ʼn Man is dood en ʼn ander beseer nadat hul motor Donderdag van ʼn brug in Erasmia, Pretoria, afgeploeg en in ʼn rivier beland het.
Volgens Russel Meiring, ER24-woordvoerder, is paramedici omstreeks 17:40 na die toneel in Skurwebergstraat ontbied. Met hul aankoms het die motor op sy sy in die rivier gelê. ʼn Man het op die rivier se oewer gelê terwyl ʼn ander op die toneel rondgeloop het.
Die man op die oewer het egter reeds aan sy beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Hy was vermoedelik in sy 30’s.
Volgens Meiring het verbygaande motoriste die motor in die rivier gewaar waarna hulle albei insittendes uit die motor tot op die rivierwal gehelp het.
Die ander man (27) het minder ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel waarna hy na die Kalafong-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Plaaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.
As ek so na die voertuig kyk dan lyk dit vir my na die een wat roekeloos verby my gejaag het,
Spyker op die kop SjN
Moenie oordeel nie, iemand is dood, het julle nog nooit roekeloos bestuur nie? Nie eers oor die spoedgrens nie? Is dit nie normaalweg die kommentaar, wanneer dit pas? Dan is ons gewete mos weer skoon.
Snj, dus het jy maar net verder gery en nie gestop om hulp te verleen nie?
Patat, as die motor van vooraf verby Sjn gejaag het, sou hy nie die ongeluk sien gebeur het nie.