Liggaam op kleinhoewe dié van outistiese seun

Malibongwe Dube (5) (Foto: Skermgreep)

ʼn Liggaam wat in Augustus op ʼn kleinhoewe in die Bronkhorstspruit-omgewing, Gauteng, aangetref is, is Sondag geïdentifiseer as dié van Lesley Malibongwe Dube (5), ʼn seun wat in Mei vermis geraak het. Lesley is outisties en boonop doofstom.

Lesley is op 9 Mei omstreeks 11:00 die laaste keer by sy ma se huis in die Zithobeni-nedersetting digby Bronkhorstspruit gewaar.

Volgens konst. Munyadziwa Ramovha, polisiewoordvoerder, het die polisie op 22 Augustus inligting ontvang oor oorskot wat op ʼn kleinhoewe digby Bronkhorstspruit gevind is. Saam met die oorskot was ʼn grys T-hemp en blou broek.

“Die polisie het DNS van Lesley by sy ma gekry. Dié het toe ooreengestem met die DNS van die oorskot wat op die kleinhoewe gevind is,” het Ramovha bevestig.

Die polisie het ʼn geregtelike doodsondersoek begin en ondersoek die omstandighede rakende Lesley se dood.

“Die polisie doen ʼn beroep op die gemeenskap om altyd van hul kinders se doen en late te weet. Leer hulle om nie met vreemdelinge te praat nie en om niemand anders as hul ouer(s) of voogde te vertrou nie. Moenie jou kind alleen tuis laat sonder enige toesig nie.”

Enigiemand met meer inligting rakende Lesley se verdwyning en dood kan die ondersoekbeampte, sers. Matlou Mabusha, by 071 675 7300 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Swerwer ·

Wreed, hoe kan so ‘n onskuldige kind se lewe van hom weggeneem word. Innige simpatie en meegevoel met die familie

Elize ·

Hierdie hemelkinders moet in spesiale sorg wees. Ouers is ook nalatig.

piet ·

Jy verwar nie dalk met Down Sindroom nie? Outisme is redelik algemeen, daar word gereken 1 uit elke 54 kinders in Amerika is Outisties.

Swerwer ·

Outisties of Down Sindroom, maak nie saak nie, hul sal /is/en bly ons hemelkinders.
Iemand wat nie so ‘n kind het om op te voed en te versorg nie, het nie ‘n benul waardeur ouers gaan nie. Maklik is dit beslis nie, maar met hulp van Bo doen ons ons bes om ons
Hemel kinders te beskerm

E ·

1 uit 54 kinders, sjoe dit is BAIE. Ek het nog nooit van dit gehoor nie, maar ja dis moeilik om die kinders veilig te hou, want wat jy ander kinders leer gaan nie hier werk nie. Beste is toesig, toesig, toesig.

piet ·

Die punt wat ek probeer maak, is dat Down Sindroom mense (algemeen bekend as “hemelkinders”) in omtrent alle gevalle spesiale sorg nodig het terwyl dit nie noodwendig verlang word vir outistiese persone nie. Down Sindroom mense is verstandelik gestrem, moet normaalweg na spesiale skole gaan, kan gewoonlik nie onafhanklik funksioneer in die samelewing sonder spesiale toesig nie, ens. Outisme is ‘n sosiale afwyking. Daar is natuurlik “grade” van die toestand maar gewoonlik is hulle nie verstandelik gestrem nie, gaan na gewone skole, studeer op universiteit, werk saam met ons en funksioneer soos ander “normale” mense in die samelewing. Elon Musk ly byvoorbeeld aan ‘n outistiese toestand.

Skappie ·

Ek weet ook nie kan ouers nie weet waar hulle kind was nie. Veral nog met sy geskiedenis.

piet ·

Dis nie te se dis die geval hier nie. Die polisie het dalk net ‘n algemene verklaring uitgereik met betrekking tot kinders wat verdwyn. Moenie so vinnig vinger wys en veroordeel nie.

Benita ·

So jammer vir die ou seuntjie. Here hulle is so onskuldig.

Chantel ·

Ag tog, so bitter hartseer. Daai klein lyfie. Sterkte vir die familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.