Malusi Gigaba se vrou rand hom glo aan

Norma Gigaba, Malusi Gigaba se vrou, in 2017 tydens die staatsrede by die parlement. (Foto: GCIS)

Die voormalige minister van finansies, Malusi Gigaba, se vrou is in hegtenis geneem nadat sy hom glo aangerand het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het Vrydagaand gesê ʼn “verdagte” is aangekeer nadat haar man glo vroeër die week ʼn saak van aanranding teen haar gelê het. Sy is Vrydagaand by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aangehou en sal Maandag in die Hatfield-landdroshof verskyn op aanklagte van aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

eNCA kon intussen vasstel dat dié verdagte Norma Gigaba is en dat Malusi glo die slagoffer is. Haar prokureur, Victor Nkwashu, het aan News24 gesê Norma is Saterdag op borgtog van R5 000 vrygelaat. “Sy is bly om weer haar kinders te sien, maar hoes vreeslik nadat sy ʼn aand in die selle deurgebring het,” het Nkwashu gesê. Hy wou nog nie sê of Norma skuldig of onskuldig gaan pleit nie.

Malusi is verlede jaar deur die parlement daaraan skuldig bevind dat hy die wet oortree het toe hy burgerskap aan die omstrede Guptas-sakefamilie versoek en sommer self toegestaan het. Hy is egter nog geen straf hiervoor opgelê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mariana ·

Geld koop nie klas. Laat mens wonder wat in rykes, wat aan ons voorskryf, se huise aangaan……nie dat dit saak maak nie…

JohanR ·

Oh how far the mighty have fallen! Sy Mercedes G Wagon is nou ‘n S(scrap) Wagon. Ek onthou ook toe Tiger Wood’s se vrou uitgevind het dat ou Tiger sy gholf stokke in iemand anders se voor portaal los, dat sy ook sy kar stukkend geneuk het met daai einste gholf stokke. Dink ou “Blink Stefans” het ook sy gholf stokke in iemand anders se voor portaal gelos?

ES ·

Hoe lekker lag ek toe ek hoor sy “hoes vreeslik” na ‘n aand in die selle. As dit nou nie aansit is nie, weet ek nie wat is nie…

LiveAndLetLive ·

Is dit regtig so belangrik dat elke 2de artikel hieroor moet gaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.