Lesufi ontstoke oor brandstigting by skool

Katlehong Primary School in Ekurhuleni (Foto: Panyaza Lesufi/Twitter)

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het Donderdag die gemeenskap van Katlehong in Ekurhuleni veroordeel ná brandstigting by ʼn plaaslike laerskool tydens betogings oor kragonderbrekings.

Lesufi het gesê sy departement sal nie weer die skool bou nie.

“Mense van Katlehong, dit is nou wat oor is van Katlehong Primary School, omdat die gemeenskap teen kragonderbrekings betoog. Dit is heeltemal onaanvaarbaar. Julle kan daarvan vergeet dat ons dit sal herstel,” het hy op Twitter gesê en foto’s van die skade gedeel.

Inwoners kla al die afgelope paar jaar oor kragonderbrekings en sommige sê hulle is al maande lank sonder elektrisiteit. Inwoners het begin betoog deur paaie met buitebande, wat aan die brand gesteek is, en klippe te versper.

Themba Radebe, woordvoerder vir Ekurhuleni, het gesê die gereelde kragonderbrekings is ʼn gevolg van onwettige verbindings en persone wat met kragkabels peuter. “Die aanvraag na elektrisiteit is baie hoër tydens die winter. Die hoë kragtoevoer wat by ons substasies registreer, kan ook toegeskryf word aan onwettige verbindings en persone wat aan die kragnetwerk peuter,” het hy aan die Sunday Independent-koerant gesê.

Volgens Radebe stel die departement van energie ondersoek in oor die inwoners se klagtes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Piet Snot ·

Maar Mnr Lesufi, hoe kan jy dan nou ontsteld wees?
Dis dan hoeka hoe jy en jou vriende hierdie land bevry het. Met die afbrand van skole en hospitale.
Of onthou ek nou verkeerd?

Marinda ·

Ek stem saam. Hoekom moet ons aanhou betaal vir die boosdoeners se lekkerkry misdade! Alle brandstigters moet vasgevat word veral die wat buitebande brand!

Natalene Visser ·

Uiteindelik sien hy die lig. Moes van die begin af die reël gewees het. As jy wil vandaliseer en afbrand, maak self reg, of bly daarsonder.

Skoolgeld ·

Nou skuif hulle net na nog ñ oorvol skool toe en word later met taxis na die wat nog funktioneer en geld deur die ouers betaal word aangery! Jy het hulle dan so mooi geleer by jou era skooliere Lesufi? Selfde met die treine, brand af en môre daag dit net weer by die skool op en demand!

Danica Zietsmann ·

Hmmmmm, nou gaan ons weer ander skole treiter om kinders toe te laat…….

Kobus ·

Wie gaan die prys betaal, nie die betogers nie maar die kinders wat veronderstel is om daat skool te gaan. Dit is die Regering se jarelange onbevoegdheid om teen die moles makers op te tree, Word mos beskou as deel van hulle regte om geboue. skole. universiteite ens aan die brand te steek. Dit is nou wanneer daar politiek politiek gespeel word.

Fanie ·

Net politieke grootpratery. As hy nie regmaak nie brand hulle ander geboue ook af. Wat het in Limpopo gebeur?

Manie ·

Nou gaan daar nog meer kinders wees wat hulle wil indring in funksionerende Afrikaanse skole deur voetsool politiek

Braam Maree ·

Dit was al lankal tyd dat so ferm opgetree moes word. Maak sommer ook werk met die onwettige krag verbindings

Spike ·

lusufi, julle het die kinders so groot gemaak. Dit is te laat.

Arak ·

Ja, presies, was hulle credo nie allermins, “Liberation before education” nie? Hoeveel skole en biblioteke is nie deur die ANC afgebrand nie, so ja, hulle is beslis so groot gemaak.

Murasie ·

Anargie, misdaad en vandalisme! Ou taktiek as jy verontreg voel. Hoekom doen mense dit? Dalk begin hy nou verstaan jy kan ie iets opbou as jou maatjies heeltyd afbreek nie!

Ben ·

Voel net jammer vir die leerders. Hulle het die minste van doen, ma betaal nou die hoogste prys. Hulle moet nou nóg verder stap om klasse te volg. Dankie tog pa en ma vir julle betogings en dat julle alles vernietig en afbrand!

SuidkusTannie ·

Hulle is mos lief om die reg in eie hande te neem en ai, kan nie hulle hande van vuur af hou nie. Hulle moet maar die brandstigters straf as die kinders nie skool toe kan gaan nie. Jammer die kinders se skool is daarmee heen.

marous ·

Wat jy saai sal jy maai ….in veertien landstale en in vinger taal en braille ook .

Ben ·

Voel net jammer vir die leerders. Hulle het die minste van doen, ma betaal nou die hoogste prys. Hulle moet nou nóg verder stap om klasse te volg. Dankie tog pa en ma vir julle betogings en dat julle alles vernietig en afbrand!

PJC ·

Dit gaan nie help om nou ongelukkig te wil wees nie. Dit was mos volgens hom reg toe hulle amok gemaak het by afrikaanse skole en eiendom beskadig en mense geintimideer en beseer het. Ek hoop die gemeenskap gee hom hêl.

Hanna Hoekom ·

Wonder hoeveel van hierdie “ontstoke inwoners” betaal enigsins vir die basiese dienste waaroor hulle nou so sielsongelukkig is. Laat ons maar nie raai nie…

Hennie ·

Die witmense is kwaad oor Lesufi se mond wat so vol haat is!

Jannie van Niekerk ·

Mnr Lesufi, dis JOU party se mense wat jare gelede gesê het: “Liberation before educatiuon”. Dis die mense wat vir jou Party stem wat hulle kinders grootmaak om alles aan die brand te steek. Kry vir jou meneer. Dis jammer dat mnr Lesufi Afrikaans so intens haat, anders kon hy dalk ons kommentare gelees het en dit ter harte neem.

Theresa ·

Hou by jou woord Lesufi. Dis hoogtyd dat drastiese stappe geneem word. Daar word altyd gemoan hulle het niks, maar hulle is altyd 1ste om dit wat hul het te vernietig en dan moan hulle verder. Koppe word ook nie lekker nie. 1 + 1 = 2 Hoor. Hulle dink nie verder as 2 minute nie.

Landie ·

Dink dit moet sommer die algemene reel wees vir alle saak beskadiging, skole, vervoer, hospitale ens. as jy dit afbrand/beskadig word dit nie vervang nie. Dra bietjie die gevolge van julle optrede, so maklik soos dit.

Marius ·

Dit is presies wat lesufi wil he dan kan hulle by ons skole ingedruk word.

Buks ·

As die gemeenskap die skade kan aanrig, laat hulle vir die herstel ook aanrig. Dan sal hulle dit wat daar staan, meer waardeer.
Hoekom geld spandeer om ‘n skool te herstel wat niks makeer het nie – terwyl ander areas skole dringend nodig het!
Aan die ander kant, hoekom raak ons so ontsteld oor sulke goed? Die verkiesing is verby, en die mense het hul sê gesê. Dit is hoe hulle dit wil hê.

hercu ·

in die samelewing is daar nie probleem kinders nie, daar is wel probleem ouers, volwassenes en ‘n onbevoegde regering wat die verkeerde voorbeeld stel en almal dink dit is die manier van lewe vandag!

dit is die vrugte van die hedendaagse vaderskap.. of die afwesigheid daarvan!!

Judge Dredd ·

Gerieflike verskoning – sy departement het nie geld/ bou te min skole – daarom dat hulle kinders in Afrikaanse skole wil inforseer.
‘n Afrikaanse skool sal nou oorgeneem word.

Attie. ·

Ek werk vir ‘n besigheid wat meubels maak. As daar weer ‘n kragonderbreking is gaan ek my werkplek afbrand.

PieterJohannes ·

Julle verstaan verkeerd. Alles wat jy verniet gekry het sal jy nie oppas nie. En dit is nie net skole nie, dis die hele land. “Easy come, easy go!” Hulle glo nie die geld kan opraak nie, en dit is al klaar op.

Erich Taljaard ·

Dit is wat hy wil he moet gebeur sodat hy die ander skole kan dwing om die leerlinge in te neem. Dis hoekom hy al maande lank geweld by skole aanmoedig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.