ʼn Jong man is Sondag in hegtenis geneem in verband met ʼn moord wat die polisie vermoed ʼn passiemisdaad was.
Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het omstreeks 02:00 in die Nxanxashe-nedersetting in Willowvale in die Oos-Kaap plaasgevind.
“ʼn 26-jarige man het na bewering uitgevind ʼn 31-jarige man is verlief op sy meisie. Die jonger man het na bewering die ander man oorval en met ʼn skerp voorwerp doodgesteek,” het Manatha gesê.
“Die Willowvale-polisie het spoedig gereageer toe die moord aangemeld is en het na die verdagte begin soek. Die verdagte is Sondag laat opgespoor en in hegtenis geneem.”
Die verdagte moet Dinsdag in die Willowvale-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie.
Moord het SA se Nasionale Stokperdjie geraak
Uitsonderlik? Nie die minste! Dis die manier van doen om jou ‘vyand’ uit die weg te ruim. Wat het van Dingane geword?