Maart-brandstofpryse: Motoriste gaan weer hoes

(Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Motoriste sal van Woensdag af R1,21 per liter meer vir petrol moet opdok, terwyl diesel met tussen R1,06 en R1,19 duurder sal wees.

Die jongste prysverhogings is Maandag deur die departement van minerale hulpbronne en energie bekend gemaak. Dit is effe meer as wat kenners oor die afgelope paar dae voorspel het.

Die styging in die petrolprys geld vir 95-oktaan-petrol en 93-oktaan-petrol.

Die prys van paraffien sal met 85c op kleinhandelvlak toeneem, terwyl die handelsprys van LP-gas met 41c per kg sal styg.

Robert Maake, departementele woordvoerder, het die verhogings hoofsaaklik toegeskryf aan die verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar en hoër gemiddelde oliepryse.

Die algemene brandstofheffing bly onveranderd op 0 sent per liter.

Die Transnet-pypleiding het die Kroonstad-pypleiding vanaf Desember verlede jaar buite diens gestel, wat brandstofvervoertariewe in vier distriksones beïnvloed, aldus Maake.

Dit is die tweede agtereenvolgende maand wat die brandstofprys verhoog word.

Die aangepaste pryse sal Woensdag in werking tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack ·

Die feite is dat ons MOET eintlik R10.80 vir ‘n liter betaal.Gaan kyk in Namibia.Maar ongelukkig moet die regering se uitgawes ook gedek word en daarom betaal ons aansienlik meer.Die belasting op brandstof is astronomies.Elke keer as die brandstog prys verhoog gaan kospryse deur die dak.So kom ons hoop dat die ANC se dae getel en geweeg is.

Mieke ·

Jack, Stem saam! en ek wonder maar net ook oor die tolhek geld wat gemaak word, ( hoeveel word daar gemaak?) asook die motor lisensies waarvoor ons ook nog moet betaal!

SjN ·

In Angola kos diesel nog minder as in Nam, die kaders manupileer die brandstofprys met extra belastings om vir hul pluderings te betaal.

Josua ·

In Nigerie maar die mense somer op straat hul eie brandstof en verkoop dit aan motoriste en motorfiets ryers en dit kos hulle minder as R3 p/l, petrol word somer in kanne langs die pad geberg en verkoop. en die voertuie glo dit of nie kom niks oor nie.

Kokerboom ·

Jack ons bly in Namibië en dit was situasie in verlede. Tans betaal ons 21.48 per liter diesel. Effens laer asn SA. Owerheid het ook agtergekom dis ‘n lekker bron van inkomste!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.