Man dood, vrou ernstig gewond op luukse landgoed

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

’n Man is dood en vrou is gewond in ’n huis op ’n luukse landgoed in Kempton Park, Gauteng, aangetref.

Volgens kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder, is die polisiebeamptes omstreeks 07:00 na die huis ontbied.

“Die man is dood op die toneel aangetref. Sy vrou is per helikopter met ernstige skietwonde na die hospitaal gehaas,” bevestig Mtshali.

’n Saak van moord word ondersoek, maar die polisie het teen Maandag nog nie veel inligting oor die voorval gehad nie.

Volgens Mtshali is dit in hierdie stadium van die ondersoek te vroeg om te sê of vuilspel vermoed word.

Die bestuur van die landgoed het ontken dat enige ernstige voorvalle binne die landgoed plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

007 ·

Ek sou se n moord en poging tot moord is redelik ernstig. Maak nie saak wie dit was nie.

Leon ·

Die bestuur ontken dat enige ernstige voorvalle plaasgevind het? Rêrig ? Een persoon dood en een met ernstige skietwonde nie ernstig nie?

Linx ·

Dalk was d wonde self inflicted ds hoekom hy so sé,hy bedoel seker daar was geen security breach ni

annie ·

Die foto wys ‘n effe gehawende landgoed. Of gaan dit nou al so oraloor.

AmY ·

Hahaha. Lekker lag ek nou.
Nee, dis maar net ‘n argieffoto.

Harley Davidson ·

Die berig is so vaag en deurmekaar jy moet kop hou om te verstaan.

Linx ·

Die berig is glad nie so vaag nie net moord word ondersoek so ds baie voor d handliggend

vickysevroutjie ·

Toe nou nie..
Gebeure het plaas gevind by Glen Erasmia Boulevard!

Snowball ·

Net so vickysevroutjie. En daar is gerugte dat die huishulp en tuinier betrokke was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.