Malema vra Mbeki se ma om verskoning

Voormalige president Thabo Mbeki

Voormalige president Thabo Mbeki

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het aan voormalige president Thabo Mbeki se ma om verskoning gevra dat hulle haar seun met “niks” vervang het nie, het die Sunday Independent berig.

“Ons is in ʼn gemors omdat ons nie na die stille kommunikasie van president Mbeki geluister het toe hy gesê het ons verwyder hom en vervang hom met niks nie,” het Malema Saterdag aan sy ondersteuners by ʼn stadion in Mdantsane, Oos-Londen, gesê.

Hy het verslag gedoen oor sy ontmoeting met Mbeki se ma, Epainette, wat Vrydag by haar huis in Dutywa in die Oos-Kaap plaasgevind het.

“Ek het ook van die geleentheid gebruik gemaak om haar om verskoning te vra hoe swak ons haar kind behandel het,” het Malema bygevoeg.

Die City Press het Sondag berig Malema het aan die 97-jarige vrou gesê hy was “baie jonk” toe hy die beledigings oor haar seun geuiter het. “Soos wat ons ouer word, besef ons dat sekere dinge nie gesê moes wees soos wat dit gesê is nie. Ek is ʼn beter persoon vandag omdat ek MaMbeki ontmoet het,” het Malema gesê.

“Ek is bly Juju is hier en ek is seker die jeug is ook hier, dit is my grootste kommer. Dankie vir die besoek,” het Epainette gesê. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

pop ·

Oor die vervang met niks kan ek saamstem. Mbeki was te ordentlik en goedgemanierd vir die amp. Dis nie wat die mense soek nie!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.