Malmesbury-polisiestasie ‘moet onregmatige taalopdrag onmiddellik herroep’

(Argieffoto: SA Polisie)

Die Wes-Kaapse polisiekommissaris is versoek om onmiddellik op te tree en die onwettige taalopdrag wat by die Malmesbury-polisiestasie uitgereik is, te herroep.

Volgens berigte word polisielede van die Malmesbury-polisiestasie met dissiplinêre optrede gedreig as hulle verklarings in Afrikaans afneem.

Okkie Terblanche, DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, het gesê dit het onder hul aandag gekom dat ʼn kapt. Tamboer op 19 September ’n opdrag uitgereik het wat vereis dat klaers se verklarings uitsluitlik in Engels geneem moet word.

“Ons wil beklemtoon dat hierdie opdrag ongeldig is en in stryd is met die opdrag wat deur die nasionale polisiekommissaris uitgereik is, soos vroeër vanjaar in ’n skriftelike parlementêre vraag bevestig is.”

Die nasionale kommissaris het uitdruklik alle provinsiale kommissarisse opdrag gegee om enige provinsiale taalopdrag wat in stryd is met nasionale beleid terug te trek.

“Om te verseker dat geregtigheid nie gekompromitteer word nie en dat die regte van alle burgers gehandhaaf word, doen ons ’n ernstige beroep op polisiebeamptes by Malmesbury-polisiestasie om te weier om die onwettige opdrag wat uitgereik is, te implementeer. Die A1-verklaring is die slagoffer se eerste geleentheid om gehoor te word, en taal moet nie ’n hindernis tot geregtigheid wees nie.”

Terblanche het gesê dit is noodsaaklik dat wetstoepassingsagentskappe voldoen aan nasionale beleide wat die beginsels van taaldiversiteit, regverdigheid en geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners handhaaf.

“Hierdie voorval in Malmesbury is nie geïsoleerd nie, aangesien soortgelyke taalbeleide in ander provinsies afgedwing is. Ons bly egter daartoe verbind om te pleit vir die verwydering van diskriminerende taalbeleide waar dit ook al binne die SAPD bestaan.

“Die DA sal voortgaan om te verseker dat slagoffers die waardigheid, respek en geregtigheid gegun word wat hulle verdien. Ons stryd is nie net vir taalregte nie, maar ook vir die fundamentele beginsels van geregtigheid en regverdigheid in ons samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Ryan ·

Oposisie partye, begin julle eie polisie diens en ander regeringstrukture. Ons kan nie verder deur hierdie spul geboelie word nie.

Karoo ·

Sekerlik, het alle slagoffers wat nie Afrikaans sprekend is nie, die reg om hulle saak in engels, wat die meerderheid verstaan te kan neer pen ter verdediging?

Republikein in die Wes Kaap ·

Elke dag word dit duideliker dat dit die enigste oplossing is.

trotsNAMSA ·

Duidelik verstaan die publiek nie wat in ‘n SAPD Dienssentrum aangaan nie. As publiek kom kla jy en hoe gaan jou eerste verklaring (A1) op papier klink ? Jy is byvoorbeeld net Afrikaans sprekend, geen ander taal nie, en jou verklaring word byvoorbeeld in Portugees afgeneem omdat ‘n seker “offisier” nie sy opdragte van Hoofkantoor lees nie (of self nie Engels verstaan nie verstaan nie). Gelukkig is daar lede wat al SA tale magtig is. Dis nie oor politieke partye nie, dit is oor menslikheid en aanvaar dat elkeen in sy/haar taal ‘n verklaring kan aflê.

Bolandse Nooi ·

Sover ek weet, is Portugees nie een van ons 12 amptelike tale nie, dus – die kans dat iemand jou A1 verklaring in Portugees gaan afneem … is baie skraal (al is daar baie Mosambiekers in die land).

Cherokee ·

Bolandse Nooi, die kommentaar waarop jy gereageer het, is wèrklik nie so moeilik om te verstaan nie.

Anel ·

En die beste van alles is dat die lot wat so engels wil afdwing kan dit self nie behoorlik praat nie. En die klaer kan ook nie altyd sê wat hy wil sê in engels nie. En die een wat die verklaring afneem kan ook nie partykeer behoorlik engesl praat of skryf nie. Dan beteken daar verklaring net mooi niks! Laat die mense hul verklarings in hul eie taal aflê. Maar ek glo ook nie die polisie kan die klaers of selfs hul eie taal behoorlik lees en skryf nie! Wat ‘n skande!!! Wonder hoe het hulle skool en polisiekollege geslaag! 30%???

Prikkie ·

So Kapt Tamboer wat die tamboer wou slaan se,wysie is toe vals en toe kom dat aan die lig dat hy/sy die klok hoor lui het, maar nie weet waar die bel hang nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die SAPD en ander staatsstrukture moet die plaaslike gemeenskap se behoeftes reflekteer. In Zoeloeland moet jy Zoeloe praat.

Papsak ·

Wel kom jy by polistasie om te kla is daar nooit mense nie of papier of krag of penne nie ek is afrikaans en wil my dinge in afrikaans gedoen he flip ander tale ek het ook my reg en dan jan hulle nie eers verstaan of spel nie maar ons sit daar regtig vrot

LIEZL ·

Ek het al Polisiekantoor toe gebel…in ‘n Afrikaanse gemeenskap, dan kan die persoon wat antwoord nie eens ordentlik in Engels praat nie, verstaan nie my engels nie, dan vra ek vir ‘n Afrikaans sprekende, dan is dit ook ‘n probleem

Frank ·

Maar as DA raadslid “net engels” afdwing op meerderheid afrikaanse groep en die diskriminasie sowel as naamskending teen klaers onder DA topbestuur se aandag gebring word doen hulle NIKS?

Bolandse Nooi ·

Harley, jy leef in ‘n droom wêreld. Die ANC sal dit soos in NOOIT, OOIT, OOIT, OOIT, IN 10 MILJOEN JAAR toelaat nie.

gatgogga ·

Bolandse nooi, met negatiewe mense soos jy moet ons dit NOOIT, NOOIT, OOIT eers probeer nie.

Bolandse Nooi ·

As jy geskok en getraumatiseerd is as slagoffer van ‘n misdaad wat pas gebeur het en Engels is NIE jou moedertaal nie, kan jy lelik misverstaan en/of aangehaal word as jy gedwing word om ‘n verklaring in Engels af te lê. In die howe is daar vertalers – juis vir die doel van mense wie se moedertaal nie Engels is nie. Dit strek my tot verstand dat daar JUIS in Malmesbury, waar die meeste mense Afrikaanssprekend is, die polisie se diens ook in Afrikaans beskikbaar moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.