Liggaam van kleuter in puttoilet gevind

(Foto: Verskaf)

ʼn Driejarige seun wat Sondag as vermis aangemeld is, se liggaam is Maandag in ʼn puttoilet in die Tshino Ndiitwani-nedersetting in die Vhembe-distrik in Limpopo gevind.

Volgens kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die kleuter se oom hom Sondag tussen 07:30 en 08:30 die laaste keer gesien.

“Die polisie se soek-en-reddingseenheid, die honde-eenheid en nooddienste is ontbied en het ʼn soektog na die kleuter op sy oom se erf geloods,” sê Ledwaba.

“Een van die polisiehonde het in die nabyheid van die puttoilet gereageer, waarna polisielede begin het om in die puttoilet te grawe nadat hulle toetse gedoen het om vas te stel wat daarin kan wees. Die kleuter se liggaam is daarna in die puttoilet gevind en is aan die plaaslike polisie oorhandig.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het ʼn beroep op ouers gedoen om versigtig te wees en hul kinders met ʼn valkoog dop te hou.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Mieke ·

Dit is eenvoudig NET EEN TE VEEL!! Wanneer gaan die ANC wakker word en vir hulle mense iets begin doen!! Ai tog… die arme kind.

Henk ·

Sjoe, om DAAR te grou was seker nie maklik nie. Dit bewys die SAPD kan tog nog omgee.

Christine ·

Wat nie sin maak nie is dat die ANC steeds NIKS doen vir die mense nie, en STEEDS stem hulle vir die ANC!!!!!

Ronél ·

Wat ‘n aaklige, onstellende dood vir ‘n kind……………kinders word aan ons geleen……..

Di ·

Tragies! Ouers in gebiede waar put toilette is moet hulle kinders oppas! Daar is hoeveel kinders al dood agv hiervan

E ·

Ek verstaan nie iets nie, van my ouers en grootouers het op plase met puttoilette groot geword, ek onthou nie een verhaal van ‘n kind wat in ‘n put toilet geval en verdrink het nie. Seker om dat daar deure was en toesig. Ook al die gevalle van ou yskaste en motors. Sekerlik kan iemand in die gemeenskap die deure en die glas verwyder sodat niks kan toemaak nie. Gemeenskappe moet inisiatief, leiding en verantwoordelikheid neem.

Pietie ·

Put toilette MOES Al LANKAL iets van die verlede gewees het. Die arme kind. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.