Lisensie vir jou karradio? SAUK kan gaan doppies blaas

(Foto: Abhay Santhosh/Unsplash)

Suid-Afrikaners, wat reeds nie te fluks aan hul TV-lisensies betaal nie (net sowat 18% van almal wat ʼn TV-lisensie móét betaal, doen dit), is die harnas in ná ʼn kwansuise boodskap dat hulle voortaan ook moet opdok vir ʼn radiolisensie vir hul motors.

Hoewel talle sosialemediagebruikers vinnig deur die fopnuus gesien het, was ander veel meer agterdogtig – en diegene wat nog die verregaande verbod op die verkoop van gaar hoender en visplakkies onthou, het dalk vermoed dat dié belaglikheid dalk net die waarheid kan wees.

Sommige gebruikers het nie die boodskap geglo nie, maar nietemin gemeen selfs al is dit nie tans ʼn vereiste nie, is die boodskap bes moontlik versprei om die waters vir ʼn toekomstige radiolisensie te toets. In Suid-Afrika is min dinge immers onmoontlik.

Sou dít die geval wees, moet die SAUK dit dalk maar heroorweeg. Hy betaal reeds vir sy voertuiglisensie, tolhekke, motorversekering, voertuigdienste en die hernuwing van sy rybewys, skryf een verergde sosialemediagebruiker.

So “te hel” met ʼn karradiolisensie, sê hy.

Die boodskap wat die afgelope paar dae op sosiale media rondvlieg, lui: “Die SAUK is verheug om die bekendstelling van die nuwe SAUK-karradiolisensie bekend te stel.”

Dit lui voorts dat die SAUK weens sy dalende inkomste nou na nuwe maniere soek om geld in te vorder. En luidens die kennisgewing is ʼn karradiolisensie net die ding om dit reg te kry.

Die kwansuise kennisgewing bepaal ook dat ʼn motorradiolisensie jou jaarliks R401 uit die sak gaan jaag en dat daar van alle Suid-Afrikaners wat voertuie met radio’s in het, verwag word om die radiolisensie te alle tye by hulle te hou. Die lisensie kan op die SAUK se webwerf, by die poskantoor, of by ʼn motorhandelaar aangeskaf word.

En om Suid-Afrikaners net verder die hoenders in te maak, lui die kamma-kennisgewing dat versuim om ʼn karradiolisensie te wys wanneer jy by ʼn padblokkade voorgekeer word, jou ʼn boete van R750 of 90 dae agter tralies kan besorg.

Die SAUK slaan sedertdien vure dood en het Suid-Afrikaners die versekering gegee dat die kennisgewing fopnuus is.

“Die SAUK het geen mediaverklaring uitgereik waarin ʼn openbare aankondiging oor lisensies vir motorradio’s gedoen word nie,” sê Mmoni Seapolelo, woordvoerder van die openbare uitsaaier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Wondermaarnet ·

Ek besit nie ‘n TV nie, want ek weier om ‘n sent aan ‘n “useless” instansie soos die SAUK te betaal.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SABC moet eerder vir donasies vra. Hulle sal dalk meer sukses daarmee behaal.

SwartBees ·

Dis SA…… waar n rokie trek is n vuurtjie.

Die (skelm) mentaliteit van ons leiers moet nie onderskat word nie.

Sobymykoolkop ·

Hulle kan dalk party van
” ons ” se leiers wees baie BESLIS nie myne nie.

JohanR ·

As ek na ‘n tv will gaan kyk soos die Stormers teen die Bulle, dan gaan ek na ‘n restaurant sit lekker en eet en drink ‘n bier of twee en gaan huis toe. By die huis is geen tv maar ek hou baie van lees en kry my boeke verniet by die bibketeek. Dan het ek my skootrekenaar waarop ek flieks kan kyk. Kan ons verwag dat nie lank sal wees enons lisensie moet betaal op kompers?

Pierre ·

Dis n fake en kan baie maklik gesien word, radios word reeds onder tv lisensies gedenk, tweedens die sins bou is ameteuragtig om die minste te se, derdens “product” moet “produce” wees so niemand sal vir jou n lisensie kan product nie so almal sal skuldig wees, lekker lag ek nou.

Marthinus W ·

Iets wat nog fopnuus is: op Monitor in die oggende hoor ons “SAUK-nuus, onafhanklik, onpartydig”. Hulle is beslis nie onpartydig nie.

Pieter ·

moet nie ‘n diens beskikbaar stel en dan geld daarvoor eis, net omdat ek perongeluk daardie diens dalk mag kry… Dis soos ons wat betaal vir ander se krag, maar ons self kan dalk krag ontvang want ons het ‘n kabel…

Blomkind ·

Enige belaglike kommin idees om geld te maak. Ons gaan seker nog een van die dae vir geld gevra word oor ons asem haal…Gaan vlieg man al is dit n fake of waar storie…

Papsak ·

Ek sal nie n kar radio lisensie uit haal nie julle is heeltemal nou van julle breins af stop n bietjie julle wil net geld maak uit alles uit ek haal my kar radio uit regtig want hulle our people raak vertraag nou regtig hier nie werke nie maar hulle sien net geld geld geld regtig siek man

Koen ·

Los jou papsak en betaal jou motor radio license. Die speedcops gaan vir jou daarna vra. Hulle sluit jou toe as jy dit nie kan wys nie. ????????????????????????????????

Papsak ·

Niks is so korrup soos die SAUK en ESKOM nie kan sien wie beheer die plekke

Samuel ·

Waaroor gaan die mense so aan?? Hulle het gister reeds gesê dit is fopnuus.

Patch ·

Mense lees en luister half.
Agter osse kom ook in die kraal….vat net bietjie langer ☺

Pieter ·

Kan nie glo die man wat die video versprei het, het nie eers sy huiswerk gaan doen en opgevolg oor die egtheid van daai brief nie. Mense julle moet regyig dit oorweeg om TikTok te gebruik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die spietkops het reeds die omkoop tarief bepaal.

Henry ·

in die ou dae het inspeteurs na jou huis gekom om te kyk of jy n tv lisensie het
maar alles het mos verval

Nico ·

Hierdie nuwe inding van motor radio lisensie sal van toepassing wees die taxi’s en die parlements lede. Die taxi’s sal nie betaal nie, dit is nou ‘n ander manier om die SAUK uit die gemors te kry, gaan kyk in die township hoeveel TV’s daar is wat geen lisensie het nie ook in die wit huishoudings. SAUK moet mense rond stuur om ondersoek in te stel of elke huishouding ‘n geldige TV lisensie het.

Lillian ·

Ek is seker ‘n paar geregsdienaars sou met blou oë geloop het as dié storie waar was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.