Ma vasgetrek ná twee seuns doodbrand

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

’n 35-jarige ma van Grabouw naby Kaapstad is in hegtenis geneem vir moord nadat haar twee seuns in haar huis doodgebrand het.

Die seuns het albei onherkenbaar verbrand.

Volgens brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, is die ma Vrydag in hegtenis geneem.

“Die polisie van Grabouw is vroegoggend na die Waterworks- informele nedersetting ontbied nadat hulle inligting ontvang het oor ’n huis wat brand. Met hul aankoms op die toneel het hulle die ma se huis in vlamme aangetref. Die huis se deur was gesluit,” sê Potelwa.

Nadat die vlamme geblus is, is twee verbrande liggame binne die huis ontdek.

“Die liggame is later geïdentifiseer as dié van die twee seuns van die ma. Die seuns was onderskeidelik drie en vyf jaar oud.”

As deel van die ondersoek het die polisie verklarings van getuies en ook die ma geneem. Sy is daarna in hegtenis geneem.

Die ma is tans in aanhouding en sal na verwagting deur die loop van die dag in die Grabouw-landdroshof verskyn.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Sal nogal wil hoor hoekom die Deur gesluit en wasr die Ma was. Kan wees dat sy gewerk het en om veiligheidredes die deur gesluit het? Tensy dit met opset gedoen was..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.