ʼn Getroude man is Woensdagaand in Johannesburg vermoor omadat hy na bewering in ʼn liefdesdriehoek betrokke was.
Konst. John Serala, woordvoerder van die Moroka-polisie, het gesê die slagoffer, wat met twee vroue getroud was, het in Phiri in Soweto betrokke geraak in ʼn bakleiery oor ʼn meisie. “Die meisie se ander kêrel het tydens die bakleiery ʼn mes uitgeruk en die getroude man gesteek,” het Serala gesê.
Die man is na die Chiawelo-kliniek geneem, waar hy met sy aankoms dood verklaar is. Die ander man is in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
wat jy saai sal jy maai
Van al die plesier het dit nou die man se lewe gekos, jy lol nie met n ander man se vrou of meisie….Liefdes Driehoek” kan nie altyd werk, waar n 3 de persoon inkom, altyd probleme… Kry vir jou een vrou… en bly by haar… jammer vir jul verlies.
Hy het seker gereken as ons president so baie vroue kan hê dan kan hy ook – almal is mos gelyk!!