Liggaam van 2-jarige in see by Voëlklip gekry

Die bussie se wrak is onder die water digby die rotse gevind. (Foto: SA Polisie)

Die lyk van ʼn tweejarige seuntjie wat vermoedelik dié van die vermiste Hugo Scheepers is, is Donderdagmiddag laat in die see gevind.

ʼn Uitgebreide soektog is Woensdag van stapel gestuur nadat Heidi Scheepers (35), haar dogtertjie, Cozette (6), en seuntjie, Hugo (2), Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien is. Hulle het verby die gesin se winkel, die Heroldsbaai Kafee, gery.

ʼn Grys Volkswagen Caravelle, soortgelyk aan die een waarin Scheepers en haar twee kinders Dinsdag verdwyn het, is vroeër Donderdag langs die rotse by Voëlklip by Heroldsbaai gekry. Polisie kon egter eers later vasstel dat dit wel die Scheepers se motor is, aangesien dit hooggety was en dus moeilik was om by die voertuig uit te kom.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het laat Donderdagmiddag bevestig dat hulle die liggaam van ʼn tweejarige seuntjie gevind het waar dit gedryf het naby die plek waar die kar gevind is. Die liggaam is uit die water gehaal en na die lykshuis geneem.

Pojie sê die polisie werk hard om die ma en dogter, wat steeds vermis word, op te spoor.

“Ons hou die situasie dop en sal so gou moontlik die voertuig uit die see lig, sodat ons ʼn aanduiding kan kry van wat gebeur het,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Regs! ·

Dit is so tragies. Ek ken nie eers die mense nie maar ek is hartseer en emosioneel. Sterkte aan die pappa en die res van die familie!

HAB ·

Hoeveel karre moet nou nog daar af neek voordat daai gebied beveilig word?

R ·

Waar kry jy jou info? Hierdie is seker 3de in 45jaar. Vorige ongeveer 4 jaar gelede. Albei vorige kere jongmense laatnag / vroegogg……

Tollie Du plooy ·

Ag jinne dis vreeslik hartseer. Ken nie die mense nie,maar my hart gaan uit na die familie. Dink aan julle en julle is in ons gebede….uit Gauteng. Tollie. ????????????????????????????

Johann ·

Sjoe….ek volg hierdie die afgelope paar dae, en het gebid dat dit nie so iets sal wees nie….nou sit ek hier verskriklik emosioneel….het nie regtig woorde nie. Ek bid dat ons Almagtige Vader vir hierdie Pappa en naasbestaandes die krag sal gee om sterk te staan, en deur hierdie tragedie te kan kom. Ek en my familie gaan beslis vir julle bid, en aan julle dink. Sterkte.

R ·

Hierdie is seker 3de in seker 45 jaar. Waar kry jy jou inligting? Mees onlangs ongeveer 4 jaar gelede. Albei vorige kere jongmense wat laatnag / vroegogg daar af is….

Hennie Terblanche ·

Sterkte Ettienne en die res van die familie met julle groot verlies, julle is in ons gebede in die moeilik tyd wat voorlê.

Shelly ·

Dis so hartseer. Baie sterkte aan veral die pappa wat agter bly. Sulke pragtige kindertjies. Rus in vrede. ????

SM ·

Neee… my vriendin se seun is daar dood in 2015.. 4 jong manne oor die krans.. hoe sad? Sterkte vir hierdie famile.. heart breaking. Dit is ‘n baie gevaarlike pad.

Cheryl ·

So gehoop vir ‘n positewe uitoms, dit is hartseer verbyxxx

Venita Noltr ·

Hoe vreeslik. Sy hele gesin. . . Di pappa wat alleen oorbly. ????

@Bollabek ·

Venita, dit is verskriklik. Meer as 40 jaar terug het my niggie haar man en haar 2 klein dogtertjies in ‘n ongeluk verloor, vandag nog in ons geheue asof dit gister gebeur het.

Michelle ·

Mag hierdie man en vader en sy familie vertroosting vind by God.

Marinda ·

Ek weet nie wat om te sê nie, bly nig steeds hoop dat hulle gevind sal word. Sterkte.

Thea Jansen van Vuuren ·

Dis BAIE hartseer! Sooo gehoop hul sal veilig&ongedeerd gevind word! RIV! Sterkte aan die Pappa&al die geliefdes! Mag God jul deur hierdie hartseertyd dra&vertroos!????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.