Malema kry bloedneus in hof

Julius Malema en ander lede van die party se leierskap in die hooggeregshof in Pretoria. (Foto: Twitter via @EFFSouthAfrica)

Julius Malema, leier van die EFF, se hofaansoek om die Wet op Oproerige Byeenkomste as ongrondwetlik te verklaar, is Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria van die hand gewys.

“Nadat al die argumente in ag geneem is, is die hof van mening dat die aansoek sonder gronde is en ter syde gestel moet word. Alle partye word hiermee beveel om hul eie koste te betaal,” het adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba tydens lewering van die uitspraak gesê.

Malema is al minstens twee keer aangekla van oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste – in Newcastle in KwaZulu-Natal en in Bloemfontein – toe hy sy ondersteuners aangemoedig het om ongebruikte grond te beset.

Malema het in 2014 tydens die EFF se verkiesingskonferensie in Bloemfontein aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. In Junie 2016 het hy aan ondersteuners in Newcastle gesê om grond te beset aangesien dit aan swart mense behoort.

Albei sake teen hom is tydelik agterweë gehou hangende die uitkoms van sy aansoek voor die hof oor die grondwetlikheid van die betrokke wet. Malema het dié aansoek in Desember verlede jaar ingedien.

Hy het aangevoer die wet is “apartheidsera‑wetgewing wat nie meer in die wetboek hoort nie”. Hy sê die destydse apartheidsregering het die Wet op Oproerige Byeenkomste deurgevoer om swart mense te onderdruk en mag nie onder ʼn nuwe, demokratiese bedeling gebruik word nie. Hy voer aan die wetgewing word gebruik om hom stil te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Terreur ·

Oproerigheid is niks anders as geweld nie. So hy wil geweld wettig maak.

mc ·

Ek wonder maar net wie betaal sy regskostes vir al die strooi.

Kobus ·

Ek sal nie te gou bly word nie. Onthou dit is SA. Apel op Apel tot dit in die Grondwethof beland. Daar word dit ander storie soos al in die verlede bewys.

Jan Alleman ·

Mens kan sy plan sien. Hy gaan deur appèlhof druk grondwet hof toe. Hierdie saak in Newcastle kan hom in die tronk laat beland. Hy weet dit. Sy doppie het nog nooit ‘n groter kans gestaan om geklink te word nie. Hy speel vir tyd.

marous ·

Korrek , en die ongrondwetlike hof is polities gemotiveerd saamgestel .

Wurmpie ·

Hy speel nie net vir tyd nie hy wil nog maerder word want in die tronk kry mens nie baie kos nie

Magda ·

Hoop die aanklagte teen hom gaan nou deur gevoer word en hy kry wat hy verdien – laank tronkstraf en n VET Boete.

Anoniem ·

He is pushing the wrong buttons – pasop Malema pasop……

Pensioenaris ·

So dankbaar dat die hof so besluit het. Maar stem saam – hy is nog nie klaar nie. Gaan nog verdere hofsake aanhangig maak om vir tyd te speel want hy weet sy voorland is tronk toe! Sal dit nie goeie nuus wees nie?

Neels ·

Julle is verniet so bly nou gaan hy pappa no1 se voorbeel volg en die volgende triek try en dit is Grondwet hof toe. Sy battery is lank nog nie pap nie

JohanL ·

Die EFF sal maar die luukse gastehuise in Kampsbaai moet los volgende keer as hulle Kaap toe gaan. Het die geld nou nodig vir die hofonkoste – LOL LOL

En dalk bietjie goedkoper bier koop pleks van daai duur champanje.

Ian ·

So jammer dat die regskostes nie ook teen Malema gegaan het nie. Die EFF is deesdae die atm vir almal wat deur hulle teenstanders in die hof beland. EFF moes eintlik die hofkostes betaal het. maar nou ja. kein oorwinnings is seker beter as niks.

Elbie Naude ·

Regdeur is daar ‘n duidelike lyn wat parallel loop met politici wat krimineel optree. Hulle se en doen net wat hulle wil maar wanneer dit by hoftyd kom na aanklagte, word die hofsake met allerhande tierlantyntjies en tegniese eierdanse gesystap en vermy. Vol bravado en fanfare maar uiters lafhartig “to face the music”. Wat is die gesgde: “If you can’t do the the time, don’t do the crime”.

Hans ·

Regter sê dat alle partye eie koste moet betaal,hoekom. Na my mening moet Malema /Eff almal se koste betaal.

Lekker Vrydag Nuus ·

Van een hofsaak na ‘n ander.
Seker maar die werk van ‘n hofnar.

potlood ·

Hoekom moet almal hulle eie kostes betaal? Hy wou mos die saak bring, so laat hy alles betaal en ophou ons geld mors…

Nel ·

LOL – en kyk hoe lyk hulle nou – weg is die bravade…(foto)

Richard ·

Gewoonte misdadiger, maar hy loop skotvry rond!! Lagwekkende klug van ‘n land en regstelsel.

Jean ·

Malema moedig Onwettige grondbesetting aan…maar die EFF is nooit teenwoordig om hulle mense te help as die Rooi miere die strukture afbreek nie! Se baie

Skoolgeld ·

As sy mentor ma Mandela vir moord nooit gestraf was nie sal hy ook niks oorkom nie! Sy arrogansie en haat groei by die dag teenoor dit minderheid is al wat sal verander!

JJ ·

Net een vraag, ek lees die op eye witheness news:
Judge Aubrey Ledwada delivered judgment on Thursday.

“In terms of Section 172 1A of the Constitution, Section 18 2B of the Riotous Assemblies Act, 17, of 1956, is declared unconstitutional and invalid to the limited extent dealing with the sentence.”
Is declared unconstitutional??? word dit nou verwys na die grondwet hof?
Wat mis ek hier?

Derick ·

Hy kan bly wees ek was nie die regter nie. Sou hom beveel het om ander party se regskoste ook te betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.