Mabuza wil nóú waai

Adj.pres. David Mabuza. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Adjunkpresident David Mabuza het Saterdag tydens ʼn familiebegrafnis aangedui dat hy met onmiddellike inwerkingtreding wil bedank. Mabuza sal noodwendig moet opsy staan om plek te maak vir Paul Mashatile, die nuutverkose adjunkpresident van die ANC.

Pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het aan News24 bevestig dat die president se kantoor Mabuza se bedanking ontvang het. Ramaphosa hoop egter om Mabuza te oortuig om aan te bly as adjunkpresident totdat Mashatile amptelik in sy amp aangewys word.

ʼn Kabinetskommeling word weke lank al verwag, maar dit is steeds nie seker wanneer Ramaphosa die nuwe kabinet sal aankondig nie.

Mabuza het die president reeds verlede week ingelig van sy voorneme om te bedank. Hy het glo tydens een van verskeie ontmoetings met Ramaphosa gesê hy wil bedank om plek te maak vir die nuutverkose adjunkpresident.

Die African Christian Democratic Party (ACDP) het Saterdag gesê hulle vind dit vreemd dat Mabuza die aankondiging tydens ʼn familiebegrafnis gemaak het, aangesien dit gewoonlik die president is wat só ʼn aankondiging maak. Vir die ACDP is dit net nog ʼn teken van die verval van die regerende party. “Die ACDP hou nie sy asem op dat ʼn kabinetskommeling enigsins ʼn verbetering in die leierskap van die land sal bring nie.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Joe Olivier ·

Laat hom gaan. Hoe gouer hoe beter. Daar is in elk geval niks om oor te gee aan die nuwe snotneusie nie, want daar word niks in die pos gedoen nie. Hoop die russe betaal sy pensioen en nie die SA belastingbetalers nie.

Nie Verbaas ·

Ja, asseblief. Vat sommer vir Ramapokker en die res van die kabinet saam.

KB ·

Ek is nie bewus daarvan dat hy gewerk het nie! Wat my aanbetref, het hy alreeds drie jaar gelede gedros, net teruggekom vir gratis mediese behandeling in Rusland tydens Covid-19…

Grassie ·

Die peoples hier in sy tuisgebied is keelvol vir hom. ‘n Paar maande gelede tydens onluste het hulle sy plaas buite die dorp afgebrand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.