Malema-saak op ‘ongewone wyse’ uitgestel

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Die verhoor van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, sou vandag in die Randburgse landdroshof begin het, maar dié saak is onder “ongewone omstandighede” tot Desember uitgestel. Dit is al die tweede keer vanjaar wat dié saak uitgestel is.

Volgens Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte, is die privaatvervolgingseenheid vandag by hul aankoms by die hof ingelig dat Malema en Ndlozi se regspan en die staat glo ooreengekom het om die saak uit te stel. Geen van die ander betrokke partye is glo hiervan ingelig nie.

“Dié wending is uiters ongewoon en baie kommerwekkend. Ek is redelik oortuig daarvan dat die gewone man op straat nie dieselfde voorkeurbehandeling sou ontvang nie – veral nie nadat ’n hof reeds bepaal het wanneer hulle weer moet verskyn nie,” sê Broodryk.

Malema en Ndlozi staan tereg op die aanranding van kol. Johannes Venter, ʼn senior polisielid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Malema en Ndlozi word al sedert 2019 vervolg nadat AfriForum die hof met ʼn mandamus-aansoek genader het om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van Malema in hierdie saak én twee ander hangende sake teen hom te neem.

Broodryk sê dit blyk ook asof dit ’n gewoonte van Malema raak om nie vir verskynings op te daag nie. Hy het klaarblyklik ook nie in Oos-Londen verskyn nie op die klag van die onwettige afvuur van ’n vuurwapen wat AfriForum teen hom gelê het.

“Dit wil voorkom of daar ’n uitstelkultuur in die strafregstelsel posgevat het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid sal aanhou om hierdie saak noukeurig dop te hou en toe te sien dat geregtigheid geskied,” sê adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid.

Die saak kom weer 6 tot 9 Desember voor die hof.

Die beweerde aanrandingsvoorval het in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela plaasgevind toe Malema en Ndlozi glo die kolonel in uniform aangerand het.

Hoewel Venter ʼn klag by die polisie ingedien het, blyk dit dat die saak eers aandag gekry het nadat die organisasie se private vervolgingseenheid ʼn navraag oor die ondersoek ingedien het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Werner ·

Hy gaan net soos sy pel zuma niks oorkom nie.Hulle is besig om ons in n komunistiese staat te dompel.Malema en zuma en Cyril speel almal hulle rolle

Misky ·

Malema, Ndlozi, Jacob Zuma, Ace, Carl Niehaus……. en so kan ek aangaan. Hoe is dit moontlik en hierdie ouens kom letterlik met moord weg? Ek wil skreeu en huil van woede tegelyk!!!

Blikkies ·

Ek stem heelhartig saam, dit maak my bloed kook en dan dink sommer dadelik daar is seker weer korrupsie betrokke by die saak. En ek is seker ook nie verkeerd nie. Ek kan net nie verstaan dat niemand maar niemand iets aan die sake wat so sloer kan doen nie.

Persheks Adri ·

Ek voel jou pyn Misky! As hulle my woordeskat vandag moet hoor hardloop almal weg werklik frustrerend verby om dit sagkens te stel!

Lourens CFG ·

‘n Matroos sal skaam kry as hy my hoor.
Almal in die hof lyk my is vrek bang vir hulle.
Geen ruggraat nie.

Persheks Adri ·

Hoe op dees liewe aarde kry hulle dit reg? Lyk my almal is bang vir die groot mond… Laat ek tog nou wapens afvuur eish of my hande los raak dan sit ek! Gatvol vir die stelsel regtig PFFFT!!!

marius ·

Soos spaghetti inmekaar gevleg . Die hele spul van bo tot onder .

Pieter ·

En om te dink ons belastingbetalers moet die sleg klomp wat vir die anc werk se selarisse betaal.

koos10 ·

All is equal before the law, some just more equal than others!

Johanncb ·

Net nóg’n JZ!
“All politicians are like a bunch of bananas. They hang together, they are all yellow, and there is not a straight one amongst them”!

Mariana ·

Nee wragtig. Die hele spul is absoluut onaantasbaar. Daar is net geen manier om hulle te laat boet nie. En oo nou gaan daai Malema eers arrogant wees, want hy weet hy is los. Maar ja een of ander tyd gaan hulle almal hulle vasloop, hulle moet nie te gerus raak nie. Karma – ons weet wat Karma kan doen.

Tokkel ·

Dalk moet mens die regter ondersoek vir ‘n slag en kyk of hy sy werk kan doen of beinvloed word.
Swak regstelsel, maar kierings sal braai…

Harley Davidson ·

Jy moet onsettend naïef wees om te dink malema gaan iets oorkom net soos Zuma is daar “ways and means” om die gereg te omseil en as daar nie n wil is om te vervolg nie dan is dit nog makliker.

Pietertjie ·

Weereens ‘n bewys dat Westerse regstelsels nie werk vir Afrika nie

gatgogga ·

Malema is die een wat nou die dag by Brackenfell, in die openbaar, geweld teen die polisie aangemoedig het. Niemand wil iets aan hom doen nie, want almal wil in sy goeie boeke wees wanneer hy die volgende president word.

Nie Verbaas ·

Nou toe nou. Gaan ook ongedeerd wegstap van die sessie af.

Hoekom ·

So vermoed. So om die regsproses vry te spring moet jy net aan die ANC of EFF behoort. Goed om te weet

Johanna ·

Due gesegde sê ” M see M do”
N kind doen soos sy pa.. f

Johann ·

Mag van die massas wat hom slaaf aanhang…onaanspreeklik.

Hasie ·

Hul speel vir tyd en nog tyd Hul saak sal uitgestel word tot die aarde vergaan .Of hy wag vir die uitslag van die verkiesing ……

Willem ·

Is hy nie die voorsitter van die kommitee wat die regters aanstel nie? Ek vra namens ‘n vriend.
Skynbaar neem Afriforum dit nie in ag nie. Ek wonder nogal daaroor.

Soos iemand reeds genoem het, westerse wete werk nie in afrika nie, hier geld die “boswette” soos alreeds deeglik bewys is. Dit was die massas besluit is wat geld, nie dit wat noodwendig reg is nie!

Pieter ·

En so mors hulle almal se tyd. Dink net, daardie mense het dalk ver gery ook. Wie dek die kostes?
Eendag sal die arrogansie nog terug kom, die wiel draai…

Jack ·

Almal in dieselfde orkes. Geen verskil tussen hulle nie want dit is ingebore. Waar een sneuwel staan n 1000 in sy plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.