Lewenslange tronkstraf vir oupa wat kleinkind verkrag

Foto ter illustrasie. (Foto: SAPS Facebook)

ʼn 69-jarige man wat sy kleindogter oor ʼn typerk van drie jaar verkrag het, is vandeesweek in die Port Elizabeth-landdroshof in Gqeberha tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die kind het by haar ouma en oupa gewoon nadat haar ma in 2014 dood is. Die kind se ouderdom is nie bekendgemaak nie.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die man het sy kleinkind tussen 2016 en 2019 herhaaldelik verkrag.

“Die verkragtings het gewoonlik plaasgevind wanneer die ouma te veel gedrink het en stomdronk was.”

Die meisie het in Maart 2020 by haar ander ouma in Perseverance, ook in dié provinsie, gaan kuier en kon weens die Covid-19-pandemie nie na haar verkragter terugkeer nie.

Dis in dié tyd dat sy haar ouma ingelig het oor wat die afgelope jare met haar gebeur het.

Die oupa het onskuldig gepleit, hoewel sy vrou, die ander ouma en die meisie teen hom getuig het.

Die hof het die man skuldig bevind en hom lewenslank tronk toe gestuur.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Shakespeare ·

Hierdie “vonnisse” is belaglik. Lewenslank beteken hy kan vir “goeie” gedrag na 3 jaar vrygelaat word.

Nicolaas Hendrik ·

Lewenslank beteken hy moet vir 25 jaar sit voor parool

Die Boerepompie ·

Wens so die dood straf kan trug kom so dat die mese ge dood kan word wat die soord ding doen gedood kan word daai kind se lewe gaan aan en sal nie die selvde weesnie
soort

Hondjie ·

Glad ni.lees mooi en sien wat ek se.dat hy op sy ou dag nog tyd het vi dit op 69….

Chris dupreez ·

Goeie #$%^, ek kan nie glo wat ek lees nie. Dit raak nou net soos hulle korupsie, dit hou nie op nie.

Nico ·

Vandagse howe kan nie onderskei tussen moord, verkragting of renoster stropery nie.

Danie ·

“Vandagse howe kan nie onderskei tussen moord, verkragting of renoster stropery nie.”

Huh?
Het jy die berig gelees?

Sarel ·

Groot ouers moes versorg en veilige hawe skep.
Waar was die mense wat moes toesig hou of bestaan dit
nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.