ʼn Man in sy 30’s is Dinsdag by die Makro-winkel in Silver Lakes in die ooste van Pretoria in hegtenis geneem nadat springstof in sy besit gevind is.
Ao. David Miller, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie het omstreeks 09:30 ʼn wenk ontvang dat ʼn man van Mpumalanga met die springstof reis. Die Garsfontein-misdaadeenheid, in samewerking met die polisie se honde-eenheid, het die wit BMW in die parkeergebied van die winkel opgespoor en deursoek.
“Tien stukke kommersiële springstof wat by myne gebruik word asook ploftoestelle is in die kattebak van die motor gevind,” het Miller gesê.
“Die man kon nie bewyse verskaf dat hy wettig in besit van die springstof mag wees nie, en is dadelik in hegtenis geneem. Daar word vermoed dat hy die toestelle wou verkoop.”
Die man staan tereg op die onwettige besit van springstof en moet binne 48 uur in die Pretoria-landdroshof verskyn.
Die polisie se bomeenheid is na die toneel ontbied om die springstof in besit te neem. Verdere ondersoek sal bepaal waar die springstof bekom is.
Die Polisie moet asb insulke gevalle vir ons as SA Burgers se is dit. Van watter ras is hulle, hulle se mans en by gese is hulle suid afrikaaners dit is wat ons wil weet.Wou seker weer n paar kitsbanke gaan opblaas . Hierdie tyd vd jaar is geld maand wil nie werk nie kry dit verniet