Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 03:00 na ʼn huis in Glenwood, Pietermaritzburg, ontbied. Die 25-jarige man was in ʼn kritieke toestand in een van die slaapkamers met ernstige brandwonde aan sy bolyf en gesig.
“ʼn Brandende voertuig was buite en die man se familielede het probeer om die vlamme te blus. Dit is onduidelik hoe die voertuig aan die brand geslaan het en hoe die man se familie hom uit die motor gekry het,” het Vermaak gesê.
Die man is na die Edendale-hospitaal gehaas vir behandeling.