Ma, dogter vas ná onderonsie met beamptes

EMPD-beamptes by die 28-jarige vrou se BMW. Foto: Verskaf

ʼn Ma en dogter is Maandag in Alberton aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat die dogter vir ʼn beweerde spoedoortreding voorgekeer is en haar ma in ʼn onderonsie met metropolisiebeamptes was.

Volgens Kobeli Mokheseng, waarnemende woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisiediens (EMPD), is ʼn 28-jarige vrou in ʼn wit BMW 1-reeksmodel omstreeks 12:25 voorgekeer nadat sy glo 107 km/h in ʼn 70 km/h-sone gery het.

“Die vrou het uit haar motor geklim en daarop aangedring om die spoedlesing op die kamera te sien voor sy terug in haar motor geklim en die deure gesluit het.”

Volgens Mokheseng het die vrou se 49-jarige ma later op die toneel aangekom en in ʼn onderonsie met beamptes betrokke geraak. Die beamptes het bystand ontbied en lede van die Brackendowns-polisie het die ma en dogter in hegtenis geneem.

Die ma en dogter word onderskeidelik aangekla van roekelose en/of nalatige bestuur, verset teen inhegtenisneming en aanklagte rakende die versuim om inligting te verskaf en inmenging met beamptes wat aan diens is.

Die ma en dogter sal binnekort in die Palmridge-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Gert ·

Wat ‘n narreleland van onbevoegdes het ons nie geraak nie.

bollie ·

So wat dink jy moes die beamptes in die geval gedoen het. Haar gelukgewens het met die oortreding en laat gaan het? Of sou alles oukei gewees het as die beamptes maar tog net wit was?

Anoniem ·

Bokkie, die amptenare in die Kempton Park area is lief om jou vir “spoed” af te trek sonder ‘n dat daar eers ‘n spoedmeter is en dan vir ‘n bydraetjie vir koeldrank te vra. Die dame het die volste reg om te vra om die meterlesing te sien. Daar is altyd twee kante van ‘n storie!

Bakleierig ·

Ja, dis mou wat gebeur as jy bakleierig wil raak…
Niemand van ons hou van die spietkops nie, maar as jy nou afgeteek word dan smile jy breed, jy is hoflik. As jy skuldig is vra jy om verskoning en van jou straf. As jy voel jy is onskuldig, dan doen jt dinge nogsteeds op m beskaafde manier.
….ma het kom baklei? (Vuisslaan) ag nee, hulle soek mos vir moeilikheid

Trots Afrikaans ·

Ek is lief vir “spietkops”. Daar kan maar meer in my buurt diens doen. My probleem met die gereg is dat hulle juis te min doen.

Ek glo in wet en orde….

Bekommerd ·

Stem saam met jou…..hoe argumenteer jy as jy oor die spiedgrens was? Indien nie wees hoflik en laat die meter se akuraatheid getoets word. Maar die waar…wees altyd hoflik dan kom jy die minste daarvan af. Ek weet dis maklik om vanuit my stoel te praat maar ek praat van ondervinding en weggekom met geen boete .

Wim ·

Ek stem saam, jy weet jy het vinnig gery, so die keer wat hulle jou aftrek vat maar jou pakslae, ek is al redelik vir spoed afgetrek en glo my, my hoflikheid oor ek weet ek is skuldig het my al 99% laat los kom, so ja smile maar en se sorry want jy weet jy is skuldig….

Hansie ·

As jydie wet oortree is jy skuldig. Ek sien daagliks hoe die ma`s verby jaag omdat hulle laat is. Maar nou moet jy hoor as daar n noodlottige ongeluk is, dan wil almal weet waar was die verkeersmense

Nina ·

JOH! Jy veralgemeen verskriklik! Ek ry al 5:45 am in die oggend om my kinders af te laai. Ons bly ongeveer 6km van die skool! Ek werk nie, maar probeer die vreeslike verkeer mis. Staan al 4am op. :/

Boet ·

Die naam van die voertuig sê Al’s BMW dink mos hulle Kan maak soos hulle will en ry soos hulle wil kry vir julle

Anoniem ·

Is dit so? Ek ry een en het nog nooit ‘n boete gekry nie. Ek stop graag by voetoorgange en gee mense kans om oor te stap. Ek gee graag mense kans as die verkeer druk is en hulle bane wil wissel. Ek gebruik my aanwysers en ek hou by die spoedgrense. Ek is dus vriendelik en bedagsaam. So wie is jou “alle BMW bestuurders”? Jy kan mos nou nie so gekkig wees om almal onder dieselfde kam te skeer nie.

Hennie ·

Nee regtig ek is nie n B M W fan nie maar dis nie die maak van die voertuig wat hiervoor verantwoordelik is nie kom ons hou nou maar op om sulke aantuigings te maak.Genade man dit is met n voertuig gedoen maak nie saak wat dit is nie n persoon het die voertuig bestuur nie die voertuig dit self nie

Daan Erasmus ·

Ekhureleni is bekend daarvoor dat die Metro Polisie mense aanrand. Dat hul ongeskik is. Hierdie saak het ‘n ánder kant.

Piet Pompies ·

As jy as ouer verantwoordelikheid vir jou kind se verkeerde optrede aanvaar het, gaan jy eendag as hulle groot is ‘n prokureur moet betaal om dit vir hulle te doen.

Bekommerd ·

Ek hoop nie dis die begin van ‘n nuwe tendens nie. In Amerika en Engeland sit die Polisie met hulle hande in die hare met die sg. “Sovereign Citizens”. Dis mense wat gladnie die gesag van Polisie en howe erken nie. Hulle doen tipies die ding om aan te dring op lesings en hulleself in die motors toe te sluit. Hulle weier ook om enige dokumentasie te verskaf.

chris ·

deesdae is dit in elk geval veiliger om maar eerder in die kar te sit en jou deure te sluit.
want die empd is so korrup as wat kan kom.

Elsje ·

Ek wonder wat get van die dame geword wat dronk was, ook met die gereg gebots het en toe nog gehelp is om by haar huis te kom. Sy het die wet oortree maar haar vel was reg. Ek sê nie die vrouens het reg opgetree nie, ek wonder net……..

JohanL ·

Elsje, stem saam jou – ek wonder ook. Dalk kan MM lig werp op die saak? Alhoewel ek glo dat daai saak reeds “verdwyn het” in ons regstelsel.

Marelize ·

My ondervinding in SA en Botswana was nog altyd – vriendelikheid, ‘n glimlag, ‘n sagte antwoord.

Dit werp net vrugte af.

En as jy skuldig is – erken dit, neem verantwoordelikheid vir eerstens jou oortreding maar ook tweedens vir jou optrede daarna.

Baie, maar baie kere word die boete gekanselleer of verklein, bloot deur kalme, rustige en vriendelike optrede.

Hennie ·

Vat jou pakslae en boete soos n man jy ry nie 107km/h in n 70km/h zone soos n besetene nie,ek dink sy moet hergetoes word vir haar bestuurders lisensie want sy verstaan nie mooi nie wat die verskil tussen die spoed meter en die toere teller is nie

Ander Annie ·

Ek stem saam Hennie. Die paar keer wat ek afgetrek is wanneer die beamptes lisensies nagaan, was ek vriendelik en het hulle met respek behandel. Ek het dieselfde behandeling terug gekry. As jy vinnig ry en gevang word, is jy skuldig. Moenie dan maak of jy onskuldig is en argumenteer nie. Arrogansie help nie in so ‘n situasie nie. As jy geprovokeer word, “stay cool”, en dit tog asseblief ‘n wag voor jou mond.

JMC ·

Daar is nie boete vir 107 in ‘n 70 sone nie, dis arrestasie. Meers as 20 oor die beperking vir 60-90 en meer as 30 oor vir 100-120 is ‘n besoek aan die sy of haar edelagbare.

Hartseer ·

Ek stem kom die padreëls na. Maar uit die berig is dit nie duidelik waaroor die woordewisseling gaan nie. Dit is ook nie duidelik of die verkeersman die spoedlesing gegee op versoek van die dogter nie.

Andre ·

Jip. Wees vriendelik. Laat hulle maar die boete skryf. Jy gaan tog nie die ding betaal nie.

riaan ·

Verbasend hoe maklik almal hierbo ‘n opinie vorm op karrige inligting van een kant af? Hierdie saak het twee kante. wie se hierdie is die regte weergawe???

Ons almal weet en ervaar op ‘n daaglikse basis dat spietkops “geissue” word met ‘n pakkie houding saam met hulle uniform! Meerderheid spietkops dink hulle is “untouchable” en dat hulle kan doen en se wat hulle wil!

Zel ·

Polokwane
Laasweek het ek my heel eerste boete gekry en ek bestuur al baie jare. Toe die man my aftrek het ek vir hom dadelik gesê ek weet ek het te vinnig gery en ek gaan nie eers stry nie. Hyt my besonderhede gevra en ekt dit rustig vir hom gegee. Hyt gevra hoekom ek 91km gery het in ‘n 80km zone ekt vir hom gese ek was opad na ‘n onderhoud. Hyt my R300 boete verminder na R150 en gesê dat hy hoop ek die werk kry. As jy hardegat gaan raak en jy weet jy was verkeerd gaan jy net moeilikheid kry.

Jerry ·

Daar is ongetwyfeld wetstoepassers wat maar net hulle werk doen en dan kry jy ook wetstoepassers wat uiteraard agv ideologiese oorwegings strikke (nie net speed traps) stel en mense uitlok. Mense moet dus nie toelaat dat hulle emosies die oorhand kry en hulle daardeur laat lei nie, want soos in hierdie geval en soveel ander gevalle, hou dit net nadelige gevolge in. Mense moet hulself orienteer en skool tov SA se diversiteit, verskillende kulture, ideologiese aanslae en strikke, wette, regte (witmense se regte le daarin om die regte dinge reg te doen en reg op te tree) en moet ten alle tye wetsgehoorsaam en verdraagsaam optree. Verkeerde optredes van wetstoepassers kan op video vas gele word eerder as konfrontasie. Sorg dat jy jou plek in die samelewing ken en wees eerder die minste met jou hoed in die hand, al is dit net gedurende daardie 10 minute! Deesdae is daar n toenemende geneigdheid onder ons mense om nors, onvriendelik en ongeskik te wees, selfs met mekaar! Die kruks van die saak is dat insidente, soos wat hier gebeur het, vermy kon gewees het. Mense wat dit nie kan vat nie en dit verloor met wetstoepassers, se uiteinde is arrestasie, wettig of onwettig. Daar is selfs mense wat met hulle lewens daarvoor boet! Lag, en die wetstoepassers lag saam met jou. Tjank, en jy tjank alleen, of jy nou lid is van n organisasie, of nie!

Amanda ·

Ek moet se…..99.999% was die Metro nog net ordentlik met my.

ME ·

Oortree die wet en bel dan jou ma! Nogals ‘n goeie weergawe hoe baie dinge deesdae werk. Ek sien dit by die laerskool ook. In plaas daarvan dat die oortreder (lees kind) ‘n les leer, word die owerheid (lees onderwyser) aangevat.

Andrew ·

As daar net oral spoedtekens is, maak dit alles makliker. Spoedtekens wys soms net die 60 as jy by ‘n dorp inkom, en eers by die volgende dorp 100, 80 en 60.

Elna ·

Baie mense het dalk vergeet wat hulle in hul leerling lisensies geleer het ” always respect an officer of the law” Dis spesifiek op verkeersbeamptes bedoel. Ja ons almal hou nie van hulle nie maar dit kan ook nie altyd lekker wees om n verkeersbeampte te wees wat direk met die publiek werk nie. Hulle het ook maar gevaarlike werk. Soos almal se wees kalm en rustig en erken as jy verkeerd was en aanvaar jou boete en wees hoflik dalk sal hulle jou tegemoed kom. Ons almal het al die spoedgrens oor tree partykeer niemand is perfek nie.

Francois ·

Die dame wis 28 jaar oud – nie meer n kind nie! 37 Km / oor enige spoed-grens is mos nou soebat vir probleme. As jy die wet oortree, swart of wit of pienk of geel, hetsy per ongeluk of met opset en jy word gevang, moet jy maar vat wat na jou toe kom, punt!

Lindtjies ·

Dit gaan nie so seer oor die fabrikaat van die kar nie. Maar oor sekere bestuurders van BMW wat dink hulle geniet voorang. Het al ‘n hele paar van hulle teegekom. Veral as hulle op hulle sewende nekwerwel sit en bestuur. Jy sien net die kat koppie oor die paneelbord uitsteek. Arogant verby.

Jean van Rensburg ·

Else en Johan…nou wonder ek ook wat het van daai dame geword…laat nag wat so geskel het op die wit sekuriteitsmense..besope…en het nogal by een of ander kerk gewerk!
Kan Maroela dalk meer inligting gee…daar het n video rondgegaan vd voorval.

Jean van Rensburg ·

Ek stem saam met Elsje en Johan…ek wonder ook wat vd saak geword het vd dame wat op die wit sekuriteitsmense geskel het laat nag…sy was besope en het vir n kerk gewerk…kan Maroela dalk vir ons meer inligting gee of het die saak maar onder apartheidskleed verdwyn?
Wette en straf net vir een groep

Pienkie ·

Hierdie spoed oortreding moes op Swartkoppies gewees het, daar is al talle mense afgetrek en boetes gegee as gevolg van ‘n foutiewe kamera wat tussen Hibiscus en Jaqueline gevind word. Die kamera is baie goed versteek en naby aan die robot. Ek voel dat die persoon die reg het om haarself te verdedig as sy nie die spoed gery het wat hulle voorstel nie. Sy het ook die reg om te vra om bewyse te sien dat sy wel so vining gery het en ook te vra vir die kalibrasie sertifikaat wat toon dat hulle aparate in werkende toestand is. Ek stem saam reels moet gevolg word, maar dit geld dan ook vir die amptenare.

VanAfrika ·

Pienkie die gedeelte waarvan jy praat is n spoed problem. Die gedeelte vanaf Mall of the South tot in Swartkoppies tot by New Market Mall is vir die jaagduiwels n lekker stuk pad om te jag. Daar het ook al lelike ongelukke gebeur en dis juis hoekom die verkeersmanne meeste van die tyd lokvalle daar stel. Kinders steek daardie pad oor na Brackenhurst se kant toe en van die motoriste, taxi bestuurders en trokke wat daar ry het geen respek vir enige iemand nie. Ek het al paar keer gevries as iemand verby my gejaag kom op daardie stuk pad. Daardie verkeersmanne gaan nie iemand verniet aftrek nie, juis uit ondervinding met die mense se gejaag op daardie pad.

En dan stem ek verder stem ek saam met van die lede. Wees minsaam, of jy nou skuldig of onskuldig is. Meeste van die tyd is die verkeersman jou goedgesind, ek erken as ek verkeerd is en ek het al weg gekom sonder n kaartjie met net n waarskuwing of een wat afgemerk is. Het ook al n bribe of twee gehad wat ek nooit mee saamspeel nie. as ek verkeerd is, betaal ek eerder.

Ek ·

As jy n BMW ry en jy is wets gehoorsaam dan is dit tyd om n mercedes te kry. Dit beteken jy is klaar deur die opleidings fase

Ander Annie ·

“Ek”, jy maak my dag. Dit is nou lekker lag kommentaar. Baie skerp. Op ‘n strenger noot….as jy te vinnig ry, is jy skuldig, al ry jy met jaar toet se kar. Ek sal baie skaam wees as ek 27 is en my ma moet bel. Hierdie is “double trouble” op sy beste.

Natascha ·

Ek is tog te dankbaar vir ons verkeersmanne. daar is TE veel manse wat diwe wet oortree en onskuldige mense se lewens op die spel plaas.

Keelvol ·

Hou verseker jou deure gesluit en rol die venster net op ‘n skrefie af. Die nuwe truuk is om jou sleutel uit die aansitter te ruk en te wag vir die bribe. Twee woorde vir hulle: korrup en onbevoeg.

Hettie ·

Shame, die dogter van 28 hardloop na haar mammie toe. Sy is mos nou al mooi groot om vir haar eie voute te boet.

Jeremia ·

Spietkops – sien hulle net as hulle met 2 of 3 karre smiddae lekker onder koeltebome intrek. Hulle uitkampplek is ‘n klipgooi van winkelsentrum waar kos gekoop word.
Het hulle vroeër meestal raakgeloop toe hulle soms nog iemand afgetrek het van die pad. Dan word die bestuurslisensie eerste gevra hopende dat jy dit nie by jou het nie
Na oorhandiging is dit meestal laaaank vasgehou. En dan sit mens maar met jou hand by die venster uit en wag vir die terughandiging.
Andersins natuurlik spoed en indien jy in persoon afgetrek word, is die kanse goed dat die praatjie begin om omkoopgeld uit jou te kry.

Alida ·

Ek wens die lesers wil ophou kla oor die mense wat buite werk se eetgewoontes. Genade hulle mag mos eet. As jy te vinnig gery het dan is jy mos skuldig. Bly stil en betaal die boete en hou op om die amtenare te beledig en sleg te se.

SjN ·

Laat hul maar skryf, daar gaan wel n fout op die boete wees, rig dan n vertoë en die saak word terug getrek, hoekom my bloeddruk laat opjaag of bribe betaal

Stripes ·

If you can’t do the time, don’t do the crime. Moenie aanjaag en dan wil kla as jy gevang word nie. As jy moet uitklim om te gaan kyk wat die lesing is beteken dit vir my dan jou aandag elders was en nie by jou “werk” nie. As jy agter daai stuurwiel inklim is dit waar jou aandag moet wees want jy is nou in beheer van iets wat groot skade kan aanrig en mense kan doodmaak. Spoedbeperkings is daar vir ‘n doel. As ander se veiligheid nie vir jou belangrik is nie, hoort jy nie te bestuur nie. Ek hou ook nie altyd by die spoedgrens en het ook nog nooit nodig gehad om uit of af te klim om my lesing te gaan kyk nie want ek weet hoe vinnig ek gery het. Aanvaar die kaartjie met ‘n glimlag en betaal dit met ‘n glimlag. Die glimlag is vir die kere wat jy gelukkig was om nie gevang te word nie.

PATTY ·

Die rede hoekom sy haar ma gebel het kan wees omdat sy nie n lisensie het nie of sy het haar lisensie nie by haar gehad nie en beamptes wou haar nie verder laat ry het nie. Ma gebel om die lisensie te bring of te kom haal. Sal nie weet wat die waarklike rede is totdat die onderonsie bekenk gemaak word nie. Maar kom alle tye jou padreëls en wetgewing na dan bly jy uit die moeilikheid uit.

CATHERINE ·

As jy te vinnig ry, is jy verkeerd….. finish en klaar!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.