Ma, kleuter by lodge in Limpopo vermoor

Die lodge in Limpopo waar die vrou en haar tweejarige kind se liggame aangetref is. (Foto: SA Polisie)

Die liggame van ʼn ma en haar tweejarige kind is Donderdagoggend in ʼn kamer by ʼn lodge in Limpopo aangetref nadat die twee die aand tevore saam met ʼn man ʼn kamer daar bespreek het.

Die vrou en kind se hande was agter hul rûe vasgebind en hulle is verwurg.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê daar was geen teken van die man nie.

Hulle is glo Dinsdag omstreeks 19:00 in ʼn grys voertuig by die hek van die lodge op die R518 tussen Mokopane en die Marken-pad afgelaai.

“Die drie het glo ʼn kamer vir oornagverblyf gehuur sonder om hul persoonlike besonderhede te verskaf en het die ontvangsklerk verseker dat hulle die volgende oggend om 09:00 gaan vertrek.

“Die volgende dag was die ontvangsklerk verras om geen teken van die besoekers te sien nie en die persoon het gedink hulle het die perseel verlaat,” het Ngoepe gesê.

Donderdag is die skoonmaker na die kamer waar die drie vertoef het om dit skoon te maak, waar sy op die liggame van die vrou, in haar 20’s, en die kleuter afgekom het. Hulle liggame het reeds begin ontbind. Die man wat saam met hulle was, was spoorloos.

Die polisie is op soek na hierdie man om met die ondersoek te help. Die foto is soos verskaf deur die polisie.

Die polisie is ontbied.

“Die motief vir die voorval is in hierdie stadium onduidelik, maar gesinsgeweld kan nie uitgeskakel word nie,” het Ngoepe gesê.

Die slagoffers het geen bewys van identiteit by hulle gehad nie en hulle name is nie bekend nie. “Die polisieondersoek moet hulle identifiseer en hul familie opspoor.”

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiehoof, het opdrag gegee dat die polisie se 72 uur-aktiveringsplan in werking gestel word om na die verdagte te soek. Ingevolge dié plan word bykomende hulpbronne dadelik beskikbaar gestel sodat leidrade so gou moontlik opgevolg kan word.

“Die polisie vra mense om te help met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagte, vermoedelik in sy 30’s.

“Die polisie doen ʼn beroep op die persoon op die foto om na die Mahwelereng-polisiestasie of die naaste polisiestasie te gaan om met die ondersoek te help,” het Ngoepe gesê.

Enigiemand met inligting kan lt.kol. Richard Boshomane bel by 079 894 5501, of die polisie se Stop Misdaadnommer by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Elmarie ·

Wat se soort plek maak eers dae nadat iemand daar gebly het skoon?

Anthony ·

Watter tiepe plek book jou in sonder om jou besonderhede te vat Elmarie??

Alma ·

Ja nee gewoonlik soek plekke gewoonlik jou hele pedigree, dalk n geldjie onder die tafel om niks te se nie. Dis hoekom die kamer dalk eers heelwat later skoongemaak is?

Pieter ·

Nou dit is misdaad! Nie die simpel ons-gaan-jou-toesluit-as-jy-nie-jou-makser-dra twak nie. Maar ek neem aan die tipe misdaad het regte breinselle nodig.

Wondermaarnet ·

Watter plek laat mense toe om te oornag en GEEN besonderhede te vat nie?

Stefan ·

Hoe bind jy ‘n 9 maande ou baba se handjies op haar rug vas?

Niklaas ·

As daardie oord aan my behoort , sal die sukkelaar ontvangsklerk reeds werkloos wees. Waar kry mens nog plekke waar jy verblyf geniet sonder enige identifikasie lewering ? Dan moet kamers mos ontruim word , gewoonlik vanaf 10h00 , vir skoonmaak doeleindes , juis waar die plan is om na net een nag verblyf te vertrek ? Die klerk se nalatigheid benadeel die polisie se geregtelike ondersoek sommer baie

SjN ·

Het die ontvangsklerk nie dalk die geld gepocket nie en dus geen inskrywings gemaak nie?

Stefan ·

Dink nie jy gaan so maklik van die sukkelaar ontvangstklerk onslaëraak nie, werkers het mos baie regte jy weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.