Ma in hof na seun (6) per ongeluk huiswerker skiet

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

ʼn Drie-en-dertigjarige vrou is in die landdroshof in Potchefstroom, Noordwes, op borgtog van R1 000 vrygelaat nadat haar sesjarige seun per ongeluk hul huiswerker geskiet het.

Volgens kol. Adelé Myburgh, polisiewoordvoerder, word die ma aangekla van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Sy moet op 7 April weer in die hof verskyn.

Die seuntjie en die huiswerker was Donderdag alleen by die gesin se huis op die Bult toe die voorval gebeur het.

Die seun het ʼn .22 kaliber-pistool in die hoofslaapkamer in die hande gekry en die huiswerker per ongeluk in die boud geskiet. Die wapen was nie in ʼn kluis toegesluit nie.

Volgens Myburgh het bure ʼn geraas gehoor en die nooddienste en polisie ontbied. “Die huiswerker is in die hospitaal opgeneem. Haar toestand was ernstig, maar nie kritiek nie.”

Die ma het dieselfde dag in die hof verskyn. “Volgens inligting wat ons nou ontvang het, het die ma die wapen geërf en maar nooit vir ʼn lisensie aansoek gedoen nie.”

Myburgh het gesê die polisie het aanvanklik ʼn saak van poging tot moord ondersoek, maar dat dit intussen na ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer verander is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

AmandaDup ·

Die Ma word verantwoordelik gehou aangesien die kind minderjarig is. Dis die wet en presies soos dit hoort.

Mieke ·

Saak van aanranding deur ‘n sesjarige?? Dis belaglik! Dit moet eerder ‘n saak van ernstige nalatigheid vir die ma wees!! Sy is die onverantwoordelike een hier! .

AmandaDup ·

Die aanranding saak is teen die Ma gemaak, nie die kind nie

Michael ·

Hierdie is volgens my mening n saak van nalatigheid en besit van n ongelisensieerde wapen die ma gaan n stewige boete ontvang en onbevoeg verklaar word om weer n wapen te besit,en dan gaan daar nog n siviele geding ook wees vir skadevergoeding.

Deon ·

n Sesjarige? Aanranding met die doel om ernstig te beseer, wat beteken dit? Kan n kind van daai ouderdom toerekenings vatbaar wees vir so klag?

Willem ·

Dit kom voor as of die SAPS en/of die joernalis nie eintlik die regsposisie hier reg verstaan nie.

Scalla ·

Kinders sien dit op tv, die ma was baie nalatig, hoop die vrou herstel volkome.

werner ·

dis jammer oor die nalatigheid van die ma definitief,en ek glo die huiswerker het die skok van haar lewe gekry ,en hoekom het die huiswerker dan nie die wapen op n veilige plek gebere nie sy neem ook tog verantwoordelikheid van die huishouding terwyl die ma moet gan werk hoekom word sy dan ook nie van nalatigheid aangekla nie ,of gaan dit nou weer n saak word van wit en swart ,maar om so erstig op te tree van n onskuldige fout wat beide die ma en die huishulp se fout is,nee partymaal is die geregtigheid van die gereg heeltemal partydig teenoor die “slagoffer”my innige simpatie want dit is ongelooflik seer om geskiet te word en in die boud ,eina inige simpatie vir ie huiswerker,maar die gereg moet ook beide gevalle uitkyk voor hulle sommer net wil aanklae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.