Limpopo-komediant skuldig aan poging tot moord

Bundu (Foto: Kayrash Photography)

Ntambudzeni Rasendedza (40), van Lwamomondo in Limpopo, is 10 jaar tronkstraf opgelê in die Sibasa-streekhof. Die beskuldigde is ʼn komediant van Tshovhilingana, en die gemeenskap ken hom as “Bundu”.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê Rasendedza is skuldig bevind op aanklag van poging tot moord, ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

“Die eerste voorval het in Augustus 2019 gebeur toe Bundu sy meisie met ʼn houtstok en elektriese koord aangerand het. Hy het brandende plastiek oor haar liggaam gedrup en haar twee weke lank in haar huis toegesluit. Hy het vir haar slegs ʼn emmer gegee om te gebruik as sy haarself wou verlig.”

In die tweede voorval het Bundu die slagoffer met ʼn groot klip geslaan en haar been gebreek. “Hy het haar klere geskeur en haar kaal gelos.”

Bundu het skuld ontken en ontken dat hy die slagoffer gebrand het. Hy het aan die hof gesê sy het haarself gebrand en geval en haar been gebreek.

“Ter verswaring van vonnisoplegging het die staatsaanklaer aangevoer die misdryf is baie ernstig. Die staatsaanklaer het gesê die beskuldigde moet tronkstraf opgelê word wat ʼn duidelike boodskap sal stuur aan ander voornemende oortreders.”

Malabi-Dzhangi sê die NVG bly verbind tot vervolging in gevalle van geslagsgebaseerde geweld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Delia ·

Ek weet nie meer nie. Sekere mense se wreedheid het net geen perke

PersHeks ·

Ag hemel, is die mense met die duiwel besete!! Is baie bly hulle bêre hom!

Rudolf ·

Vonnis is skokkend onvanpas. Sommer weer gou uit op parool weens goeie gedrag, Kyk maar.

JohanR ·

Het sy Ma hom aangetrek? Ons weet nie die halfte van hoe meisies en vroue in SA ly onder mans in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.