Ma neem seun self na polisie ná moord op onnie

Linda Breytenbach (66) is by haar huis in Boksburg vermoor. (Foto: verskaf)

Die verdagte wat tereg staan vir die moord op Linda Breytenbach, ʼn geliefde onderwyseres van Boksburg, se ma het hom glo self na die polisie geneem om in hegtenis geneem te word.

Die 66-jarige Breytenbach, ʼn oudonderwyseres by die Laerskool Goudrand in Boksburg, is verlede week by haar huis vermoor.

Kapt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder, het gesê die 25-jarige verdagte se ma het hom Vrydag na die polisiekantoor geneem, waar hy in hegtenis geneem is.

“Hy het gister in die hof verskyn en die saak teen hom is uitgestel,” het Sekele gesê.

Van Breytenbach se gesteelde items is in ʼn vertrek gekry waar die verdagte woon. Hy is ʼn werker by die Laerskool Goudrand, het Sekele gesê.

Breytenbach het 40 jaar lank by dié laerskool klasgegee. Sy het verlede jaar afgetree, maar het vanjaar in die eerste skoolkwartaal weer tydelik daar waargeneem.

Maroela Media het vroeër berig Breytenbach se liggaam is verlede Sondag ontdek nadat ʼn vriendin wat haar vir ʼn kerkdiens moes oplaai, onraad vermoed het toe sy nie uit die huis, in Rosedene, kom nie. Sy het alarm gemaak.

Breytenbach se liggaam is later langs haar motor gevind. Haar oog was blou, vermoedelik weens ʼn hou deur haar aanvaller. Daar was glo ʼn plastieksak oor haar kop getrek en sy is vermoedelik versmoor.

Sy het alleen gewoon.

Breytenbach se dogter, Adele Pretorius, woon sedert Desember saam met haar man, Johan, in Engeland. Pretorius het vroeër aan Maroela Media gesê kringtelevisiebeeldmateriaal by ʼn huis in die buurt wys glo hoe haar ma se vermeende aanvaller met onder meer haar televisiestel by die huis wegstap. Breytenbach het die man, wat sy geken het, Sondagoggend gaan oplaai om in haar tuin te werk.

ʼn Gedenkdiens is Vrydag vir haar gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Anoniem ·

So nuttelose vermorsing van so mooi lewe.. Ai. So onnodig!! Ek stem saam Genieve… Die tuinwerker storie. Jammer. Ek gee werk vir GEEN “tuinwerker” meer nie. Sukkel self op.

Hendrik ·

Mense leer maar stadig hoe gevaarlik dit is om vreemdes na jou huis te neem. Jammer vir haar dood en nog ‘n kosbare weg.

Santie ·

Mens kan niemand vertrou nie. Dis erg. Die Onderwyser lyk na so ‘n mooie statige vrou. Sy sou nooit kon dink dat haar bekende tuinman haar sou vermoor nie, ander sou sy hom nie gaan oplaai het nie. Ek haal my hoed vir daardie ma van die tuinman af wat haar seun SAPS toe gevat het om in hegtenis geneem te word. Dit moes vir haar bitter gewees het.

Treurgrond ·

RIV Linda, jy lyk na so’n vriendelike persoon. Iemand wat niemand skade aan sal doen nie, Mens kan niemand vertrou nie – dis reg wat Santie se. Dit moes ook erg vir die ma gewees het van die tuinman om hom in te gee, sy verdien al die eer.

Oud Rhodie ·

My innige simpatie ook. Dit is lekker om `n mooi tuin te kan besit. Maar soos dit tans gaan raak dit `n ander storie. As jy dit nie self kan instand hou nie – dan moet dit maar vergaan. Daar is net te veel soortgelyke voorvalle deesdae. Ons het dit in Rhodesia beleef – jy kan niemand vertrou nie. Jammer, maar dit is hoe dit is en klaar.

Martie ·

Dankie aan die ma wat haar hart eers bietjie op ys gesit het en die regte ding gedoen het….dit kon nie maklik gewees het nie. Riv Juffrou.

Ekke ·

Groot tuine is uit. Water is daar nie….arbeid in jou tuin self en jy word ook doodgemaak. Ja jy kry min ouers wat hul kinders se foute raaksien. Ouers is bang vir hul kinders. Ek is my kind se ouer en nie pel nie.

Engelsman. ·

Hy was n werker by die skool waar sy afgetree het. Nie somer enige tuin werker nie. Riv Linda. Who can you trust these days not even work colleagues.

Sunet van Heerden ·

Dit is hoekom ons al meer en meer GOEIE onderwysers verloor. Onderwysers is deesdae te bang om skooltoe te gaan. Dit is verskriklik HOE leerlinge optree en MAG optree teenoor n onderwyser, hkm…. want jy mag niks aan hulle doen nie. As ek moet hoor hoe my seun praat, van hoe kinder tekere gaan in sy klas, en fisies mekaar te lyf gaan, en die juf net agteroor sit, JUIS uit vrees v haar lewe…Dit is ongelooflik hartseer. Sterkte aan die gesin met hulle groot verlies.

AmY ·

Ek onthou hoe ons as jong kinders in mense ( meestal bejaardes) se tuine gewerk het vir ‘n ekstra sakgeldjie. Soms het ons koeldrank en ‘n broodjie ook gekry.
Waarom kan hierdie ouer mense (en ander) nie eerder hulle eie mense help met so ‘n ekstra werkie nie?
Of is vandag se kinders te lui vir tuinwerk?

Onnie ·

Hoekom vermoor hulle altyd die mense wat hulle help??? Ek verstaan dit nie. Duidelik het sy ma hom ook nie so groot gemaak nie – daarom gee sy hom aan polisie oor. Ek wonder of dit dalk iets te doen het met politieke partye en ander individue wat verdeeldheid saai, leuens verkondig, geweld aanhits en idees in mense se koppe sit, wat nooit eers voorheen daar oor gedink het nie.

HPV ·

Hulle beskou mense wat hulle help as swak en ondergeskik aan hulle. So stop om hulle te help.

Hartseer ·

@ Santie Treurgrond. Beide van julle is reg….sy was ‘n statige, vriendelike mens wat geeneen skade kon doen nie. Altyd die goeie in almal gesien. Leerlinge van Goudrand het ‘n juweel van’n onnie verloor. So nodig en nutteloos. Jammer dat sy so wreed moes sterf. Adele en gesin my innige simpatie, mag julle eendeekanag kan vergewe want ek kan nie.

Annamarie Olivier ·

En nou is die moordenaar se ma ‘n held!
Wat gaan aan kan ons nie meer reguit dink nie.

Karlien ·

Annemarie waar sien jy dat die ma as n held voorgehou word?
Maar terselfde tyd, sou jy so maklik of vinnig jou kind aan die polisie oorgee?

$ ·

Wat ook skrikwekkend is, is dat daai moordenaar by die laerskool gewerk het, elke dag tussen daai kindertjies. Hulle was blootgestel aan ‘n moordenaar sonder dat hulle, die personeel of die ouers dit besef het.

Hoeveel moordenaars beweeg tussen ons rond in die alledaagse samelewing en ons weet dit nie …

lh ·

Rus in vrede Juffrou Linda! Jy het verseker in jou 40 jaar as onderwyseres, ‘n verskil in BAIE jong lewetjies gemaak. Net jammer dat jy SO wreed van jou lewe ontneem is. . .

Lou ·

Hy verdien die doodstraf maar dit is nie moontlik in ons land nie so lewenslank is die troosprys.
Simpatie en sterkte vir die familie wat moet vrede maak met so sinnelose daad.

honourable member ·

Dis baie hartseer om te dink jy werk jou hele lewe om eendag rustig af te tree en jou geld en tyd te geniet en nou word jy uitgemoor deur een of ander parasiet wat geen respek het vir lewe nie.

VERBY HARTSEER ·

LINDA ONS GAAN JOU SOOO BAIE MIS, JY WAS N PRAGTIGE VROU WAT GEEN MENS SKADE SO AANDOEN NIE, JY HET DIT NIE VERDIEN NIE… DANKIE LINDA VIR AL JOU MOOI WOORDJIES EN ALTYD N GLIMLAG .. RUS IN VREDE … EK GAAN JOU MIS…. KOLLEGA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.