Los staatskaping, dit was ‘landskaping’, sê DA

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se onthulling, onder eed, dat die ANC se beleid van kaderontplooiing tot in die private sektor strek, is “enorm”. Dr. Leon Schreiber, die DA se woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê dit is ʼn aanduiding dat die term “staatskaping” moontlik hopeloos onvoldoende is om die gevolge van die ANC se kaderontplooiing te beskryf.

Ramaphosa sê in ʼn beëdigde verklaring wat in antwoord op die DA se hofsaak oor kaderontplooiing ingedien is, dat die “kaderontplooiingsbeleid geld vir … leierskap in belangrike instellings, insluitend in die private sektor”.

“Die president van die ANC en van ons land het nou bevestig dat die beleid in die openbare en private sektor ingespan word om die doelwitte van sy party te dien,” sê Schreiber.

“Die term ‘landskaping’ is dalk meer gepas as ‘staatskaping’ om te beskryf hoe die ANC die staat en private sektor gekorrupteer het.”

Schreiber sê die president se verklaring is die begin van ʼn heel nuwe stryd in die DA se oorlog teen staatskaping. “Uit die notules van die ANC se nasionale kaderontplooiingskomitee wat die DA vroeër vanjaar blootgelê het, is dit duidelik dat die komitee by die aanstellings van minstens 84 verskillende staatsdepartemente en private instellings ingemeng het.”

Die notules is net vir die tydperk tussen 2018 en 2021 en skets nie ʼn volledige prentjie nie.

Die DA vra in ʼn afsonderlike hofaansoek dat die volledige rekords vir die afgelope dekade bekend gemaak word sodat gesien kan word watter aanstellings in die private sektor “op aandrang van Ramaphosa se ontplooiingskomitee gedoen is”.

Die party sê voorts Ramaphosa se verklaring is ʼn aanduiding dat die DA moontlik afgekom het op die eerste bewyse van die “grootste rampokkeryset in die geskiedenis van Suid-Afrika”.

“Indien, soos Ramaphosa onder eed verklaar, die ANC sy posisie as regerende party onbehoorlik gebruik het om senior aanstellings by private maatskappye te beïnvloed, sal dit die ANC in staat stel om te verseker dat daardie lojale kaders private maatskappye misbruik om geld, werksgeleenthede, tenders en ander gunste terug na die ANC te stuur,” sê Schreiber.

Die DA wil nou ook vasstel of die beleid oor swart ekonomiese bemagtiging, “waarvan Ramaphosa die grootste begunstigde is”, gebruik word as ʼn dekmantel om ANC-kaders te ontplooi om “instellings in die private sektor te kaap”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Blikkies ·

Het nog nooit nie en sal ook nooit enige ANC lid vertrou nie. Jy kan geen woord glo wat hulle sê nie.

Cherokee ·

De Villiers en B-Man, julle is albei geduimaf deur ‘n nie-DA-lid. Hulle doen vele kere waardevolle werk, wat waardeer word.

Mariana ·

Daar is net een oplossing en dit is om by die stembus ontslae te raak van die ANC, maar heelaas het hulle daar ook ‘n hand in die stembokse. Die dag toe hierdie land oorhandig is aan hulle was die begin van die einde van SA soos dit was. Al wat oor is, is ‘n hool. Ons eens pragtige land val uitmekaar.

Ian ·

Geen wonder alles in die land is in sy kanon in nie. ANC doen ons land en sy inwooners n guns en stap weg van alles waarin julle betrokke is. Die land is stukkend. Laat die jeug nou inkom en dit regmaak vir hulle kinders. Julle is almal in elke geval te oud.

B-Man ·

Vir ons, ja. Kom ons hoop dit dring deur die ANC-propaganda na die arm man en vrou op straat wat keer-op-keer vir hulle bly stem.

Pieter ·

ANC is ‘n kriminele organisasie. Mafia. Beter dat hulle verdwyn soos by Bloedrivier.

Oosieoos ·

Die skelms het reg van die begin af dit beplan en die siek wereld het daarvoor geval maar sal dit nie erken nie te lafhartig

Manie ·

O ja, hulle het daarvan geweet en vreet net so lekker uit die staatstrog soos die res.

Kobus ·

Agbare president, dit mag so wees maar die verskil is dat bekwame mense in die privaatsektor aangestel was. Daar is strukture en prossesse in plek om mense uit hulle poste te verwyder indien hulle nie aan die vereistes voldoen nie, dit gebeur egter nie in u regering nie. Ek het ‘n paar name indien u sou belangstel. Die privaatsektor kan ook nie meer kaders aanstel nie want die BEE beleid wat slaafs toegepas word verhinder die proses.

Johann ·

As hy onder eed sy magsmal najaag van anargie beken….wat doen hy en sy comrades in die donker? SLU SKELM LEUNAAR!

Cherokee ·

Hoe Leon Schreiber, sluit dit wat hier vertel word, aan by die feit dat die staatspresident ‘n pos beklee wat veronderstel is om neutraal te wees? Hy mag lid wees van die ANC as CR, maar nie amptelik as staatspresident.

Geert ·

Genade hoe kan die staat besluit oor hoe die privaat sektor se werksmag lyk, dit is tog absurd. En nog erger waarom laat die land se mense dit toe. Wat is dit wat Ramaphosa en sy kaders nie kan verstaan nie. Beteken n demokrasie die ANC is die koning en almal sal maak soos hulle sê of is n demokrasie veronderstel om te beteken die mense regeer.

Papsak ·

Raak net ontslae van hierdie spul wat hulle die ANC REGERING noem groot ASB!!!!!!!

Nico ·

Die benaming van staatskaping en landskaping is dieselfde begrip.

Tiny ·

Elke woord wat uit daardie gespuis se bekke kom is leuens. As ek iets op tv kyk en botterdief se bakkies kom op, dan sit ek af. Alles om ons verval en ons sit maar net en boggerol doen aan dit nie. en as mens jou uit spreek oor iets of iets wil doen aan die situasie, moet jy in die hoek gaan staan. Ek het darem nou al geld gespaar vir ‘n vlieg kaartjie hier uit waneer die ligte finaal uitgaan…

Jasmyn ·

Ek is in 1992 afbetaal by Nasionale Intelligensie. Die rede wat hulle angevoer het is dat ek nie onder druk kan werk nie. Die laaste dag wat ek daar in diens was stap ek verby die oop kas waarin my persoonlik leêr lê… my leêr lê heelbo. Ek neem dit, maak dit oop en kyk wat aangaan. Ek vind dat hul kritiek van “kan nie onder druk werk nie” toegeplak is met ń A4 bladsy en toegestaple is sodat niemand dit kan lees nie…. ek het baie vrae. Daar is ook ń nuwe bladsy ingevoeg wat aandui dat ek vrywillig bedank het. (So hulle kant is skoon!!). Terwyl ek stap om almal te gaan groet vang my oog ń brief op die toonbank waarin beveel word dat 900 Blankes afbetaal moet word om plek te maak vir 900 Swartes. Werklik…. as hierdie nie landskaping is nie wat is dit anders???? Het hierdie 900 Swartes wat aangestel is regtig die nodige opleiding en kwalifikasies gehad om in die Intelligensiediens te gaan werk???? Vandag is daar so te sê geen Blankes meer in die Intelligensiediens oor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.