Maak só die meeste van vanjaar se vakansiedae

Die volgende vakansiedag in Suid-Afrika is op Donderdag 21 Maart. (Foto: Skermgreep/Michel Zbinden)

Suid-Afrikaanse werknemers kan vanjaar weer slim te werk gaan met hulle verlofdae om optimale voordeel uit die komende vakansiedae te trek.

Vanjaar sal Suid-Afrikaners altesaam 14 openbare vakansiedae geniet, insluitend ʼn addisionele dag om ʼn openbare vakansiedag te vier wat oor ʼn naweek val en ʼn verwagte afdag om aan vanjaar se nasionale stemdag deel te neem.

Al is die stemdag se datum nog nie amptelik bekendgemaak nie, word dié dag gewoonlik deur die president tot ʼn openbare vakansiedag verklaar om alle Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om te stem.

Die vorige stemdag was op 8 Mei 2019 en sal vanjaar se stemdag na verwagting weer in dieselfde tydperk val.

Die tweede addisionele afdag sal op 17 Junie val, aangesien Jeugdag (16 Junie) op ʼn Sondag geskied. Volgens die Wet op Openbare Vakansiedae kan ʼn Maandag as ʼn openbare vakansiedag beskou word wanneer die datum van ʼn vakansiedag op die voorafgaande Sondag val.

Die eerste dag van die jaar het met ʼn openbare vakansiedag afgeskop. Die eerste openbare vakansiedag daarna is op 21 Maart, wanneer dit Menseregtedag is.

Hier is ʼn lys van die vakansiedae wat daarop volg:

29 Maart – Goeie Vrydag

1 April – Gesinsdag

27 April – Vryheidsdag

1 Mei – Werkersdag

16 Junie – Jeugdag, maar gevier op Maandag 17 Junie

9 Augustus – Nasionale Vrouedag

24 September – Erfenisdag

16 Desember – Versoeningsdag

25 Desember – Kersdag

26 Desember – Welwillendheidsdag

Terwyl Suid-Afrika altesaam 14 vakansiedae sal vier in 2024, sal werkgewers ook vanjaar baat vind by ʼn bykomende werksdag – aangesien 2024 ʼn skrikkeljaar is, het Februarie dus ʼn addisionele werksdag op die 29ste, wat op ʼn Donderdag val.

ʼn Gulde geleentheid vir ʼn verlengde blaaskans is oor die Paasweek in April, wat geoptimaliseer kan word deur verlof te neem vanaf Vrydag 28 Maart tot Woensdag 3 April. Dit beteken jy kan sewe dae lank afvat met slegs drie verlofdae.

Met vyf verlofdae (vanaf Maandag 22 Maart tot Vrydag 28 Maart) kan jy vir 12 dae lank vakansie hou.

Gebruik Maroela Media se grafika om jou vakansiedae te optimaliseer:

Bykomende bronne: Business Tech

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Waaneer is verkiesings dag? Ek sit reg met my pen al van middernag 31 Desember om die ANC uit te stem.

Papsak ·

Ek sit kan nie meer wag om te gaan stem om die anc uit te stem nie !!!!!!

Helena ·

Dawie Roodt reken hul gaan nog 5 jaar bly…. As hul 50% kry gaan hul met DA in Koalisie…. As 45% gaan hul saam EFF…. Vader help ons!

Highlander ·

Die beste ding om met vakansie dae te doen is om dit te ignoreer. SA het die meeste vakansie dae en n ekonomie wat besig is om n stadige dood te sterf, want almal wil vakansie hou. En die wat werk daardie dag wil dubbel betaal word. Want dit is hulle reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.