Ma wat kind glo doodslaan in hof

(Foto: SA Police Service via Twitter)

ʼn 31-jarige ma is agter tralies nadat sy glo haar agtjarige dogtertjie vermoor het.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, het gesê polisielede het berigte ontvang dat ʼn ma haar kind by ʼn huis in Ga-Makhushane naby Phalaborwa in Limpopo aanrand het en het daarop gereageer.

Hulle het die agtjarige Varsity Leah Mabunda dood aangetref. Sy het verskeie beserings oor haar lyf gehad. “Die voorlopige ondersoek wys die kind se ma het haar glo met verskeie voorwerpe aangerand nadat sy die dogtertjie beskuldig het dat sy geld steel.”

Die ma het ná die beweerde voorval weggehardloop.

“ʼn Soektog na die vrou is op tou gesit en die polisie het haar by ʼn wegkruipplek in die gebied opgespoor en in hegtenis geneem,” het Ngoepe gesê.

Die vrou verskyn na verwagting vandag in die Namakgale-landdroshof op ʼn aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

A ·

Hoe absoluut wreed! Sy moet vir haar kind sorg en liefde gee. My verstand kan nie meer hierdie wreedheid verwerk nie.

Sieg ·

Ja die tipe optrede lê SA lam kriminaliteit verwoes alles, lewe is goedkoop. Ek het al jare gelede SA op gegee vir beter omstandighede.

Veer ·

Myne ook nie A. ‘n Mens moet berading kry om net elke dag moed te hê om die moontlike aanslagte op ons mensdom te hanteer. Daar gaan nie ‘n dag verby wat ek nie ‘n berig lees wat my ontstel en tot in my siel in skok nie. Hoe oorleef mens dit?

Sorry om te sê ·

So wreed! Met allerhande voorwerpe. Net so onnodig. Maar…. Het julle die pryse van goed wat kinderhartjies sal begeer gesien? Suikerbelasting maak dat n kindjie kan begeer en niks bekostig nie. Viva anc wat ons kindertjies moor met eie hebsug!

Anoniem ·

@ A ek stem saam met jou. Hierdie wreedheid raak nou veels te erg. Dit is nou die hoeveelste kind die afgelope ruk wat deur die ma vermoor is.

Bietjie baie ·

Dis n skreiende skande hoe die Social Development Stelsels in ons land ons weerlose kinders in die steek laat. Niemand neem die verantwoordelikheid nie, die een blameer net die ander.
Teen die tyd wat daar hulp opdaag is kinders reeds emosioneel DOOD / VERMOOR.
Windgat maatskaplike werkers werk teen beraders ipv saam.

ASmit ·

Die artikel se opskrif is dubbelsinnig. Leestekens is ongelooflik belangrik.
Dit kan gelees word asof die ma die kind in die hof doodgeslaan het, of die ma is in die hof omdat sy die kind doodgeslaan het.

Ek veronderstel dat die opskrif moes gelees het: “Ma wat kind glo doodslaan, in hof”

Die voorval is steeds hartseer en onaanvaarbaar. Geen lyfie verdien om so mishandel te word nie en dit deur die persoon wat jou moet beskerm.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.