Liggaam gevind na kano in Knysna-strandmeer omslaan

(Foto: NSRI)

Die liggaam van ʼn man is Donderdag in die Knysna-strandmeer gevind nadat hy die vorige dag vermis geraak het toe sy kano omgeslaan het.

Jerome Simonis, Knysna-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man, vermoedelik in sy vroeë 20’s, se liggaam is na ʼn uitgebreide soektog deur verskeie rolspelers gevind.

Die NSRI is Woensdagmiddag na die toneel ontbied nadat die kanovaarder se vriend wat saam met hom gehengel het, tevergeefs probeer het om hom te red en self in die moeilikheid beland het. Hy is deur die NSRI gered en sterk in ʼn hospitaal aan.

Die NSRI het die vriend geprys vir sy vinnige reaksie en pogings om sy vriend te probeer red en sy medelye met die oorledene se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MJLS ·

Hartseer tragedie! Sterkte aan die familie en vriende van die afgestorwene.
Sterkte aan die vriend wat sy lewe gewaag het in die reddingspoging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.