openlike renons in alles Afrikaans is obsessie. MRK klagtes behoort ook gelê te word oor Lesufi. Sy onbedagte uitsprake is ernstige aanval.op menseregte. Nie geskik vir enige openbare posisie nie. Skande op die Vryheidsmanifes.

Vlooitjie ·

Wil ek ook weet. Hoekom word daar niks aan gedoen nie maar juffrou is vir die wolwe gegooi. Maar nee die kind sal beskerm word en net leer dat sy kan wegkom met dit en dat daar vir haar geen nagevolge is nie. Haar ouers en sy behoort daai jufftou in die oë te gaan kyk en omverskoning vra. Maar ja dis seker wishful thinking.

Mariana ·

Smit moet Lesufi nou dagvaar. Hy het haar loopbaan in gevaar gestel en ook haar gesin verontrief en haar ook skade aangedoen. Daai rassis moet ‘n slag boet vir wat hy doen en sê.

Jacobus ·

Dis fantasties DA – wat van die heer Mphithi (Schweizer) wat nou ‘n pronk as LV. Wees gelykhandig en pos hom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.