Los eers hofsake oor kragkrisis – presidensie

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat ‘n minister van elektrisiteit aangewys gaan word. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het by monde van Vincent Magwenya, woordvoerder van die president, ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om hul politieke en ideologiese verskille opsy te skuif en hul steun te gee aan pogings om die kragkrisis behoorlik te pak.

“Dit is nie nou die tyd vir vingerwysery of polities gedrewe hofsake nie. Dit is tyd om verby ons ideologiese en politieke verskille te kyk; ʼn tyd om saam te werk vir ons land en in die belang van almal om die ekonomie te laat groei en mense se inkomste vol te hou.

“Die president verwag dat selfs diegene met voorbehoude oor die benadering wat hy volg, skouer aan die wiel sal sit omdat ons uiteindelik almal na dieselfde doelwit werk.”

Die DA en die organisasie Solidariteit het kort ná die aankondiging oor die ramptoestand aangedui dat hulle dit in die hof sal betwis. Die DA voer aan dat hy gevra het vir ʼn spesifiek beperkte ramptoestand – net vir Eskom – en nie ʼn formele ramptoestand vir die ganse land soos Ramaphosa aangekondig het nie.

Solidariteit voer op sy beurt aan alles wat die president in sy staatsrede aangekondig het (en met ʼn ramptoestand wil bereik), kan reeds met bestaande wetgewing gedoen word.

Daar is veral kommer dat die ramptoestand, nes tydens die Covid-19-ramptoestand, gebruik gaan word om die staatskoffers te plunder.

Magwenya sê egter verskeie maatreëls is ingestel om enige vorm van misbruik in die kiem te smoor en dat die president van wetstoepassingsowerhede verwag om vinnig in te gryp waar enigiemand die situasie probeer uitbuit.

Nuwe minister betrap ANC ‘onkant’

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie. (Foto: Twitter)

Daar word nou al weke lank bespiegel oor ʼn verwagte kabinetskommeling, met ʼn nuwe minister van elektrisiteit wat nou ook tot die mengsel gevoeg word. Ramaphosa het verlede week in sy staatsrede die nuwe portefeulje aangekondig wat geskep is in ʼn poging om die voortslepende kragkrisis te pak.

Sunday Times berig die aankondiging oor ʼn elektrisiteitsminister het verskeie ANC-leiers onkant betrap, met talle wat onseker was oor presies wat dié minister se rol gaan wees. Die ANC het onlangs besluit dat Eskom na die departement van minerale hulpbronne en energie (onder leiding van Gwede Mantashe) verskuif moet word.

“My begrip van die president se ingryping is dat ons dit moet benader as ʼn projekbestuur-ingryping sodat ons beurtkrag kan bestuur,” het Mantashe volgens die Sondagkoerant gesê.

Volgens hom verander dit niks aan die feit dat daar beoog word om Eskom onder sy bestuur in te skuif nie.

Volgens Magwenya is Ramaphosa deeglik bewus van die dringendheid waarmee hy kabinetskommelings moet afhandel – en dit geld ook vir die aanwys van ʼn nuwe minister van elektrisiteit.

“Binnekort, betreklik gou, sal hierdie aankondigings gedoen word. As ons net ʼn bietjie geduldig kan wees. Die president dink hieroor en het begrip vir die omvang van die krisis en die dringendheid waarmee hy sy kabinetspan moet aanwys.”

‘44 van EFF’ ontwrig parlement

Met verwysing na die EFF se ontwrigting van die president se staatsrede Donderdag – en of Ramaphosa vir sy lewe gevrees het – sê Magwenya die president het deurlopend selfbeheersing getoon en opgetree soos iemand wat vasbeslote is om die land se probleme op te los en aanspreeklik aan mense te bly.

“Die ontwrigtende tonele, gelei deur die EFF in die parlement, het ʼn ongelukkige en ontstellende permanente kenmerk van die staatsrede en ander parlementêre bedrywighede geword.

“Uit die 400 lede van die parlement is net 44 se gedrag onvanpas vir wetmakers, skadelik vir die beeld van die land en ʼn skending van die regte vir die meerderheid van die kiesers wat nie vir die 44 gestem het nie en verkies om geensins die ontstellende tonele wat die president se toespraak voorafgaan, gade te slaan nie,” sê Magwenya.

Hy sê die EFF-LP’s se gedrag is ʼn saak vir die parlement om deur sy reëls en prosesse te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Pierre ·

Die EFF se gedrag word verduur en goed gepraat deer nie beslusend op te tree nie, hulle doen maar net in die parlement wat hulle daaagliks op straat doen, totale anergie.

Manie ·

Die hof is moontlik die enigste plek waar ‘n mens julle kan dwing om iets te doen, andersins is julle eenvoudig treurig.

JohanR ·

Oe my gooiste al weer die ou met sy blah blah blah! Moes jy nie al 8 jaar gelede gekyk het na Eskom?

Papsak ·

Nee hulle bang die EFF daarom hulle dit gedoen wat hulle elke dag op straat ook doen want orals wil hulle gesien wees en kom niks oor nie hulle het alles op gefoeter dit nie ons skuld nie hulle moet sord dat dit reg kom

Elma ·

Rerig Rampies? Maar die politiese praatjies is heeltemal in orde in ons skole, universiteite, werksplekke???

M ·

Absolute, chaotiese, wanordelike en hopelose poging in Krisis-bestuur !!!

Koos 100 ·

Regtig?? Die kragkrisis is as gevolg van direkte ANC inmenging, en nou moet almal help??? CR jy het 10 jaar gehad om dit op te los en jy het minder as niks gedoen.
Dan is die EFF ook ‘n direkte gevolg van die ANC en sy vermoë om sy lede te beheer, en nou speel julle die slagoffer?
Die hele ANC moet maar opsy staan.

Sarel ·

Hoekom…as die ANC en daarby die Regering
voortgaan met sy Politieke Ideologie

Rocco ·

Die ‘ramptoestand’ is net tot voordeel van die ANC. Ek sien daarna uit om te sien wat die ANC regering gaan doen, die 20ste Maart wanneer die EFF dreig om die land tot stilstand te bring. Gaan Ramaphosa die ramptoestand gebruik om die EFF in die bek te ruk. Ek twyfel

Kirst ·

En hulle sit Eskom onder Mantashe, wat welbekend is daarvoor dat hy nie steenkool wil laat vaar nie. Daar is te veel van hulle wat bemagtig word (lees onregverdige voordeel trek) deur lewering van steenkool aan kragstasies.

Jessey ·

Die Land is al van 2008 af geduldig, en daar word nog altyd gevra vir geduld en gegee. Die is ‘n absolute RAMP, en ek kan verstaan hoekom daar hofsake is. skrik wakker ANC, die land s egeduld is op en ek is nie meer lus om skouer aan die wiel te sit vir julle gemors. ” Doen dit self en dit sal gedoen kom”

Amelia ·

Maar ramapaosa mos laas jaar ook gese eskom is binne 12 tot 18 maande ten volle in werking sonder beurtkrag nee wat hy blablabla ne almal moeg vir lee beloftes Hoekom kry ek gevoel russe ook hier vinger in “pie” en dat hy alreeds die nuwe minister al lankal in oog het

Sobymykoolkop ·

As hulle nie APARTHEID kan bysleep nie DAN is dit tyd vir NIE vingerwys verskoning nie

Hoekom ·

“Die ANC veroorsaak die probleem maar verwag almal anders moet saamwerk om die probleem optelos…”

Christo ·

Nee, moet dit nie los nie. Roer hulle in die hof, want hulle is useless. Die probleem het nie oor nag op gedok nie, dit kom al jare en hoekom sal die ANC nou dit op los as hulle dit nie van tevore kon doen.

Jacobus ·

Hierdie kommunistiese ANC is te useless om enigiets op te los. Ramaphosa is al van Zuma se dae aangestel as voorsitter van n kommitee oor beurtkrag en nou is hy president! Hy is bang vir hofsake want dit kan dalk sy planne met die Motsepe skoonfamilie saam met die Russe en Arabiere in die wiele ry. Vat hulle hof toe en haal pokitiek uit Eskom. Diskonnekteer die wanbetalers en laat soveel as moontlik private kragopwekkers toe. Probleem opgelos.

Vonkprop ·

Mense hou op naïef wees. Die EFF en ANC is een beweging, een groep, een party. Die ANC gebruik die EFF om almal se aandag op die EFF te hou sodat die ANC hulle planne kan uitvoer. Hoekom tree die ANC nooit teen hulle op nie? Hoekom sit die president daar met ‘n glimlag terwyl chaos in die parlement heers tydens SONA? Met die EFF wat so aangaan lyk die ANC eweskielik nie so erg nie en lyk die ANC amper professioneel en in beheer in vergelyking met die EFF. In my opinie die perfekte rookskerm. Hulle werk saam en ek wag vir iemand om my verkeerd te bewys. Hierdie samewerking tussen die EFF en ANC in die provinsies is maar net die begin om ons te begin sagmaak.

57 Chevy ·

Jy is absuluut reg …..ons moet wakker slaap die tekens is reg voor ons oë

CHRISTINE ·

Gaan hulle dan ophou om die vinger vir alles na Apartheid te wys, wonder ek.

Casper ·

Politieke en ideologiese verskille,praat jy agbare president.Mnr die presteer., regstellende aksie,SEB,diskriminasie teen blankes is ideologieë en politieke siening van die ANC.Julle het die gemors veroorsaak nie apartheid nie.Jaag Mantashe weg asseblief.Minister van elektrisiteit,hoe belaglik.

annie ·

Dit is juis die ANC se geliefde sosialisme; die vasklou aan staatsbeheer dat die probleem ontwikkel het. Demokrasie is vervang met ‘n afro-outokonkoksie. Almal wat die probleen gesien en wou help oplos, is weggeboelie. Net die ANC weet hoe en sal alles beheer. Nou moet almal verbykyk sodat buitegroepe misbruik kan word. Die ANC soek nie ander se kundigheid nie net hul geld. Cyril volg nou Biden na met brabbelende woordvoerders wat self nie ‘n snars verstaan waaroor hul aanhou babbel nie.

Chris ·

Haal nog US$ onder jou rusbank uit en help vir Eskom – eers dan sal ek begin dink dat jy dalk jou korrupte streke gelaat het en wil help. Indien jy dit nie doen nie kan jy vir ons vertel of al die ander plekke waar jy US$ gestoor het so vol geraak het dat jy dit in meubels moes begin wegsteek. Skandelik dat hierdie die “beste” verteenwoordiger van die land moet wees en almal kyk ander pad.

Ettienne ·

Die sake gaan oor die ramptoestand Mnr die President, nie noodwendig die “kragkrisis” nie. Nog ‘n briljante stuk Rama-spin. Skep die narratief dat die opponente nie die belange van SA voor opstel nie. Sy leuens en spin is nie eers effektief nie, foeitog…

Nico ·

Wie is die EFF wat kan doen net wat hulle wil en niks word daaraan gedoen nie, is die EFF verhewe bo die gereg, wat goed is vir ander is dit goed vir die EFF. Word groot en kry verstand.

Nico ·

Ramabosa wat kan die publiek doen as julle niks aan die saak doen nie, los bie publiek uit kyk na julleself wat geen beurtkrag het nie.

Nico ·

Waarom nog ‘n minister aanstel terwyl SA alreeds in die moeilikheid is daar is nie fondse om vir nog ‘n minister ‘n salaris van miljoene rand te betaal.

Di ·

AL wat Rampie doen is DINK DAAROOR dis hoekom ons in hierdie posisie sit! Die spul narre het GEEN IDEE hoe om hierdie korrupte spul om te keer nie. Meeste van die skelms sit BINNE ESKOM en kan nie uitgedryf word nie. De Ruyter het dit duidelik gestel dat sy eie lewe sowel as sy familie bedreig word agv die feit dat ANC KADERS binne Eskom aangevat word oor die korrupsie. Ons doodsteek het gekom met “Staatskaping” waar ESKOM, DENEL, TRANSNET, SARS, Poskantoor en SAA oorgeneem is deur skelms!

Papsak ·

Hy weet hy het probleme oor hierdie skending van mense regte oor krag daarom keer hy laat dit nie hof toe moet gaan nie

Yvonne ·

Wie kan n woord glo wat die ANC kwyt raak….hulle het hulle self oor en oor bewys…skuldige gewetes of wat???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.