Loop lig vir haaie in dié gebiede

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Oleksandr Sushko / Unsplash)

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) waarsku inwoners aan kusgebiede in die Suid- en Oos-Kaap om paraat te wees wanneer hulle in die see is, aangesien verhoogde haai-aktiwiteit langs die kuslyn opgemerk is.

Baaiers, roeiers, brander- en lyfplankryers asook vlieërbranderplankryers word veral gemaan om versigtig te wees.

Luidens die NSRI se verklaring is verhoogde haai-aktiwiteit die afgelope paar weke langs die kuslyn van Mosselbaai tot Plettenbergbaai in die Suid-Kaap, en van Stormsrivier tot by Tsitsikamma in die Oos-Kaap opgemerk. Dié aktiwiteit kom voor tot in Jeffreysbaai.

ʼn Groot haai is Woensdag in die branders by Secrets Beach in Jeffreysbaai opgemerk. Branderplankryers wat ten tyde van die voorval in die see was, het die water egter sonder probleme verlaat.

“In samewerking met plaaslike munisipaliteite doen ons ʼn beroep op die publiek om paraat te wees wanneer hulle in die see in dié gebiede swem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

As jy nou weet van die spykerbekke en jy gaan nog in die water in is jy of braaf of uiters dom of jy is moeg vir die lewe.

Colin ·

Mens kan seker dieselfde redeneer om in ‘n voertuig op ons paaie te klim

SjN ·

Colin, jou kanse is baie groter om vermoor te word deur ongewenste elemente as om deur n haai gedood te word!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.