LUR na skool waar seun hoof glo geskiet het

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng. (Foto: GDO)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, sal Maandag ʼn besoek by Primrose Primary School in Germiston aflê waar ʼn 13-jarige leerder die skoolhoof Vrydag na bewering geskiet het.

Die 51-jarige skoolhoof word steeds in ʼn plaaslike hospitaal behandel.

Die gr. 6-leerder is Vrydagoggend in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort op aanklag van poging tot moord in die Germiston-landdroshof verskyn.

Chiloane sal tydens sy besoek vandag met die skoolbestuur en beheerliggaam vergader, terwyl beraders van die departement die nodige ondersteuning aan leerders en personeel sal bied.

Maroela Media het vroeër berig die voorval het glo plaasgevind toe die skoolhoof leerders Vrydagoggend in die voorportaal sien sit het, en hulle opdrag gegee het om hul werkboeke uit te haal en te studeer.

Die seun het glo in reaksie iets gemompel, maar die skoolhoof het hom blykbaar geïgnoreer. Hy het die betrokke leerder later weer naby die personeelkamer gesien, waar die kind glo ʼn vuurwapen uitgehaal en hom geskiet het.

Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

Geen disipline, bring lyfstraf terug, al manier om hul ore oop te maak.

Anel ·

Disipline, disipline, disipline!! Maar dis mos masr die tendens. As iets nie na my sin is nie of as ek aangspreek word dan brand ek af, of vernietig eiendom of nou maak ek sommer maar dood. Dankie aan die a en c! Dis bloed aan julle hande!!!

Kweperlat ·

Dis asof hedendaagse owerhede totaal stiksienig is rakende die oorsake van hierdie soort ongedissiplineerde gedrag in skole en oral!! Vandat slae gekriminaliseer is en afwykende gedrag gepaai word, ruk alles progressief handuit! Maar nou-ja, doe so voort en die chaos sal net meer word! Kom ons kyk waar dit gaan eindig !?

koos10 ·

Disipline begin vanaf geboorte en by die huis. Waar kry hy die vuurwapen, is die groter vraag?

Aai ·

SjN jy kan dit weer se skool oorkant ons het verander van Afrikaans na Engels hulle het atletiek gehad Vrydag jy wil nie weet hoe sukkel daai onderwyser op megafoon om hulle aandag te kry om te hardloop was nooit so.

Dup ·

Die regering sirkus besoek altyd die toneel NADAT iets gebeur het.Die skade is reeds aangerig.Alles is ñ politieke speletjie.

skurweberg ·

Weet die geagte LUR dat daar so iets soos ” ‘N EMOSIONELE-EVALUERINGS-INVENTARIS bestaan” en gekwalifiseerde Terapeute is wat daarin spesialiseer om kinders wat in skole is en toegelaat word te evalueer en dan BERADING te doen voordat dinge soos die gebeur?

skurweberg ·

Does the MEC know that there is such a thing as “an EMOTIONAL EVALUATION INVENTORY” and that there are qualified Therapists who specialize in Gr. 6 – Gr.12 to EVALUATE children who are in schools and need to be enrolled who need PROACTIVE COUNSELING, before things like that happen?

domheks ·

10/10 cANCer! Doen so voort julle is op die regte pad. Geen lyfstraf = geen dissipline!

Adriana ·

Hy moet in ń verbeterings skool gesit word. Sy ouers moet verantwoordelik gehou word vir sy gedrag, hul moet gestraf word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.