Twee mense in die Doornpoort-omgewing in Gauteng is oorlede weens komplikasies wat met malaria verband hou.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Maandag in ʼn verklaring gesê hy weet van die twee sterftes van mense wat nie die afgelope tyd ʼn malaria-gebied besoek het nie.
ʼn Nios-span ondersoek die gevalle. “Die mense is waarskynlik deur ʼn besmette anopheles-muskiet gebyt wat op die een of ander manier van ʼn malaria gebied na Suid-Afrika gekom het. Dit kon byvoorbeeld in ʼn taxi, tas of vliegtuig die land binnegekom het. Dié gebied is naby ʼn lughawe en ons vermoed dit kon gebeur,” het die Nios gesê.
Volgens die Nios is hierdie gevalle baie skaars, maar dit het al ʼn paar keer gebeur dat mense besmet word met muskiete wat van malaria-gebiede kom. Dit gebeur tydens die seisoene wanneer meer malariabesmettings plaasvind, van Januarie tot April.
“Behandeling vir malaria is baie effektief, mits dit vroeg genoeg geïdentifiseer word. Dit word egter dikwels nie reg gediagnoseer nie, omdat die pasiënte soms nog nooit in ʼn malaria-gebied was nie en baie van die simptome kan ooreenstem met ander siektetoestande,” het die Nios gesê.
Die instituut het dokters gewaarsku om versigtig te wees vir malaria in pasiënte met koors hoër as 38° C.
“As gevolg van die swaar reën die afgelope ruk en die gevolglike hoë humiditeit, is daar ʼn daadwerklike toename in malariagevalle in die normale malariaverspreidingsgebiede in Suid-Afrika, naamlik die noordoostelike dele van Limpopo, dele van die die Laeveld, die noordelike dele van KwaZulu-Natal en in naburige lande soos Mosambiek.”
Dr. Asomuga Chika van die departement van gesondheid het aan Maroela Media gesê die departement en die Nios sal die twee gevalle ondersoek. “Die departement raai almal, wat onlangs in ʼn malariagebied was, aan om so spoedig moontlik by ʼn dokter of kliniek aan te meld as hulle enige koorsverwante simptome ervaar,” het Chika gesê.
Ek stel voor alle voertuie en passasiertreine moet gespuit word soos wat vliegtuie gespuit word binne voor vertrek van grenspos om muskiete te voorkom
Moontlik moet almal in geënt word teen malaria
Dis sou handig gewees het, MITS daar entstof beskikbaar was. Dit bestaan tans nie.
Malaria in noordwes ook, my ma 3 weke terug daarvan oorlede en vrydag is my pa ook positief getoets en le in icu
Sjoe Nicolene, sterkte vir jou! Hoop jou pa word gou beter.
My hart strek uit na daardie familielede ek is 25des 2016 opgemeen vir n week in ICU agv gekompliseerde malaria.
Ek bly in Nelspruit en was glad nie uit NST uit nie.
Om malaria te gee is glad nie n speeletjie nie..
My parasiet telling as op 24 % drs het nie gedink ek gaan dit maak nie maar dansy die Here het hy my gespaar vie my gesin..
Sterkte aan die familie
Ons bly in Doornpoort te Pretoria en is nou baie bekommerd oor die nuus. Ons dogter wat nou Julie 2017 “3 jaar” word is vir ons ‘n groot bekommernis. Die skole sowel as die kleuter skole in die omliggende areas moet nou beskerm word, so dus wat kan gedoen word vir ouers om hierdie kinders van ons teen die malaria te beserm. Is daar ‘n behandeling wat vir sulke jong kinders gegee kan word of nie?
Ek wil weet waarom het ons nog nie mosambiek se goeie malaria medikasie ingebring in s.a. nie
en mense wat al deurgehaal was in s.a. wat baie ernstig was – waarom is daar nie n website met
die wenresep op, soos n platvorm vir drs ivm malaria waar hul kan sien wat al gewerk het vir ander waar die situasie ook hopeloos gelyk het en die persoon toe gered kon word deur sekere medikasie toe te pas , sodat drs kan seker wees hulle het alle moontlike opsies probeer om die persoon te red.
Lank lank gelede, sommer baie lank gelede, in apartheid se lank gelede is vleie se stilstaande water gespuit om die uitbreek van muskietplae in toom te hou. En toe daarna? Toe neem ‘n dopleë spul oor EN . . .
Malaria is nie iets waarme mens speel nie. Ek het 4jaar terug by die dood omgedraai weens malaria. My parasiet telling was in die 80%, net genade alleen het my gehelp…Mag die Here saam elke mens wees wat dit deur gaan, vetrou net op hom hy is werklik groot !!
Ek weet nie van NOU nie maar so 6, 7 of 8 jaar gelede het ons gereeld by Marlothpark naby Mozambiekse grens gekom en weet ons dat hul daardie tyd terugggaan het na die ou manier van huise en ander geboue te bespuit teen malaria: DDT. Is dit nog so?
DDT word deur die WGO verban agv die geboorte defeks wat dit veroorsaak.
My dogter het gesterf Sondag. Dit is nie gewone malaria nie en Montana Hospitaal is nie gereed vir hierdie uitbreek nie. Dit is so onnodig. Inwoners van Doornpoort moet besef dat hierdie malaria dodelik is.
Twee van my vriendinne het die dodelike malaria oorleef na ‘n paar dae in intensief en is by die Zuid-Afrikaanse hospitaal in Pretoria behandel deur ‘n vroulike dokter wat blykbaar ‘n malaria kenner van formaat is.